Die name van twee mense wat Woensdag gesterf het toe ʼn helikopter tussen Delmas en Ogies in Mpumalanga neergestort het, is bekendgemaak.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig Bertie Truter (56) en sy werknemer, Oupa Pieter Ntuli (36), het in die ongeluk, omstreeks 11:30, gesterf.
Hlathi het gesê Truter en Ntuli het in ʼn Robinson R44-helikopter gevlieg toe die helikopter oor Truter se plaas neergestort het. “Volgens ooggetuies het die stert van die helikopter afgebreek wat die helikopter laat tol het. Die helikopter het in die veld neergestort en in vlamme uitgebars. Die vlieënier sowel as die passasier is op slag dood,” het Hlathi gesê.
Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid, het vroeër die ongeluk aan Maroela Media bevestig en gesê meer inligting sal later bekendgemaak word.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar albei insittendes in die wrak van die helikopter het reeds aan hul beserings beswyk toe paramedici by die toneel aankom.
hoe breek n stert net AF?, kyk na die laaste versiening register, daars sekerlik kortpad gevat met die diens en omskrywing daarvan
Jou opinie is ongevraagd en onsensitief.hoekom sou hy met sy eie lewe speel dmv n kortpad te vat met n diens op die helikopter?hierdie oom was n gesiene Boer wat nie kortpaaie geken het nie,daarom is hulle uiters suksesvolle Boere!
Geen kortpaaie ooit met die heli gevat nie. Alle dienswerk gedoen deur toepaslike werkswinkel en opgeleide gesertifiseerde personeel. My opinie van die moontlike oorsaak van die ramp: “Mast bump” . Die noodtoestand word veroorsaak deur ‘n komplekse sameloop van omgewings- en ander faktore.
Wag eers vir die verslag voor daar kommentaar , veral negatief, gelewer word.
R44 is geneig dat die rotor die stert tref as jy dit te skielik optrek. Baie het al so geval..
Rus in vrede oom Bertie….
simpatie met familie. “wessel truter” as jy reken die oom het nooit kortpaaie geneem nie, neem ek aan jy reken dat hy die versienings self gedoen het, ; vraag: is hy n gekwalifiseerde, geregistreerde vliegtuig werktuigkundige met al die nodige kennis en handleidings tot sy beskiking om dit self te doen?. jou aanhaling : nerens het iemand gese dat hy nie n gesiene BOER is nie
Wessel Truter, duidelik is dit familie van jou, daar is ‘n verskil tussen gesiene BOER, en gesiene helicopter vlieënier………..