Helen Zille tree uit

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Helen Zille het Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg aangekondig dat sy haarself nie as leier van die Demokratiese Alliansie beskikbaar stel vir herverkiesing nie.

“Die tyd is reg om nou as leier uit te tree,” het sy gesê. “Ek beoog om my tweede termyn as premier van die Wes-Kaap te voltooi.” Sy is in 2014 as premier van die Wes-Kaap aangewys en haar termyn verstryk in die middel van 2019.

“In die lig van die federale kongres op 9 Mei, het ek maande lank al gewonder of dit nou die tyd is om uit te tree, en of ek nog twee jaar moet wag. Miskien is Mei 2015 te vroeg, maar die groter risiko is dat Mei 2017 te laat kan wees,” het sy verduidelik.

Zille het dit benadruk dat sy die besluit baie goed oorweeg het en dat sy die ingewikkelde politieke klimaat in ag geneem het. “Elke politieke party het ná ʼn dekade hernuwing en vars bloed nodig, maak nie saak hoe goed die span presteer het nie,” het sy bygevoeg.

Volgens haar was die grootste rede vir die besluit dit wat sy glo reg is vir die party.

Klik hier om haar volledige verklaring te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ian ·

Tatta hasie. Ek hoop n persoon met meer integriteit word nou aangestel.

Gwen ·

Tyd vir ’n swart leier vir die DA. Nou sal ons sien watter stoffasie die kiesers gemaak is. Gelukkig weet ek my leier is ’n Afrikaner wat vir ons saak veg.

Albert ·

Die DA se topbestuur gaan al hoe swarter word en om te groei sal dit ook die swartstemme van die ANC en die EFF af moet trek – so die kanse is al grooter dat ons oor n tyd met’n ANC 2 gaan sit wat nie veel gaan omgee vir enige wit ondersteuning en veral nie Afrikaner belange nie. So word die reenboognasie maar net al hoe swarter en sal die liberale wittes ook agterkom dat hulle al hoe meer vir n plekkie in die reenboog son moet kruip en afsmeek.

Sollie ·

Ag kyk nou weer die kommintaar. Dis ‘n goeie skuif om meer kiesers te kry. Die Afrikaner is nie die enigste bewoners van Suid Afrika nie, maak vrede daarmee en leer om saam met ander te leef.Sal haar mis, hoop sy bly betrokke agter die skerms want minstens het sy PLANNE gehad en sy is intelligent. Oeee en nou gaan ek weer moet koes vir woorde soos “verraaier” ens. Watookal.

Mike ·

Dis waarmee ek ‘n problem het “maak vrede daarmee en leer om saam met ander te leef” nou vra ek; kan die wat nie wil nie ook maar daarmee vrede maak, gaan hulle bly uitgekryt word as rassiste, het ons keuses of le die keuse by die maghebbers, is saamleef die alfa en omega vir die oorlewing van die blanke in SA, hoe saamleef met die wat jou wil vernietig? Ek vra maar net.

Nita ·

Dit is tyd dat die DA wys dat daar ook goeie swart leierskap beskikbaar is in SA. Helen het haar beste gegee – dankie Zille!

At ·

Sollie en Nita, julle maak my dag, bly om te sien hier is positiewe lesers ook. Ek stem heelhartig saam met julle en ek sal weer vir die DA stem.

Mike ·

Ek is eintlik verheug om te sien sy het besluit om te gaan want die uiteinde hiervan sal ook bepaal waarheen Afrikaner politiek beweeg . Dit sal ‘n toets wees om te sien of die Afrikaner wel swart leierskap ook op party politieke vlak gaan aanvaar of nie. Ek is van mening dat die DA net soos die res van SA stadig maar seker agteruit sal gaan totdat hy die punt bereik het waar hulle soos die NP sal handoek ingooi.

Stem DA vir Regstellende Aksie ·

‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir regstellende aksie. Dit gaan die verstand tebowe dat Afrikaans sprekendes vir die DA stem.

Henry ·

My jitte!
Ek het gehoor dat sy die afgelope maande vreeslik sukkel met krampe.
Maak dit blykbaar baie moeilik om saam met die DA se stemvolk te bokspring en te toi-toi.

Rynhardt ·

Ek het in 2007 en verskeie kere daarna gese vir die “dinosaurus-media” dat Zille nooit president gaan word nie! Tim du Plessis van Rapport se hart is baie seer, want hy het haar aanbid! Nou sal meer afrikaners se oe oopgaan in die politiek! Die DA is n anti-afrikaner party asook n anti-christelike party! Die DA ondersteun die Anc se vryheidsmanifes wat die versnelling van regstellende aksie en die onteiening van blanke boere se plase ondersteun! Die DA was net gestig om te verhoed dat die afrikanervolk uitstyg! Die liberale DA streef na n liberale regering met engels as die enigste taal.Dit sal nog alles duidelik word! Afrikanervolk die Here is besig met sy meesterplan vir ons mense, vertrou Hom! Ek juig vanaand oor Zille se vetrek! Beste nuus van 2015!

Jackie ·

Baie sterkte aan Helen Zille en baie dankie vir alles wat jy vir ons in die Kaap gedoen het! Dankie vir jou empatie en liefde vir alle mense!
Ek gee regtig nie om wie die volgende leier is nie, solank dit iemand is wat omgee vir alle mense, wat ander bo hom/haar stel en net so Lief is vir hierdie mooi land soos ek!
Ek wens mense kan ophou kleur raak sien – dit gaan nie vir my oor kleur nie; dit gaan vir my of jy jou werk kan doen en ook goed kan doen sonder dat Iemand soos n skooljuf agter jou moet staan. Eie trots, werk-trots, respek vir ander mense, diere en omgewing.
Dankie aan almal wat hierdie land n beter plek vir die nageslag wil maak – mense wat wil saambou en nie afbreek nie!

Charles ·

Gelukkig het jy keuses dis nie sy wat n verskil in jou lewe kan maak nie, net jy self kan Tatta Helen

Elize ·

Helen Zille, dankie jy is n vrou met interiteit wat jouself gegee het, sonder om te skroom, om op te staan vir wat reg en die beste is vir Suid-Afrika. Hoop jou opvolger, sit jou harde werk en suksesse met soveel ywer voort.

SI ·

Ons was Januarie in die Wes-Kaap met vakansie. Wat ‘n plesier was dit nie … die paaie is in ‘n ongelooflike toestand …. ek wil alle eer gee aan die DA wat daar heers … julle mag maar!! So ja, Helen, ons gaan jou mis en hoop regtig dat die volgende persoon jou skoene sal kan vol staan want dit gaan ‘n moeilike taak wees. En weet jy, ek gee nie eintlik om as dit ‘n swart persoon is nie, hy moet net ‘n volwaardige leier wees …. enigiets om die ANC se stemme minder te maak!
temme te v

Gideon Roos ·

Waarom voel dit vir my dat die konserwatiewe mense in Suid-Afrika glo dat daar net ‘n binêre pad voorentoe is?
Hoekom glo hulle dat jy of moet regs gaan en amper wil terugkeer apartheid toe, of moet links gaan en alles wat die ANC doen ondersteun?

Die DA veg vir ‘n demokratiese Suid-Afrika waar elke mense sy plek het. Net omdat hulle nie die Afrikaner aanbid nie, beteken dit nie dat hulle die ANC navolg nie. Ten minste het hulle sover nog ‘n relatiewe sukses van die Kaap gemaak.

Ek gee persoonlik nie om of ‘n wit, swart, indier of Sjinees die land regeer nie, solank hy sy werk doen en Suid-Afrika ‘n beter land vir ieder en elk maak.

EMK ·

Gideon Roos – BRAVO! Presies hoe ek en baie ander voel. Laat die eng bekrompe klomp maar met hul eenrigting brille kyk. Die wat hulle altyd so op hulp van Bo beroep – onthou Hy het ALLE mense geskape. Dit wat Helen bereik het is sigbaar in die Weskaap, die Weskaap WERK!

Dewald Meyer ·

Gideon Roos, Suid-Afrika is reeds sedert 1994 ’n “demokrasie” waar “elkeen sy plek het”. Dit is waaroor die onderhandelinge gegaan het. Niemand aanbid die Afrikaner nie, die behoudendes (dit is ’n groot aantal Afrikaners) wil graag net ook hul plek in ons pragtige demokratiese land hê en erkenning kry vir wat hulle vir die land gedoen het.

Die Afrikaner, wat jy beweer deur sommige aanbid word, word egter gemarginaliseer en totaal uit die land se geskiedenis verwyder. My probleem met die DA is dat hulle op te veel stoele probeer sit (m.a.w. te veel verskillende mense gelukkig probeer hou) met die gevolg dat hulle iewers op die grond gaan val.

Ek gee ook nie om wie die land regeer nie mits die regeerder nie die Afrikaner en sy prestasies (hede en verlede) ignoreer en probeer negeer deur hulle heeltyd sleg te praat en van apartheid te beskuldig nie.

Ek wil nie terug gaan apartheid toe nie, ek wil graag hê my mense moet nie gemarginaliseer word en soos die vuilgoed van die land hanteer word nie.

Jan ·

En DA gaan Zille! Sy het seker agtergekom dat die meerderheid swartes nie vir die DA sal stem omdat sy blank is, dus die swartes wat nou vir die DA gaan stem omdat Zille weg is, is eintlik rasisties. Laat mens dink !

nig ·

Sal hierdie hardwerkende intelligente vrou mis. Iemand wat doodgewone motors ry en van gewone dinge hou en empatie met alle rasse het. ‘n Vrou wat die mooiste Afrikaans kan praat en hope positiewe dinge gedoen en beteken het vir die Weskaap asook ander. Enigeen wat BEWYS het sy kan die ding doen, kry my stem te alle tye. As ‘n swarte persoon die party gaan lei is dit reg met my – solank dinge gedoen word gee ek nie om watter kleur ‘n leier is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.