Helikopter stort neer in Stellenbosch

Helikopterongeluk op 26 Desember 2016 by die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch (Foto: Netcare 911)

Helikopterongeluk op 26 Desember 2016 by die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch (Foto: Netcare 911)

Paramedici het Maandagoggend omstreeks 11:30 reageer op ʼn berig van ʼn helikopter wat by die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch neergestort het.

“Die helikopter het ʼn harde landing gehad en op sy sy tot stilstand gekom,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Twee insittendes het ongedeerd van die ongelukstoneel weggestap.

“Die brandweer het die gebied veilig verklaar, maar die pad bly gesluit terwyl die ondersoek voortduur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Chris Ws ·

Nog ‘n suksesvolle noodlanding.Knap gedaan mnr.die loods!Dis verblydend om te lees dat beide insittendes ongedeerd van die helikopter weggestap het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.