Helikopter stort neer tydens brandbestryding

WOF het vanoggend op Twitter bevestig ʼn WOF opsporingsvliegtuig en ʼn helikopter is met sonsopkoms na die brande in die Vermaaklikheid omgewing in die Hessekwa-munisipaliteit ontplooi. Foto: Twitter via @wo_fire.

ʼn Vlieënier van Working on Fire (WOF) het glo gesterf terwyl hy Dinsdagoggend besig was om verwoestende brande in die Wes-Kaap te bestry.

Linton Rensburg, woordvoerder van WOF, het gesê al wat hulle in die stadium wil bevestig is dat daar “ʼn voorval” was met een van hul helikopters in die Stilbaai-omgewing en dat hulle wag vir verdere besonderhede van owerhede op die toneel.

Pappie Maja, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het ook die voorval aan Maroela Media bevestig.

“ʼn Span ondersoekers is na die toneel ontplooi. Dit is ʼn WOF-helikopter. Ons sal later meer besonderhede hê,” het Maja gesê.

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het bevestig ʼn helikopter van WOF het neergestort. Volgens die munisipaliteit is ongeveer sewe huise en verskeie ander kleiner strukture ook verwoes tydens dié brande.

ʼn Sosialemediagebruiker het ook op Facebook gesê die helikopter het glo “ontplof” oor ʼn familielid se plaas.

Algoa FM berig die vlieënier is in die ongeluk dood. WOF het vanoggend op Twitter bevestig ʼn WOF‑opsporingsvliegtuig en ʼn helikopter is met sonsopkoms na die brande in die Vermaaklikheid‑omgewing in die Hessekwa-munisipaliteit ontplooi.

ʼn Hittegolf in die Wes-Kaap het gelei tot talle verwoestende brande.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kapenaar ·

Dit is so verskriklik. My hart gaan uit na die familie. Hitte baie erg in weskaap

Genieve ·

As die media alles bekend maak hoop ek die nuus is ook aan naasbestaandes bekend gemaak. Dit was nie maklik nie en die brand woed nod steets tewyl die wind waai.

Daan ·

Hoeveel van WOF se vliegtuie het nou al geval. Dit maak my bekommerd.

Bekommerd ·

Hopeloos te veel in die laaste 3 jaar. Dis kommerwekkend en daar moet beslis weer ondersoek ingestel. Hier word met mense se lewens gespeel en die families wat moet agterbly en weer die stukke van hul lewe moet optel.

Nettie ·

@Daan en Bekommerd – met die hittegolf in die W-Kaap (vandag trotseer Worcester 38 grade!) en komende somer, is veld- en bergbrande beslis ons voorland.

Dié insident laat my wonder: watter opleiding kry die mense wat tans in diens is van nooddiens-organisasies (soos WOW en WOF) wat hulle in staat stel om proaktief in stede van reaktief te wees? ‘n Helikopter “ontplof” mos nie sommer net nie? Dit laat my wonder of dié helikopter nie dalk meganiese probleme gehad het of ontwikkel het nie … iets wat vooraf opgemerk kon word?

jaco ·

net 2 woorde beantwoord jou vraag:
Regstellende Aksie
Dis mos net die “regte” velkleur wat tel om werk te kry, selfs werk waar opleiding en ondervinding van instandhouding van vliegtuie en helikopters eitlik van kardinale belang is.
Dis nie net die staatsdiens wat met hierdie onbevoegde amptenare sit nie. Privaatbesighede word gedwing om ook sulke aanstellings te maak en as hulle durf waag om dit te omseil, kry hulle reusagtige boetes.

Nico Botha ·

Die temperature in die heli bokant n erge vuur moet geweldig wees.Hierdie is n hoe risiko werk.ek haal my hoed af vir die vlieeniers wat bo daai vlamme hel moet vlieg om water te stort.mag God met julle wees.elke oomblik. I Saluut YOU.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.