Helen Zille sluit by IRV aan

Helen Zille. Foto: Armand Hough/African News Agency(ANA)

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier en leier van die DA, het haar as senior navorsingsgenoot oor beleid by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) aangesluit.

Die IVR het in ʼn verklaring gesê die stap bring twee van die land se hardste hervormingstemme bymekaar.

“Ons moet die rasse-nasionalistiese en marxistiese idees wat die toekoms van elke Suid-Afrikaner bedreig, verslaan.

“Die IRV verskaf ʼn platform vir alle bekommerde Suid-Afrikaners om by te dra tot die stryd om idees deur drie goed te doen, naamlik die middel te verenig, eiendomsreg te beskerm en individuele vryheid te bevorder,” het Zille gesê.

Volgens die IRV sal Zille haar aansienlike invloed bydra tot die organisasie se pogings om steun te kry teen grondonteiening sonder vergoeding, om spaar- en pensioengeld veilig te hou, die vernietiging van die land se gesondheidsektor deur die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die aanneem van bemagtigingsbeleid gegrond op werklike benadeling eerder as ras.

Zilla het haar loopbaan in die joernalistiek begin by die Rand Daily Mail. Sy het in 1999 die politiek betree toe sy tot die Wes-Kaapse provinsiale parlement verkies is.

Sy het as LP gedien voor sy tot burgemeester van Kaapstad verkies is en in 2009 as premier van die Wes-Kaap ingehuldig is.

Zille was van 2007 tot 2015 die leier van die DA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jan ·

“Rasse- nasionalistiese idees.” Sjoe! Nie geweet dat dit ‘n sonde is om jou Godgegewe ras en kultuur lief te hê en te wil beskerm nie.

Celia Tjaden ·

Helen Zille is my vyand nr 1.
Sy was betrokke by Black Sash(google dit)
In 1986 het sy haar huis beskikbaar gestel vir terroriste, sogenaamde vryheidsvegters.

Kobus ·

So, jy sal jou huis oopmaak vir die EFF en ANC, maar Helen moet uit?

Jan ·

Dries, ras superioriteit en haat teenoor ander het absoluut niks met liefde vir die eie te doen nie. God het rasse en kultuurgroepe geskape so as jy ‘n probleem het daarmee moet jy maar in gebed met Hom gaan praat. Prostitute misbruik seks en maak van dit iets lelik, moet ons nou seks verbied daaroor…

Merie Perd ·

Dankie Helen. Dalk moes hierdie aksie gedoen geword het, nog voor enige verkiesings gedoen gewees het. Die massas en snobs is onopgevoed.

fred ·

Maljan jy is reg…hulle kan ook maar kyk na die ganse West- Europese lande na die 2de wêreldoorlog…na die wapenstilstand het hulle grawe en kruiwaëns gevat om dit puinhope weg te ry en die heropbou het begin…
Welvaart word geskep met harde werk,nie met dit van ander persone weg te vat…

Maljan ·

Almal kan by die boerenasie na 1901 oor transformasie gaan leer. Hulle het meestal met net die klere aan hulle rue teruggekeer van die “oorlog” af. Hulle was KOMPENSASIE belowe. Toe hulle sien dat die kompensasie vir wat van hulle geneem was nie kom nie, of waar dit wel gekom het, nie eers gekompenseer vir die skade aan hulle huise nie, laat staan nog hulle oeste en vee wat geplunder was nie, het hulle nie die strate ingevaar om te breek en brand nie. Hulle het nie gaan plunder nie, hulle het nie bakhand gaan staan nie. Hulle het gaan werk om te BETAAL om hulle kinders die geleerdheid te gee wat meeste van hulle nooit gehad het nie. .hukinders het beter gevaar en húlle kinders laat leer en so hulleself uit die ellende en armoede op gewerk en die gemeenskap om hulle opgehef. DIT was ware transformasie! Dit staan enige iemand anders vry om dieselfde te doen. Niemand kan vir jou TRANSFORMASIE gee nie. Jý !per jouself transformeer!

AmY ·

Maljan, dis iets wat hulle in ‘n 1000 van nou af nie sal kan ‘aanleer nie.’
En dis hartseer, want mens kom soveel verder in die lewe wanneer mens WERK vir wat jy wil hê as wanneer jy net die heeltyd alles gratis en verniet ontvang.

jean ·

Was sy nie in haar jeug ook ‘n aktivis…aan die ander kant…nie?

Cherokee ·

Ja, ek dink ook so. Seker daarvan sy het ‘n geskiedenis by Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se progressiewe party.

Iemand ·

Jean, sy is nie nou by IRV om slegs Afrikaner regte te bevorder nie, sy is daar om te veg vir ware gelyke regte vir almal ongeag hul ras, dis dieslfde as wat sy in haar jeug gedoen het…

Niemand ·

Iemand jy is duidelik aan’t loer deur n rooskleurige bril. Passop as jy wakker word.

Michael P ·

Ek is nie n D A ondersteuner nie Maar sy het nog altyd goeie werk gedoen Glad nie KURUPT nie.

John ·

Die adviespaneel oor grondhervorming trek nou al by die hek vir utopiese sosialisme in die hoop dat grondeienaars so goedhartig sal word dat hulle hul eiendom uit-liefde-vir-die-saak sommer goedsmoeds sal skenk aan grondgrypers wat natuurlik die voorloper is vir die gryp van die Reserwebank (of eerder skenking) en die aandelebeurs. Laasgenoemde is ook in Kuba afwesig… ook uit liefde vir die naaste, uitgefaseer. En voor die skenkings sal die kerk eers die liefdesdade predik en daarna hul deure sluit. Shebeens sit en wag vir hierdie geboue… met liefde oorhandig of sekerlik met mag afgedwing indien die kerk hom teèsit… onthou tog… die liefde vir die saak en die naaste… Jaloesie en Utopia is glo ‘n identiese tweeling, gebore net buite die grensdraad van die paradys.

KrokodilBotha ·

Hahaha, ja haar DA party wil mos n een Siud Afrika he. Wats haar probleem. Hulle het dan gestem vir die verot deur die jare. Draadsitters !!!!!

Ek is Sam ·

Geagte JAN, MALJAN en JOHN

Dankie dat daar in hierdie tye van afval nog manne soos julle is wat inbors openbaar. In die Woord staan dat daar (tevergeefs) gesoek word na ‘n man wat bereid is om in die bres van die muur te staan vir die volk.

Dit verbly my hart wanneer ek diesulkes waarneem, manne wat bereid is om die waarheid te praat as die duiwel daar is, te doen wat reg is as die regter weg is, soos ons Langenhoven so mooi geskryf het.

Mag daar meer mans in hierdie land wees wat vanuit hul eie huise en harte sal opstaan en regeer, dit wat reg en Godgegewe is sal instel en handhaaf … tot voortbestaan van die volgende geslag in ‘n al boserwordende wêreld.

Johanna Botha ·

Die einste mense vir wie sy so opstaan het haar lelik in die rug geskop …dit moet n bitter pil wees !

Petrus ·

Ons kan net vertrou dat ‘n nuwe politieke groep die lig sien, met beginsels wat Zille noem. ‘n Sterk sentrale party vir gematigdes.

jaco ·

hierdie vrou se uitsprake gaan nog maak dat ons wit mense almal daaroor gestraf gaan word. daar kan maklik gesê word “maar alle wit mense is mos maar so”
En dan kan sy maklik SA verlaat. as premier van die Wes-Kaap was haar JAARLIKSE salaris meer as R2miljoen, PLUS n klomp ander voordele. basies hoef sy nooit eens te betaal het vir melk en brood en selfs petrol nie. So lekker BAIE gespaar in die 10 jaar as premier.
En dan kan sy ook deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry.
So terwyl ons gewone wit mense sonder sulke lekker “agterdeure” gestraf gaan word oor lelike goed wat sy gesê het, sal sy maklik Duitsland toe kan vlug.
Daar behoort n wet te wees wat mense met sulke “agterdeure” dwing om nou te besluit waar wil hulle nou eintlik wees. En sommer nog n wet wat mense met sulke “agterdeure” verbied om in die politiek betrokke te raak.

Kallie ·

Die land, wittes, en Afrikaners het groter probleme as Helen Zille. Terloops, is Steve Hofmeyer se uitsprake werklik positief vir wittes?

Bou Saam ·

Hierdie kragte wat saamsnoer is belangrik vir ons almal. In die partypolitiek kon ons van haar baie verskil, maar in haar nuwe rol by die IRR om leierskap te gee aan alle Suid-Afrikaners wat n suksesvolle land verlang waar respek wedersyds is en ras nie n maatstaf nie, moet ons die IRR ondersteun. Sy is dan reg, nasionalistiese denke sal aparte ontwikkeling van ons vereis waar ons nou eintlik elke regdenkende landsburger nodig het eerder as n apartheidsdebat. Ons is op die stadium te min en te dun en te verdeeld om die uitdagings alleen te pak. Daar is baie swart mense wat ook soos ons voel, die politici wil dit nie wys nie. So is daar wit mense (baie min) wat radikaal linkses ondersteun. Ek ervaar toenemend n beter toekoms plan by die klasiek liberaal denkers, wat eintlik dieselfe is as die konserwatiewes net dit sluit almal in maar erken elkeen se reg en eie behoeftes. Ek hoop ons Afrikaners sal braaf genoeg wees om die groot trek, kaalvoet oor die ideologie-berge, te pak na n better toekoms vir almal. Dieselfde vir elke ander volk.

Petrus ·

100% korrek. Hopelik sal jou woorde deurdring tot die massas. Die dae van kleinlike geveggies is verby. Daar is groter issues betrokke.

Vlakvark ·

Bou Saam, jy slaan die spyker 1000% op die idealogie-berge se kruin!

Die hele wêreld raak toenemend multikultureel. Die vraag is: “Hoe gaan ons toenemende multi-kulture pro-aktief doeltreffend en effektief bestuur? Gaan ons kultuur-bendes laat regeer?

Ons is maar enkele miljoen Afrikaners in SA. Kom ons wees ligdraers vir toenemende geregtigheid en sout vir toenemende naasteliefde. Welke groter uitdaging is daar vir die Afrikaner in hierdie sondige wêreld?

Gert van Wierdapark ·

Amper geskrik toe ek lees sy het by die IRA aangesluit, maar my bril was die kwajong met ‘n kolletjie voor die regte letter. Die nuwe joppie sal haar hopelik besig genoeg hou om nie te kan “Twiet” nie! He-he-he!

hercu ·

baie sterkte Helen Zille – as jy by die DA gebly het, was die DA dalk nog in ‘n goeie posisie, maar nou ja, die jongman, Mmusi dink mos hy is slim!!

Julie Jansen van Rensburg ·

Maljan maak melding van die boerenasie na 1902 en hoe hulle weer opgestaan het – laat my nou dink aan twee ander nasdies wat ook na oorlog dat hulle ook nie in ‘n vlaag van selfbejammering gaan sit en asse van selfbejammeringoor hulle hoofde gestrooi het nie, maar hulleself aan die oorblyfsels van hul skioenb\veters opgetrek en daardie “vuil-vierletterwoord” – WERK toegepas het om hulle nasies tot die hoogste nywerheidsreuse te omskep – Duitsland en Japan – (onthou, twee Japanese stede is deur die “dapper” Amerikaanse gealliërdes met kernbomme vernietig waarin miljoene ‘n marteldood gesterf het en vele vir jare stadig maar seker deur kernbestraling geaffekteer enlater dood is; en Duitsland – wat letterlik in hierdie oorlog deur die geallieërdes ingedwing is (nee, Hitler wou NIE oorlog gehad het nie – hy het talle pogings aangewend om vrede te bewaar – Churchill was die groot opstoker in hierdie geval – maar Duitsland het ook – soos Japan – uit die as van ‘n totaal vernietigde land opgestaan en sy land herbou – maar is daar enige hoop dat ONS, as “Boerenasie” dieselfde kan doen? Ek kan maar net sê ek hoop so, want ekwil sien dat my nageslagte weer in ‘n vriendelike, veilige en voorspoedige land – soos voor 1994 – kan bestaan….

Zille ...... all the way! ·

Wow! watch THIS space…… that’s all I’m going to say.

Olivier Henning ·

Helen Zille het as ‘n senior navorsingsgenoot by die Instituut vir Rasseverhoudinge aangesluit. Sy is skynbaar van plan om die gematigde middelpunt van die Suid-Afrikaanse politiek te bevorder en sy is van mening dat die meeste Suid-Afrikaners ‘n nie-rassige land wil hê waar almal aan die ekonomie deelneem en binne die raamwerk van die wet optree.
Dit is pragtige en edele motiewe en hunkeringe, maar helaas, Zille het skynbaar nie die uitslae van die afgelope verkiesing deeglik ontleed nie. Die meeste kiesers (twee-derdes!) het vir politieke partye gestem wat nie Zille se doelwitte en ideale deel nie — inteendeel het hulle gestem vir partye met beleidsrigtings wat sal bydra tot die vernietiging van die ekonomie en ‘n groter wig indryf tussen die onderskeie taal- en kultuurgroepe. Dit geld selfs die party wat sy tot nou toe ondersteun het.
Slegs ‘n klein persentasie van die diverse bevolking van Suid-Afrika streef werklik na ‘n nie-rassige land, waar almal binne die raamwerk van die wet optree, waar alle taal-en kultuurgroepe gerespekteer word.
Slegs as taal-en kultuurgroepe beheer oor hul eie sake het, kan hulle bydra tot ‘n voorspoedige en welvarende Suid-Afrika vir almal. As Zille dit tydens haar navorsing raaksien en propageer, sal sy werklik ‘n positiewe bydrae tot ‘n suksesvolle Suid-Afrika lewer.

Kobus ·

Wit en swart is saam in hierdie gemors en moet saam daaruit. Daar is geen ander opsie nie.

Deon ·

Die enigste plek waar groepe beheer oor eie sake sal hê is in ‘n tuisland.

Jimmy ·

Net 17 miljoen mense wat 18 en ouer is het wel in Mei 2019 gestem. Dit is 46% van die stemgeregtigdes. Van hulle het die ANC 10 miljoen stemme gekry. 20 miljoen stemgeregtigdes is keelvol en het nie eers die moeite gedoen om te stem nie, waarvan 11 miljoen nie eers geregistreer het nie. Dit is 54%, wat beskryf kan word as die stille meerderheid. Zille moet nou met daardie groep werk om hulle na die sentrale groepering te lok. Onder hulle is ook swart mense, veral jonges, met matriek en grade wat ‘n beter toekoms wil skep. Die retoriek van die ANC en anargie van die EFF staan hulle nie meer aan nie. Die DA onder Mainane het misluk om leiding te neem, so nuwe strategië is nodig.

Olie ·

Jimmy, slegs ‘n klein groepie van diegene wat nie gaan stem het nie, het hul stem weerhou vir politieke redes. Die meerderheid is mense wat alles verniet wil hê en hulpeloos en ongeletterd is en geen aanwins vir enige gemeenskap is

Jimmy ·

Ons sal nie weet nie. Daar is nie statistiek nie, net aannames. Feit bly staan, 20 miljoen is baie mense. Tog wil ek glo dat die wat als verniet wil hê vir die ANC en EFF gestem het in die hoop vir almoese. Meer opgevoedes weet hulle kan niks uit die sisteem verwag nie. Ek hoop steeds dat gematigdes mekaar vind.

Kobus ·

Olie, ek stem saam met Jimmy. Zille verdien ondersteuning met haar pogings om gematigdes bymekaar te bring. Indien sy misluk dan is die land finaal gedoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.