Helfte van SA plattelandse munisipaliteite kan nie dienste bekostig nie

Grafika: Municipalities of SA

Byna die helfte van Suid-Afrika se plattelandse munisipaliteite het te min geld om basiese dienslewering suksesvol deur te voer, sê die minister van finansies, Nhlanhla Nene.

Nene het in antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur Kevin Mileham, DA-LP, bekend gemaak dat 112 oorwegend plattelandse munisipaliteite “onbefondsde begrotings” het – wat beteken hulle het nie genoeg geld in hul begrotings om die basiese dienste te lewer wat hul plig is nie.

Nene onderneem in die antwoord dat hy saam met die minister van samewerkende regering, dr. Zweli Mkhize, sal werk om ‘n plan vir die beter bestuur van die munisipaliteite daar te stel en stappe te doen teen munisipaliteite met onbefondsde begrotings. Hy voer egter aan dat die besluit om ‘n munisipaliteit te ontbind of die finansiële bestuur daarvan oor te neem, by die provinsiale regering berus.

Mileham meen die minister lees die Grondwet verkeerd en versaak sy plig. “As die munisipaliteit nie dienste kan lewer nie, moet die provinsie dit doen. As die provinsie nie by magte is nie, plaas die wet ‘n verpligting op die nasionale minister om in te gryp. Daardie mag berus by die minister van finansies omdat die munisipale regrukeenheid binne die nasionale tesourie aangetref word,” het Mileham gesê.

Die 112 munisipaliteite wat nie hul dienslewreingsbegrotings kan finansier nie is:

Wes-Kaap:
Laingsburg en Kannaland (Ladismith)

Gauteng:
Sedibeng-distrik (Vereeniging), Lesedi (Heidelberg), Mogale City (Krugersdorp) en Merafong City (Carletonville)

Mpumalanga:
Msukaligwa (Ermelo), Lekwa (Standerton), Dr. JS Moroka (Siyabuswa) en Thaba Chweu (Lydenburg)

Oos-Kaap:
Amathole-distrik (Oos-Londen), Chris Hani-distrik (Umtata), Beyers Naude (Graaf-Reinet), Makana (Grahamstad), Ndlambe (Port Alfred), Kouga (Humansdorp), Groot Kei (Komga), Ngqushwa (Peddie), Raymond Mhlaba (Fort Beaufort), Inxuba Yethemba (Cradock), Intsika Yethu (Cofimvaba), Emalahleni (Lady Frere), Sakhisizwe (Elliot), Enoch Mgijima (Queenstown) en Walter Sisulu (Burgersdorp)

Vrystaat:
Xhariep-distrik (Trompsburg), Letsemeng (Koffiefontein), Kopanong (Trompsburg), Tokologo (Boshof), Nala (Bothaville), Nketoana (Reitz), Phumelela (Vrede) en Ngwathe (Parys)

KwaZulu-Natal:
UThukela-distrik (Ladysmith), Amajuba-distrik (Newcastle), Zoeloeland-distrik (Ulundi), UMkhanyakude-distrik (Mkuze), Harry Gwala-distrik (Ixopo), Mpofana (Mooirivier), Okhahlamba (Bergville), Inkosi Langalibalele (Estcourt), Endumeni (Dundee), Nquthu, Msinga (Tugela Ferry), Umvoti (Greytown), Newcastle, eDumbe (Paulpietersburg), Ulundi, The Big Five False Bay (Hluhluwe), Mfolozi (KwaMbonambi) en Nkandla

Limpopo:
Mopani-distrik (Giyani), Vhembe-distrik (Thohoyandou), Capricorn-distrik (Polokwane/Pietersburg), Waterberg-distrik (Modimolle/Nylstroom), Sekhukhune-distrik (Groblersdal), Groter Giyani, Groter Tzaneen, Groter Letaba (Duiwelskloof), Ba-Phalaborwa, Maruleng (Hoedspruit), Musina, Makhado (Louis Trichardt), Blouberg (Bochum), Molemole (Dendron), Lepelle-Nkumpi (Lebowakgomo), Thabazimbi, Lephalale (Ellisras) , Bela Bela (Warmbad), Mogalakwena (Mokopane/Potgietersrus), Modimolle (Nylstroom), Ephraim Mogale (Marble Hall), Elias Motsoaledi (Groblersdal), Makhudathamaga (Jane Furse) en Fetakgomo (Apel)

Noordwes:
Ngaka Modiri Molema-distrik (Mahikeng), Ruth Mompati-distrik (Vryburg), Kenneth Kaunda-distrik (Klerksdorp), Madibeng (Brits), Kgetlengrivier (Koster), Tswaing (Delareyville), Mahikeng (Mafikeng), Ditsobotla (Lichtenburg), Ramotshere Moiloa (Zeerust), Naledi (Vryburg), Lekwa-Teemane (Christiana), Matlosana (Klerksdorp) en Maquassi Hills (Wolmaransstad)

Noord-Kaap:
John Taolo Gaetsewe-distrik (Kuruman), ZF Magcawu-distrik (Upington), Nama Khoi (Springbok), Kamiesberg (Garies), Hantam (Calvinia), Khai-Ma (Pofadder), Ubuntu (Victoria-Wes), Renosterberg (Petrusville), Thembelihle (Hopetown), Siyathemba (Prieska), Gamagara (Kathu), Siyancuma (Douglas), Kai!Garieb (Kakamas), !Kheis (Groblershoop), Tsantsabane (Postmasburg) Kgatelopele (Danielskuil), Dawid Kruiper (Upington), Dikgathlong (Barkly-Wes), Magareng (Warrenton), Phokwane (Hartswater), Joe Morolong (Mothibistad) en Ga-Seganyana (Kuruman).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

willie ·

Ons weet mos waar lê die probleem! Ontplooiing van onbevoegde kaders, al wat hulle weet is hoe om die blinkste en duurste motor vir die “manager”te koop en te “party”! Arme onskuldigde inwoners wat elke maand getrou hul erfbelasting betaal en hieronder moet lei!

Koos de Meyer. ·

Nee wat, in 1994 was alle munisipaliteite in groen. Wat nou.

ne ·

Verminder die buitensporige salarisse. Kyk na die voertuie wat die burgemeesters ry. Raak ontslae van die wat dink die werksplek is tyd vir kuier en op selfone lê.
Moenie die dagloners aanstel nie – hulle doen niks vir die dag nie maar ontvang die geld.

Selfbeskikking ·

Die land is so pateties, ons kan nou maar net begin met onderhandelings vir ons eie stuk land. Sommiges dink ons het nie bedingingsmag nie maar so ook nie hierdie bankrot regering nie, ons kan dalk juis hulle redding wees.

Reguit ·

…..”plan vir die beter bestuur van….” ….bla bla bla…..

Hahahahaha…. Groot praatjies. Vergeet maar daarvan. Nie in Afrika nie.

So te sê die hele Azanië is in sy kanon in. En niks gaan verbeter nie.

Joshua ·

Die 3 hoof redes vir hierdie totale mislukking? 1. ANC BEE. 2. ANC BEE. 3. ANC BEE.

Marinda ·

Hierdie verbaas my glad nie.
Amper 25 jaar se strooi wat nie oornag gaan weg gaan nie.

Laat hulle maar vir hulle kry, dis mos maklik.

Selfbeskikking ·

In ons veilige eie self bestuurde land waarvoor ons gaan onderhandel. Die land is inelkgeval aan die sink, ons het niks om te verloor binnekort meer nie.

snoefie ·

niemand in die plattelandse townships glo aan huishuur, water, krag of dienslewering te betaal nie. geen blanke het huise, krag, water of dienslewerinf gratis van die np gekry nie. dis alles luukses waarvior betaal word of jy het daarsinder klaar gekom. as 70% van die pkatteland gaan teer op 30%, hoe lank gaan die munisipaliteite nog enigsins kan bestaan?

bea ·

Ja nee niks sal ooit weer wees soos voor 1994 toe was alles in die groen en die land was wonderlik…kyk nou dis erger as ZIM en alles lyk vieslik!!

Tinus Coetzee ·

As ek so kyk na waar die probleme lê, wil dit al voorkom of die DA iets reg doen in die Wes Kaap. Ek is verbaas dat Rustenburg nie in die Noordwes se lys is nie, hier kletter dit maar.

John ·

Ons nuwe volkslied gaan glo volgens onbevestigde bronne nou die bekende Engelse liedjie, 24 years waiting for Alice, word. Wie is Alice, want sy beter opdaag en gou…

SjN ·

Goeie advertensie vir onbevoegde anc , maak die bevindings wêreld bekend.

vissie ·

Trek die 50Km grens vir munisipaliteite terug en kry die Peri urban weer op die been

Judge Dredd ·

Nou hoe dan anders. Die ANC het destyds ‘n kultuur van nie betaling geskep. Voeg by korrupsie/onbeholpenheid die “Everything For Free” mense en Komunisme/Sosialisme, dan het jy ‘n resep vir “Disaster”.

Gestremde ·

Met al die verskriklike name sal jou GPS seker nooit werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.