‘Help asb. polisiehoof reg met plaasmoordstatistiek,’ vra TLU SA

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

“Iemand moet die nasionale kommissaris van polisie, Riah Phiyega, asseblief help met die vertolking van plaasmoordstatistieke.”

Só het Henry Geldenhuys, TLU SA se adjunkpresident en voorsitter van die veiligheidskomitee, gevra na aanleiding van Phiyega se voorlegging aan die Menseregtekommissie (MRK) waartydens sy gesê het dat plaasmoorde afgeneem het, en dat daar geen verskil is tussen ’n plaasmoord en ’n ander moord nie.

Volgens Geldenhuys wys TLU SA se statistiek dat daar tot en met einde September vanjaar reeds 53 plaasmoorde plaasgevind het in 210 aanvalle. Dit verteenwoordig ’n skerp styging teenoor 2013, toe daar tot die einde van September 43 plaasmoorde plaasgevind het in 164 aanvalle. “Dit is dus enersyds verstommend dat die kommissaris kan beweer dat daar ’n afname is in plaasaanvalle en -moorde is, en andersyds wys dit op die foutfaktor op die polisie se eie statistiek. Vermoedelik is ander syfers van hulle dan ook verkeerd,” het Geldenhuys gesê.

“Hierdie ongewenste situasie bring mee dat die SAPD hulle eie syfers openbaar moet maak. Daar is geen rede anders as om hul eie onvermoë te probeer verdoesel om dit nie op ʼn gereelde basis bekend te stel nie. Die MRK-verhoor het al genoeg getuienis aangehoor van gebrekkige polisie-optrede, om welke rede ook al. Waar daar dan nog ʼn beroep op die gemeenskap gedoen word om die polisie by te staan, is hulle strukture nie in plek nie, soos blyk uit die chaotiese toestand rondom polisiereserviste,” volgens Geldenhuys.

Hy het gesê in sekere tradisioneel swart gemeenskappe gebeur dit toenemend dat reg in eie hande geneem word omdat die polisie nie optree nie. “Dit sal ’n donker dag wees as daardie soort optrede sou uitkring. Boere raak ook ongeduldig met die gevoel dat hulle eintlik voëlvry is,” het Geldenhuys gesê.

Kliek hier vir meer berigte wat oor plaasmoorde handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rian van Jaarsveld ·

Dink dit is n geval van iemand in n werk wat nie weet wat en hoe om dit te doen nie.

Natuurlik moet moord op plase in n ander lig gesien word as ander moord, jy byt die hand wat jou voed!!!

Maar ek verstaan ook dat dit nie vir hulle n problem is nie want as daar nie meer kos is nie voer ons dit net in en betaal dit met n leaning van die IMF af….dis mos Afrika logieka

Vicky ·

Ek stem saam met jou Rian. Maar ergste is die stelling is klaar deur die SAPD gemaak en nie almal gaan die regte weergawe hoor nie.

Ons voer al klaar meer in as wat ons produseer. Nuutste verslag toon dat SA se handelsbalans tekort het van R6.8 miljard in Julie na n skokkende R16.3 miljard in Augustus gestyg het. Uit voere het met 9.6% verswak.

Grassie ·

Dit is nie nodig om die nasionale kommissaris reg te help nie – sy ken die werklike feite. Die regering lieg oor omtrent alles om hul onvermoë om die land te regeer te prober verdoesel. Tot op hierdie stadium kom hulle nog weg daarmee ook. Die hele spul gaan nog in duie stort wat gaan lei tot algehele anargie – en daardie dag is nie meer baie vèr nie.

VerVanRyn ·

Ek stem saam dat dit ‘n donker dag gaan wees wanneer hierdie neiging om die reg in eie hand te neem uitkring. Die onopgevoede massas sal maak nes hul wil en hul verdraaide siening van straf uitdeel soos hul goed vind. ‘n Geweldadige opstand onder boere is ook nie iets wat begeer moet word nie. Die nuwe SA het al baie voorbeelde opgelewer van die verskil tussen die behandeling wat swart teenoor wit geniet. Die boere wat hulself beskerm gaan die varke wees.

Conrad Labuschagne ·

Hoe dan anders verwag. Riah Phiyega het geen Polisie of misdaadondersoek agtergrond nie. Sy het geen kredietwaardigheid nie want alles wat sy sê is ‘n “slim” speel met woorde en syfers. Haar onvermoë om te bestuur en haar gebrek aan kennis rondom Polisiëring word gereflekteer in haar onbekwame uitprake in die Media. Met die bekendmaking van die Misdaadstatistiek ongeveer twee (2) weeke gelede het sy die uitlating gemaak dat landsburgers ook stappe moet neem om hulle te beskerm teen huisaanvalle en huisbrake. My vraag geagte Kommissaris Phiyega is na watse “stappe” word daar verwys? Is dit soos met Marikana “Meet force with force”! Neewat waar is die dae waar Polisie Kommissarisse en Generaal respek verwerf het met hulle kennis en leierskap.

Renate Barnard ·

Niemand is so blind soos hy (sy!!) wat NIE wil sien NIE!!

Reinhardt ·

Kom ek julle vertel ..as ons ook moet opruk soos ons mede burgers kan ons hul a pakslae gee wat hul nooit sal vergeet nie .Ons weermag is tot nuut en die polisie beteken niks.Ons het wapens ons skiet van kindsbeen af soos sluipskitters.Kyk maar na die nuus twee skote klap en almal harloop in hul duisende weg.Moenie gebluf wees oor hul getalle nie want hul beteken niks nie.As ons voorouers (ou boere) geleef het vamdag sou die strate oorgeloop het van hul bloed want hul sou nie die twak geduld het nie.Ons het baie om te leer.Ons laat ons onderdruk en as almal opruk spat die dinges maar almal lewe te lekker.

Paul Gerber ·

Se ek net die ander dag. Ons voorvaders sal in hul grafte omdraai as hul ons slapgat maniere teenoor swart misdadegirs sien

Andre van Aswegen ·

Natuurlik sal die stats minder wees op plaasmoorde want die boere op die plase word al hoe minder en minder.
Huidige boere besluit al hoe meer om te verkoop en iets anders te doen as om te boer omdat hulle vrees vir hulle familie se veiligheid. Nou moet hulle die passie wat hulle het op gee.

FW het die mooi land met al sy glorie aan die NUWE SA lede gegee om die sogenaamde Burger Oorlog wat sou uitbreek te voorkom…..maar die Burger Oorlog is nader as wat hulle gedink het as dit so aan gan gaan in die land en niks gan dit kan keer nie. Geen wonder ons stroom die land uit nie want hier in die land is geen heenkoms vir my kinders nie…..nie eers te noem hulle kinders nie.

Dis hartseer om te se hoe seer my hart is dat ek kinders in die lewe gebring het en ek moet hulle deur die tyd sit, hulle werk so hard om iets te bereik net om weg gewys te word na skool by elke werk omdat daar ” Regstellende Aksie” moet wees…….niks beter genoem as “Omgekeerde Apartheid” nie.

lorayne ·

Hier praat ‘n vrou vanuit nêrens . . . uitgevat met ‘n Pro Patria-medalje (1974), vir diens ter verdediging van die Republiek of ter voorkoming of onderdrukking van terrorisme. Dit is gebruik as veldtogmedalje vir die 1966-1989 Grensoorlog. ‘n Agthoekige goudkleurige brons medalje wat ‘n goue proteablom op ‘n blou skyf uitbeeld. Die lint is oranjekleurig, met ‘n wit streep naby elke rand en twee blou bane in die middel. ‘n Gespe met die naam “Kunene” daarop is uitgereik aan diegene wat in 1976-1977 in Angola diens verrig het.
Nou wonder ek net . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.