Helikopter stort in Vaaldam

 

Die toneel waar ‘n helikopter in die Vaaldam neergestort het. (Foto: netcare911)

Een persoon is dood en nog een vermis nadat ʼn helikopter Vrydag in die Vaaldam neergestort het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici 18:00 gereageer op ʼn noodoproep oor ʼn helikopterongeluk by Vaal Marina, ʼn dorp in Gauteng.

“ʼn Robinson R44-helikopter met twee insittendes het in die dam neergestort sowat 200 m van die oewer af,” het Herbst Vrydagaand gesê. “Polisieduikers het ongelukkig die een insittende dood in die dam gekry en hom na die oewer gebring.”

Volgens Herbst soek noodreddingswerkers nog na die ander insittende, maar daar word sterk vermoed dat dié ook noodlottige beserings opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Linx ·

Innige meegevoel met beide families,weet nie of gravity op die oomblik met ons mors nie,maar daar is n verskriklike toename in vliegtuie en helikopters wat neerstort.

Stephen ·

Al weer n Robby. Ek het twee weke terug kommentaar gelewer op hierdie masjien se swak veiligheids rekord.

Rudolph ·

Hoekom kom die woord Robinson so baie voor in berigte oor helikopters wat neerstort? Is hulle soos die VW Polos van die lug?

Onnie ·

In ‘n ander berig lees ek dat 2 mense en 2 honde dood is toe Robinson neergestort het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.