Heli stort neer in Midrand

Die wrak van die helikopter. (Foto: Twitter)

ʼn Vlieginstrukteur en ʼn studentevlieënier is vandeesweek ernstig beseer nadat die helikopter waarin hulle gevlieg het Donderdag naby die luukse Waterfall-landgoed in Midrand neergestort het.

Die Raven II R44 het tydens ʼn opleidingsvlug neergestort.

Die Burgerlugvaartowerheid se ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) sê albei insittendes van die helikopter het ernstige beserings opgedoen.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Die AIID-span is sedertdien na die ongelukstoneel ontplooi om bewyse in te samel.

ʼn Voorlopige verslag sal binne 30 dae vanaf die dag van hierdie ongeluk uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.