‘Help my, asseblief,’ pleit man ná plaasaanval

Argieffoto

“Dringend, dringend, asseblief! Mayday mayday! Dringend, help my, asseblief. Dit is Manie van der Merwe. Plaasaanval! Vier verdagtes het ons beroof en vasgebind. Ek soek hulp dringend, asseblief. Help!”

Só het Manie van der Merwe Vrydagoggend op stemboodskappe om hulp gepleit nadat hy en sy vrou op hul plaas Sterkfontein naby Vaalwater in Limpopo deur vier gewapende aanvallers oorval is.

Die stemboodskappe is op een van die veiligheidsgroepe in die gebied gestuur en het daartoe gelei dat die Van der Merwe-egpaar vinnig te hulp gesnel is.

Bez Bezuidenhout van Heritage Protection Group (HPG) het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 10:00 plaasgevind. Daar word verneem dat Van der Merwe op pad was na ʼn kraal op die plaas toe hy deur die aanvallers oorval is. Een van die aanvallers het glo ʼn koeëlvaste baadjie gedra.

Volgens Bezuidenhout is vier vuurwapens tydens die aanval gesteel en twee van die vuurwapens is intussen weer teruggevind. Daar is ook een verdagte in hegtenis geneem.

Bezuidenhout het gesê daar kan nie tans meer inligting oor die saak bekendgemaak word nie, aangesien die ondersoek in ʼn sensitiewe stadium is.

Maroela Media verneem die egpaar is nie ernstig beseer nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

D P J ·

Ja nee, ‘n aanval kan nie sommer afgeweer wofd as vier jou met vuurwapens aanval en jy is nie te minste 100% perraat is nie.
Dit is waar God se beskerming na vore tee.

jannie ·

Ja die plaasaanvalle het gedaal….van 104 aanvalle per week na 103!

Blits ·

AGRISA is aan die slaap, hulle werk saam met die anc om ons kalm te hou, hulle beweer die aanvalle is die laagste in 20 jaar, watte grap, daar nou elke dag 3 -4 aanvalle n dag.

AGRISA, WORD WAKKER

AgriSa gekaap ·

Agri sa is gekaap en ons moet duidelikheid hieroor kry voor ons hul verder ondersteun.

Lourens ·

Broederbondmentaliteit. Gatkruip by CR. Via Roelfie. Hys mos nou die redder van landbou. Tweegesig verraaiers.

KP ·

Ja en dan verkondig die regering wyd en suid dat plaasaanvalle afgeneem het. Wat n grap.

Elvira ·

Prys die Here julle lewe. Hoop daai slegte goed word gougou gevang.

Joshua ·

Alle plaasboere moet hul telefone aan dai AGRI Broederbonders se hoofkantoor nommer koppel om plaasaanvalle te rapporteer.

Han ·

Joshua, nou waarom “AGRI Broederbonders.” Waar val jy uit?

Koos de Meyer. ·

Kyk maar wie was by Nampo. Sekere mense wat ons uitverkoop het. Hulle leef in ‘n droom wêreld. Plaas aanvalle neem toe maar sekere mense loop met oogklappe op. Sienende blind en hoorinde doof. Die enigste manier om te oorleef is om paraat te wees. Ons in die stede dieselfde, jou lewe is nie ‘n sent werd nie. Roof, Moor, verkragtings en wat nie nog alles nie. Dan sê hulle daar niks verkeerd nie. Waar gaan ons heen. Net die Vader kan ons help.

Oom Kalahari ·

Agri SA en vele liberale genootskappe sal alles in hul vermoens doen om waarhede te verdoesel en werklike gebeure te verdraai en onder die mat probeer invee.
Manie v/d Merwe en sy vrou is baie gelukkig dat hulp so spoedig kon opdaag en hul lewens gered. Koeelvaste baadjie deur een aanvaller, wel kom van Polisie of sekuriteit. Manie jul moet nou paraat wees, want hierdie kriminele gaan terugkeer en is nog in besit van 2 vuurwapens. Sterkte vorentoe en hoop jul kan hierdie gebeurtenis verwerk.

Nikita ·

Ag maak nie saak oor spelling ons weet wat DPJ bedoel. Ja ons almal moet elke dag paraat wees tot in die woonbuurte. Ons eie huise word al soos tronke toe gesluit. Misdaad vererger by die dag en moenie dink dit kan met jou gebeur nie, hulle slaan toe wanneer mense dit die minste verwag. So ja bly elke dag paraat maak nie saak waarheen jy gaan nie…soms vergeet party mense dit veral met die besige lewe van vandag. En bid elke dag vir beskerming.

Hasie ·

En dan sê mister Cele hy gaan misdaad op sy kop keer.
Dit word al vir die laaste 20 jaar gesê. Almal sê net en misdaad gaan net voort.

Yankee ·

Ja, en misdaad is nie beskore vir net vir een groep nie, of hoe. Lees Die Burger. En al wat ek lees, kind vermoor sy hele gesin, man hang sy vrou op met krultang, kind vermoor sy meisie en haar vriendin. En almal in een berig, almal blank.

Gesiggie ·

Ek is so dankbaar vir die boer en sy vrou, dat hul nie vir die dood agter gelaat is… en dat hy darem die kans gehad het om vir hulp te vra. Plaasmoorde word minder? maar elke dag lees ons nogsteeds van nog n plaas aanval?? sterkte aan jul, mag daar gou meer inligting wees sodat die ander ook gevang sal word…

Casper Labuschagne ·

Plaasaanvalle het dalk gedaal, maar nie vir die redes wat almal aanneem nie. Plaasbeveiliging en patrollies is huidiglik op ‘n maksimum vlak en dit veroorsaak dat tientalle plaasaanvalle gefnuik word. As die verhoogde veiligheid as statistiese gegewens uitgedruk kon word, sou dit dalk toon dat plaasaanvalle nie daal nie maar aansienlike styg.

Boland ·

Niemand in die kabinet van die regerende party se iets oor plaasmoorde nie.So dan ondersteun hulle dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.