Helikopter-ongeluk: Slagoffers was ‘n man en vrou

Die ongelukstoneel. Foto: @POWER987News op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @POWER987News op Twitter.

ʼn Man en ʼn vrou is Donderdag dood nadat ʼn helikopter naby die Randse Lughawe in Germiston aan die Oos-Rand neergestort het.

“Nadat die liggame uit die wrak verwyder is, het ons besef dit is ʼn man en ʼn vrou,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Daar is aanvanklik berig dat twee mans in die ongeluk dood is.

MiX Telematics Africa het vroeër gesê die helikopter behoort aan die opsporingsmaatskappy Matrix. “MiX Telematics Africa is bewus van die voorval en ons kan bevestig dat dit ʼn Matrix-opsporingshelikopter was wat deur Henley Air bedryf was,” het Brendan Horan, besturende direkteur van die maatskappy, gesê.

Volgens Horan ondersoek MiX Telematics en die Burgerlugvaartowerheid die voorval. “Dit is ʼn verskriklike tragedie en ons betuig ons innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die mense wat hul lewens verloor het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Xenia ons almal gaan jou mis. Rus in vrede. My gebede is met al haar familie en vriende. Ek sal nooit die Sondae etes in Angola vergeet nie xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.