Helené Bester se vreugde ná tragedie

Helené, haar man Jacques en hul babadogtertjie. Foto: Facebook

Helené, haar man Jacques en hul babadogtertjie. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, en haar man het ʼn babadogtertjie in die lewe verwelkom, amper drie jaar nadat hulle ʼn dogtertjie verloor het.

Bester het op haar Facebook-blad geskryf dat Kristi Ellen Theron Saterdagoggend met behulp van ʼn surrogaatma gebore is. “Dankie dat jy haar gedra het asof sy jou eie is!! Vandag is sy gebore en ons harte is so bly!!! Dankie dat jul sonder ophou gebid het en dankie vir die ongelooflike ondersteuning. Mag julle almal op hierdie dag ’n wonderwerk ervaar.”

Bester moes in November 2012 ʼn noodkeisersnee ondergaan toe sy 33 weke swanger was. Haar en haar man, Jacques Theron, se dogtertjie het dit nie oorleef nie. Bester is drie weke voor die noodkeisersnee met ʼn bloedklont in haar linkerbeen gediagnoseer wat ʼn algemene komplikasie onder swanger vroue is. Sy is ook later met pulmonale embolus gediagnoseer nadat ʼn deel van die bloedklont losgekom en na haar longe beweeg het. Sy het behandeling ontvang en dit het gelei tot komplikasies wat inwendige buikbloeding veroorsaak het.

Bester is kort daarna geopereer nadat die bloedklont vergroot het, asook om te keer dat dit na haar hart of longe beweeg. ʼn Siffie is in haar been ingeplant om die bloedklont te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koala ·

Ek is regtig baie bly vir julle, dis n onbeskryflike seen vir julle 2.
Geniet julle klein mensie en pas haar mooi op.

Noeline Ferreira ·

Dis fantastiese nuus, geniet jul bondeltjie vreugde.Dis n groot eer om ouers te kan wees.

Michiel ·

SOOOOOOO bly vir julle part. Ek glo sy gaan jul tonne vreugde verskaf!

Catharina ·

Baie geluk. En baie baie dankie vir die surogaatmamma wat dit vir hulle moontlik gemaak het. Jy is ‘n engel uit die hemel.

Gideon ·

Dit voel asof die vreugde myne is, ek voel so bly vir julle part!! Ek het saam met julle getreur drie jaar gelede, nou sing ek ook saam met julle!

Magriet ·

baie bly vir julle. hoop die surogaatma sien kans vir nog

malinda ·

Baie geluk aan jul met die geboorte van jul dogtertjie. Geniet haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.