Helikopter-ongeluk: Twee sterk aan in hospitaal

Douw Wentzel sr. wat in die helikopterongeluk gesterf het (Foto: Facebook)

Louw Deale en Douw Wentzel jr. sterk aan in die Unie-hospitaal in Alberton ná ʼn helikopter-ongeluk Vrydagaand.

Maroela Media het vroeër berig Louw se seun, Andre, en Douw jr. se pa, Douw, is oorlede nadat die helikopter neergestort het toe hulle van die Nampo-oesdag in Bothaville in die Vrystaat op pad was huis toe. Louw en Douw sr. is bekende boere van die Vrede-distrik.

Cronje Deale, Louw se broer, het Sondag aan Maroela Media gesê dit gaan effens beter met Louw en hy reageer al. Sy bloeddruk het ook verbeter.

Volgens Cronje het Douw jr. twee frakture in sy rug opgedoen en sy bobeen is gekraak. “Hy ondergaan môre ʼn operasie,” het hy verduidelik.

Volgens Cronje is dit nog nie presies duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie. “Dit was definitief meganies. Daar was ʼn harde knalgeluid voor hulle krag verloor het in die helikopter,” het hy gesê. “Die burgerlike lugvaartowerheid was op die toneel en hulle stel ondersoek in.”

Werkers van die plaas Brakpan in Heilbron het Vrydag omstreeks 17:30 gesien hoe die helikopter neerstort,” het brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, vroeër aan Maroela Media gesê. Douw en Andre is tydens die ongeluk oorlede. Douw jr. (14) en Louw (49) het die ongeluk oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Attie ·

As ek aan my foon se touch screen raak om af te scroll om die berigte te lees, verskyn ‘n boodskap wat sê Maroela laat nie regs-kliek toe nie. Ek moet dan terug gaan na berig en weer probeer lees. Ek regs-kliek nie, ek raak net aan die skerm om af te scroll. Ek weet nie hoe ek die berigte moet lees met so ‘n gesukkel nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Attie

Dankie vir jou terugvoer. Ek stuur die inligting deur aan ons tegniese span vir verdere ondersoek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Leon ·

Een berig sê hulle is beseer en sterk aan, die ander sê hulle oorlede???????????????????????

NS ·

Leon, Douw Wentzel snr en Andre Deale (14) is oorlede. Louw Deale (Andre se pa) en Douw Wentzel jnr (14) is in die hospitaal. Dis die 2 pa’s en hulle 2 seuns wat in die helikopter was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.