Helfte van kiesers glo nie ANC gaan beloftes nakom, toon peiling

Argieffoto ter illustrasie.

Minder as 50% van geregistreerde kiesers wat voor die komende verkiesing aan ʼn meningspeiling deelgeneem het, glo dat die ANC sy verkiesingsbeloftes gaan nakom indien dié party Woensdag seëvier.

Dít volgens ʼn studie van die marknavorsingsgroep Ipsos, wat 3 500 kiesers van oor die hele land tussen 22 Maart en 17 April vanjaar oor hulle standpunte gepols het.

Altesaam 49% van diegene wat ondervra is, glo dat die ANC sy beloftes gaan nakom. Dié persentasie styg tot 68% onder ANC-ondersteuners, het Ipsos Maandag in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Klein meerderheid geregistreerde kiesers glo die party pak wel staatskaping aan, maar dit is minder positief dat minder as die helfte van geregistreerde kiesers glo korrupsie sal in die toekoms ʼn geringer probleem word,” lui die verklaring.

Kiesers is gevra om te reageer op die verklaring dat die DA “baie praat, maar baie min vir mense soos ek doen”. Ongeveer 55% van die kiesers het hiermee saamgestem terwyl dié persentasie tot 26% onder DA-ondersteuners gedaal het.

Die helfte van die kiesers het ooreengekom dat die opposisieparty leierskapskwessies het, terwyl dit ook die oorheersende teorie onder 39% van DA-ondersteuners was.

Volgens Ipsos is DA-ondersteuners verdeeld oor die kwessie van leierskap in die party.

Ongeveer 59% van die kiesers meen die EFF se beleid is te radikaal. Dié persentasie styg tot 33% onder EFF-ondersteuners.

Altesaam 60% van die kiesers het aangedui dat die EFF ʼn negatiewe invloed op die parlement het, met slegs 26% van EFF-ondersteuners wat hiermee saamstem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Theresa ·

Hulle sal ook nie. Het niemand iets in al die jare geleer nie. Maar tog loop diè klaar ver voor. Amazing is dit nie?!

aj ·

Questions to the IEC
What stops a (ghost)voter (voter with no address) from voting at various polling stations? Each time providing a false address. 

What stops the ANC from transporting thousands of those (ghost) voters to many polling stations where each one casts multiple votes on the day?

That can swing the election.

If all account holders at banks and all cellphone owners are compelled to submit proof of residence why can’t the IEC do the same?

I am worried that the 2019 election was already rigged in favour of the ANC when the Constititional Court allowed voters without addresses to remain on the voters roll and to be allowed to vote.

Petro ·

“Past actions predicts future actions. “Dit gehoor by ‘n opleidings sessie jare terug en dit bly die waarheid.

Bru ·

Jip dit is hoe ek my Superbru heel suksvol speel. Geringe aanpassings vir ander faktore.

Wonder ·

JP, het jy al van steekproewe ‘sampling’ gehoor in navorsing? Google bietjie, mens leer elke dag iets nuuts

Realis ·

@Wonder – Dit is waar dat jy met steekproewe iets kan uitvind oor mense se gedagtes, MAAR ‘n monstergrootte van 3500 is belaglik in ‘n omgewing soos SA. Jy sal omtrent op 3000 plekke moet gaan vrae vra en dan moet jy op elke plek tussen 10 en 20 mense vra. Dan moet jy ook van vroegoggend tot huistoegaantyd met mense praat om ‘n gebalanseerde inset te kry. Ongelukkig sou dit te lank vat en hulle stuur iemand uit wat by 1 of 2 malls gaan mense pla. Ek gebruik ook baie maal statistieke om ‘n punt te probeer bewys. Soos hulle sê: Statistiek is vir die redenaar soos ‘n lamppaal vir die dronke, hy staan nie daar vir die lig nie.

Asjas ·

Hi Wonder, ek hoop die Realis het jou iets geleer vandag!! Lekker lag ek nou …

Hannetjie ·

Maar dit is mos ou nuus…ons weet en ervaar dit mos nou al vanaf hul die regering geword het.Hulle is nie instaat om die land te regeer nie..te plunder…wel dit word baie goed gedoen

Heksie ·

en dit wat julle hoe lank om dit agter te kom? 25 jaar????!!!!! Regtig?????!!!!
Wat het die anc al ooit vir ons land gedoen buiten om dit in die afgrond af te dryf!!!!!!!

Boerboel ·

Stem saam met Theresa.
Daar is well baie van die kiessers wat vir EFf gaan stem. Die wat niks het nie het niks om te verloor nie.
Da het n probleem. Die party skrik die swart kissers af. So sit gaan baie interesant wees wie gaan die meeste stemme trek. Ek dink die DA kan ook die weskaap groet.

TN ·

” It is no coincidence that over half the jobs created in South Africa in the past 12 months were created in the Western Cape (95 000 out of 188 000), even though the Western Cape only accounts for 12% of South Africa’s labour force. It is a direct result of their focus on extending opportunities to all. ”
Hierdie is geskryf deur ‘n bekroonde ekonoom . Klink dit vir jou na leuens of na die provinsie wat by ver die beste bestuur word in die land ?

piper ·

toe ek my naam op die stemlys nagaan was vir my gese ek moet na n ander stemlokaal gaan. daargekom het niemand my adres gevra nie . ek en my vrou moet nou by die nuwe stemlokaal gaan stem, so kan enige persoon enige plek ingeloop het om te registreer sonder dat sy adres aangevra word.

piper ·

in durban het n egpaar gaan stem met spesiale stem gister. die stempel was nie aangebring agterop die stembrief nie. na hulle aandrang is die stempels aangebring. wees verdag.

Leon ·

Opposisie partye behoort die hof te nader om die verkiesing uit te stel totdat al die stembriewe nagegaan is.

Iemand sê: ·

Just to let everybody know we went to cast our special votes today and by chance both my husband and myself noticed that the ballot papers weren’t stamped on the reverse side. We approached them and they then stamped them. Without the stamp they won’t count at all! So please be vigilant when you vote on Wednesday.

Penellope Jones ·

Hulle kom nie beloftes na nie, hoekom sal hulle nou?

“We promise” is die gebruiklike verkiesingswoorde wat niks inhou vir die massas op die platteland nie, maar hulle besef dit nie totdat dit te laat is nie.
Die gevolg daarvan is dat almal uiteindelik daaronder lei.

Nel ·

Moenie dink korrupsie, bedrog en dies meer gaan die gepeupel laat afsien om ANC te stem nie – dit gee hulle eerder net meer helde-status.

Jerry ·

50% van die kiesers se die ANC kom nie sy beloftes na nie, net omrede hulle nog in die ANC tou moet staan en wag. Die ANC sal weldra sy beloftes aan alle revolusioneres nakom en hulle weet dit, omrede staatskaping fase 1 (die grootste revolusionere sukses tot op hede toe) die wat voor in die tou gestaan het, nie net van n werk by die staat en SOE’s verseker het nie, maar ook verryk het. Staatskaping fase 2 wat reeds in aanvang geneem het, het dit ten doel om die tesourie en finansiele instellings te kaap deur die instellings te gebruik om kwansuis die skade van staatskaping fase 1 te herstel, soos waarmee Gordhan, tans besig is. Meer en meer geld word dus tans gevat, wat onder andere gaan vloei na verdere uitbreidings van revolusionere strukture vir ANC lede wie nog maar geduldig in die ry staan en daarom hul kruisie maar weer by die ANC gaan trek! Georkestreerde diensleweringproteste deur arm gemeenskappe het dit ook ten doel om die revolusionere strukture uit te brei ten einde dienste kosteloos aan diesulke ANC ondersteunende gemeenskappe te lewer deur die belastingbetaler daarvoor te laat betaal. Wanneer 50% kiesers dus glo dat die ANC sy beloftes sal nakom, dan kan jy maar weet dat die gort is gaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.