Helikopters, vloot probeer brand hokslaan

Die brand wat tans teen die hange in Simonstad woed (Foto: Verskaf)

Tientalle brandbestryders spook sedert Maandag vroegoggend om ’n veldbrand in die omgewing van Simonstad in die Wes-Kaap in bedwang te bring.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-brandweerdiens, sê brandbestryders is omstreeks 05:55 na die berghange bokant die Suid-Afrikaanse vloot se opleidingsbasis naby Simonstad ontbied.

“Daar is tans tien brandbestrydingstoestelle en ongeveer 50 brandweermanne op die toneel,” sê Carelse. “Die Tafelberg Nasionale Park en bemanningslede van die SA vloot staan hulle by.”

Die Ysterplaat-lugmagbasis het twee brandbestrydingshelikopters gestuur om die brand te help blus.

“Die brandgebied is in drie afdelings verdeel om die brand makliker te kan blus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem ·

“Brandbestrydingstoestelle”?? Bedoel julle brandweerwaens of brandblussers of nat sakke of wat?

Michael ·

Dis wat die woord se. Maw alles wat jy genoem het val onder die begrip brandbestrydingstoestelle. einige verder vrae?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.