Helikopter ingespan in soektog na rondloperleeu

Argieffoto. Foto: SANParks

ʼn Helikopter is Donderdag ingespan om die soekgeselskap by te staan wat die afgelope week op die spoor van ʼn rondloperleeu is wat byna ʼn week gelede uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het.

Volgens Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het spoorsnyers vroegoggend die spoor hervat waar die soektog gister teen sonsondergang vir die dag gestaak is.

“Terwyl hulle in ’n baie diep kloof gesoek het, het hulle op ʼn plek afgekom wat soos die leeu se rusplek lyk,” het Van der Walt gesê.

Dié spoor is glo gevolg tot op ’n punt waar dit selfs vir ’n 4×4-voertuig ontoeganklik sal wees. Daarom is besluit om ’n helikopter te gebruik om met die soektog te help, maar teen laat vanmiddag het dié besluit nog geen vrugte afgewerp nie.

Van der Walt sê dit bly ’n groot bekommernis vir SANParke dat die dier al ses dae lank op vrye voet is “maar die span bly vasbeslote dat die leeu na die park sal terugkeer”.

Maroela Media het vroeër berig die leeu het Dinsdag ʼn eland op ʼn plaas aangrensend aan die park platgetrek wat spoorsnyers op die regte spoor geplaas het.

Van der Walt het ʼn beroep op inwoners van Beaufort-Wes en omliggende gebiede gedoen om ekstra versigtig te wees en nié die leeu te nader indien die dier dalk gewaar word nie. Enige inligting rakende die leeu se bewegings kan by Van der Walt by 023 415 2828 of 082 801 2109 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jean ·

Ag jitte tog!…En daar kom die helikopter !…Ek hoop nie hulle raak nou sommer net waansinnig en begin skiet nie!

jean ·

Ai jitte!…en daar is die helikopter nou……ek hoop net nie iemand raak waansinnig en begin skiet nie…..of dit nou ‘n boer of ‘n veldwagter is..

Daan Erasmus ·

Nuwe goedkoper tegnologie teen ‘n fraksie van die prys. Gebruik ‘n drone. As jy eers die nuttigheid daarvan sal jy vra hoe ons sonder dit klaargekom het

Dirk ·

Daan, ñ drone se af stand wat hy van die remote kan wees, is maar 2 kilometer. Ek glo nie dit sal in diè geval werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.