Helen Zille sluit by IRV aan

Helen Zille. Foto: Armand Hough/African News Agency(ANA)

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier en leier van die DA, het haar as senior navorsingsgenoot oor beleid by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) aangesluit.

Die IVR het in ʼn verklaring gesê die stap bring twee van die land se hardste hervormingstemme bymekaar.

“Ons moet die rasse-nasionalistiese en marxistiese idees wat die toekoms van elke Suid-Afrikaner bedreig, verslaan.

“Die IRV verskaf ʼn platform vir alle bekommerde Suid-Afrikaners om by te dra tot die stryd om idees deur drie goed te doen, naamlik die middel te verenig, eiendomsreg te beskerm en individuele vryheid te bevorder,” het Zille gesê.

Volgens die IRV sal Zille haar aansienlike invloed bydra tot die organisasie se pogings om steun te kry teen grondonteiening sonder vergoeding, om spaar- en pensioengeld veilig te hou, die vernietiging van die land se gesondheidsektor deur die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die aanneem van bemagtigingsbeleid gegrond op werklike benadeling eerder as ras.

Zilla het haar loopbaan in die joernalistiek begin by die Rand Daily Mail. Sy het in 1999 die politiek betree toe sy tot die Wes-Kaapse provinsiale parlement verkies is.

Sy het as LP gedien voor sy tot burgemeester van Kaapstad verkies is en in 2009 as premier van die Wes-Kaap ingehuldig is.

Zille was van 2007 tot 2015 die leier van die DA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

“Rasse- nasionalistiese idees.” Sjoe! Nie geweet dat dit ‘n sonde is om jou Godgegewe ras en kultuur lief te hê en te wil beskerm nie.

Merie Perd

Dankie Helen. Dalk moes hierdie aksie gedoen geword het, nog voor enige verkiesings gedoen gewees het. Die massas en snobs is onopgevoed.

marous

Gmmpff

Maljan

Almal kan by die boerenasie na 1901 oor transformasie gaan leer. Hulle het meestal met net die klere aan hulle rue teruggekeer van die “oorlog” af. Hulle was KOMPENSASIE belowe. Toe hulle sien dat die kompensasie vir wat van hulle geneem was nie kom nie, of waar dit wel gekom het, nie eers gekompenseer vir die skade aan hulle huise nie, laat staan nog hulle oeste en vee wat geplunder was nie, het hulle nie die strate ingevaar om te breek en brand nie. Hulle het nie gaan plunder nie, hulle het nie bakhand gaan staan nie. Hulle het gaan… Lees meer »

jean

Was sy nie in haar jeug ook ‘n aktivis…aan die ander kant…nie?