Heli-ongeluk: Wildvanger breindood verklaar

Jason Badenhorst. Foto: Facebook

Jason Badenhorst. Foto: Facebook

Jason Badenhorst (27), die wildvanger van die Noord-Kaap wat ernstig beseer is toe die helikopter waarin hy ʼn passasier was verlede week geval het, is breindood verklaar.

Esmarie Cronjé, woordvoerder van die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein waar Badenhorst behandel is, het Donderdag aan Maroela Media gesê daar is niks meer wat die dokters vir hom kan doen nie. “Hy is nog steeds op die ventilator, want ons wag net dat sy organe geoes kan word voordat dit afgeskakel sal word,” het sy gesê.

Volgens Cronjé het Badenhorst erge breinbeserings opgedoen en was sy brein erg geswel. Hy is deurentyd in die neuro-waakeenheid behandel. Die ventilator sal waarskynlik Donderdag of Vrydag afgeskakel word, het Cronjé gesê.

Badenhorst was glo in ʼn helikopter besig om wild te vang naby Richmond in die Noord-Kaap toe die nette wat hulle uitgeskiet het om wild te vang, in die stert-rotor van die helikopter verstrengel geraak het. Die helikopter het geval en Badenhorst is ernstig beseer. Die vlieënier het wonderbaarlik ongedeerd daarvan afgekom.

Badenhorst se suster, Shané Badenhorst, het Dinsdag op haar Facebook-profiel gevra vir ʼn wonderwerk. “We need a miracle – everyone please please please send all the healing magic for my brother tonight.” [sic]

Shané was Woensdag te ontsteld om met Maroela Media te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

NL ·

EK BID VIR “N WONDERWERK, WANT ONS DIEN “N GOD VAN WONDERS!!!

Sumari ·

Dit is vreeslik hartseer, maar almal bid vir ‘n wonderwerk. Liewe Heer wees asb saam sy familie, vriende en ook saam sy verloofde.

ELSA ·

VADER HOU U HAND OOR HOM EN SY VERLOOFDE/FAMILIE – MAAR LAAT U WIL STEEDS GESKIED!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Marietjie Genis ·

My kind doen dieselfde as Jason en ek bid elke dag dat die Here haar veilig sal hou! So hartseer vir almal wat hom geken het en sy familie! Bid vir vertroosting!

Willie ·

Hemelse Vader ons bid vir Jason Bardenhors dat U oor hom sal wees, ons bid vir n wonderwerk oe Heer maar laat U wil geskied.
Ons dra die famielie aan U op ,dra
hulle deur die tyd onse Here Jesus,ons bid dit vir hulle toe.
Willie

Alet ·

My hart gaan uit na hierdie familie en die wyse van woorde wat deur die hospitaal woordvoerder gebruik is. Dit is alreeds so hartseer en dan praat van geoes. Dit wys jou net hoe swak die gesondheids dienste in SA is. Ek was nou in ‘n privaat en in ‘n staats hospitaal en regtig by beide was die diens swak.

Hez ·

Ai, dis hartverskeurend tragies… Ons bid vir ‘n wonderwerk! Sterkte aan sy geliefdes in hierdie uiters moeilike tyd!

Debs ·

Dit is so harseer en tragies dat so jong man moes gaan. Ek voel net soos wat geskryf staan “sy organe geoes kan word”….. dit klink so ongevoelig…. daar is ‘n word wat se “skenk”.

christen ·

” Send healing magic” ….. nee wat. N Christen vra vir gebed…. nie vir magic nie. Ek bid vir die jongman ….. maar glo glad nie aan magic nie….

Delia ·

Debs, stem so so soooo saam met jou. Dit skep ‘n baie ongevoelige indruk dat die arme man net vir sy organe iets beteken. Die hospitaal moet maar ‘n woordvoerder kry wat meer empatie het.

Liesl ·

As orgaan skenker begin ek nou wonder of dit die regte besluit was om n skenker te word. Gaan hul my ook aan n ventilator koppel net om my organe te “oes”? Ag nee, dit is mos nie hoe mens praat nie. Het hospitaal personeel geen simpatie meer met n medemens nie? Ek hoop van harte sy familie lees nie Maroela nie. Hul kon seker die bewoording verander het.

Thomas ·

Ek stem Liesl.Ek is ook ‘ n orgaanskenker en dit is swak van hul om so te praat van oes!!! Dit is iemand se kind, boetie, geliefde wat daar le.Ek bid vir die familie en dra Jason op in God se hande vir genesing

Akram ·

Dit is tragies. Ek hoop en vetrou dat hulle berusting sal vind. I sbaie dankbaar dat sy organe geskenk word. Daar sal nou n paar mense wees wat n meer gemakliker lewe sal kan lei. Danksy een onselfsugtige gebaar word talle n kaans gegun. SALUUT.

Winston ·

My bede en sterkste wense aan die familie in die moeilike tyd.
Ek haal my hoed af vir mede orgaanskenkers. Is dit nou regtig nodig om n bohaai op te skop oor n word soos oes.
Klop eerder die familie op die skouer oor hulle in stem dat die organe gebruik kan word om talle ander te help wat dit benodig.
In mediese terme word gepraat van oes. Terloops die mense wat betrokke is by orgaan skenking vreeslik simpatiek jeens die betrokke families want hulle besef die trauma daaraan verbonde.

Liesl ·

Winston, dankie dat jy meer duidelikheid gegee het op dit. Ja, dit maak nogal sin dat hul organe oes vir skenking. Goed om te hoor die betrokkenes is darem simpatiek teenoor die wat agter bly.

Winston ·

Liesl
Gaan lees die berig oor wat sy suster se. daar is n paar mense wat bitter gelukkig is. Plesier en groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.