Helikopter stort op plaas neer

Die helikopter se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Helikopter het tydens pesbesproeiing Saterdag op ʼn plaas in die Wes-Kaap neergestort.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaapse polisiegebied, het Sondag aan Maroela Media bevestig die helikopter het omstreeks 14:00 op ʼn plaas in die Swellendam-omgewing neergestort.

“Onderwyl die 42-jarige vlieënier die landerye besproei het, het die helikopter vermoedelik in ʼn stadium spanningsdrade van ʼn Eskom-kraglyn getref waarna dit neergestort het,” het Pojie gesê.

Die vlieënier het die ongeluk oorleef. Hy het beenbreuke opgedoen en is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die Swellendam-polisie het ʼn dossier geregistreer. Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) is van die ongeluk verwittig en gaan die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.