Helikopter stort neer by lughawe

Die helikopter het by die Virginia-lughawe in Durban neergestort. (Foto: Netcare 911)

Drie mense, onder wie die vlieënier, het beserings opgedoen toe ’n helikopter Woensdagoggend by die Virginia-lughawe in Durban neergestort het.

Dit word vermoed dat die helikopter – ’n Bell JetRanger – se enjin met die opstygslag onklaar geraak het. Die vlieënier was genoop om ’n noodlanding te doen.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddiens is omstreeks 10:00 na die lughawe ontbied waar die insittendes van die helikopter ondersoek is.

Die vlieënier het geringe beserings tydens die voorval opgedoen terwyl sy twee insittendes, ’n volwasse man en vrou, matige beserings opgedoen het.

Die twee insittendes van die helikopter is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ’n hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die lughawe is vanoggend vir alle aankomende en vertrekkende vliegtuie gesluit weens puin wat verstrooid op die aanloopbaan gelê het.

“Die toneel is afgesper in afwagting op die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid om die nodige ondersoeke te doen.”

Die helikopter het by die Virginia-lughawe in Durban neergestort. (Foto: Netcare 911)

Die helikopter het by die Virginia-lughawe in Durban neergestort. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Agv onbevoegdheid van die vlieënier of die onvoldoende instandhouding soos bepaal deur die lugvaart owerhede as die organisasie nog bestaan en doeltreffend is.?

Marius

Wonder wie het die onderhoud op die helikopter gedoen?

Weston

Ons is dankbaar dat daar nie lewensverlies is nie. ‘n Mens is darem ‘n snaakse ding. Toe ek die opskrif sien het ek dadelik gehoop dat dit nie die enigste plaaslike Rooivalk helikopter is nie.

sopbeen

Iemand het een maal gesê dat hy/sy nie vliegtuie of bote vertrou nie “dis nie asof jy kan uitklim en stoot nie”

Arno

Mmmmm bly almal is veilig……. net een ding. Hoekom is die identifikasie van die Helikopter toe geverf? Geen vliegtuig mag sonder identifikasie vlieg nie. Dit is nie met photoshop gedoen nie dit is duidelik toe geverf……. se maar net