Helikopter stort neer by Lanseria

Die helikopter wat op 11 Maart 2016 by Lanseria Internasionale Lughawe neergestort het. Foto: Social Media Group via EWN

Die helikopter wat op 11 Maart 2016 by Lanseria Internasionale Lughawe neergestort het. Foto: Social Media Group via EWN

ʼn Vlieënier het Vrydag wonderbaarlik oorleef nadat sy helikopter by Lanseria Internasionale Lughawe in Johannesburg neergestort het.

Claudette Vianello, woordvoerder van die lughawe, het gesê geen sterftes of beserings is aangemeld nie.

“ʼn Helikopter het omstreeks 12:20 op een van ons aanloopbane neergestort,” het sy gesê. “Daar is gelukkig geen sterftes of beserings uit die ongeluk aangemeld nie.”

Vianello het gesê sy kon nie die naam van die maatskappy, aan wie die helikopter behoort, bekend maak nie, maar het bevestig dit is deel van Lanseria-lughawe. Sy het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ʼn Vlieënier en ʼn leerlingvlieënier is Maandag dood toe ʼn ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Lanseria by Mountain View neergestort en aan die brand geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.