Help Zuma bedank, vra kerkleiers

Biskop Malusi Mpumlwana, algemene sekretaris van die SARK (Foto: Skermskoot uit 'n video, SACC.org.za)

Biskop Malusi Mpumlwana, algemene sekretaris van die SARK (Foto: Skermskoot uit ‘n video, SACC.org.za)

Suid-Afrikaanse kerkleiers het Vrydag die ANC versoek om pres. Jacob Zuma te dwing om te bedank ná die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-saak.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en die Nasionale Raad vir Godsdienstige Leiers (NRLC) het Vrydag dié versoek aan topbeamptes van die ANC gerig.

Biskop Malusi Mpumlwana, algemene sekretaris van die SARK, het gesê die geloofsgemeenskap kan nie meer sit en niks doen terwyl die land inplof nie, en moet Zuma vra om te dink oor die implikasies indien hy in sy amp sou aanbly.

“Ons het die ANC-leierskap versoek om Zuma te help om te bedank,” het Mpumlwana tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê. “Ons het ook ʼn persoonlike vergadering met die president versoek.”

Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa het nie die vergadering bygewoon nie, aangesien albei besig was met amptelike pligte. Die kerkleiers het versoek om volgende week met Zuma te vergader.

Die konstitusionele hof het verlede week ʼn verdoemende uitspraak gelewer waarin Zuma skuldig bevind is dat hy die Grondwet oortree het toe hy nie ag geslaan het op regstellende aksie wat die Openbare Beskermer voorgestel het, wat betref sy privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal nie.

Zuma het die volgende dag regstreeks op nasionale televisie om verskoning gevra en gesê hy het te goeder trou opgetree.

Die SARK het Dinsdag gesê hy is “nie bereid” om die verskoning te aanvaar wat Zuma oor die Nkandla-debakel aangebied het nie, en versoek dat hy uit sy pos verwyder moet word en het versoek om met die top-6 ANC-beamptes te vergader.

Die kerkleiers het Vrydag dit weer benadruk dat hulle nie oortuig is deur Zuma se verskoning nie.

“Zuma het nie vir Nkandla om verskoning gevra nie. Hy het slegs verskoning gevra vir frustrasie en verwarring. Ons kan nie sy verskoning aanvaar nie, want ons is nie deurmekaar nie,” het biskop Ziphozihle Siwa van die Metodiste-kerk, gesê. Siwa het gesê onder Zuma se leierskap is daar ʼn gebrek aan vertroue en het bygevoeg dat Zuma die morele integriteit verloor om te lei.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Siwa het gesê die kerke is nie teen die regering nie, maar daar moet kritieke betrokkenheid wees, nie net oorhoofse ondersteuning nie.

Die kerkleiers het dit benadruk dat hul fokus nie ʼn regsgeding is nie, maar ʼn morele versoek.

Die SARK, wat bestaan uit 36 inter-denominasie kerke en organisasies, het gesê dit berus by die individuele kerke of hulle by die burgerlike samelewingsoptog wou aansluit wat aktiviste vroeër vandeesweek aangekondig het. “Die burgerlike samelewing het ʼn reg om self te praat en hul eie besluite te maak. Ons versoek dat niemand betrokke sal raak in aktiwiteite wat kan lei tot lewensverlies nie, maar die land eerste plaas,” het Siwa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

EMK ·

Hy het nie hulp nodig om te bedank want hy wil nie en sal nie. Hy sal met fisies moet verwyder word – dis al wat gaan werk. Hy is nie spyt oor enigiets wat hy gedoen het nie en dink in sy verwardheid (sal liewer nie sê wat ek wil sê) hy is reg en die hele wêreld is verkeerd. Die ANC aan sy kant – hul het dit bewys nou die dag in die parlement toe hul gestem het so… wat bly oor?

Hennie de Beer ·

Laat hy as hoof van die ANC aanbly. So tragies as wat dit vir die ekonomie in hierdie swaar tye is, so sleg is dit vir die ANC se beeld binne en na buite. Hy verenig die opposisie partye, verdeel sy party en verklein daardeur die ANC sitplekke en veto reg in die Parlement na `n volgende verkiesing. Dit is jammer dat die groot wenner in die proses dalk net die radikale EFF met hulle Donald Trump aanslag onder die jong ANC`s mag wees.

Anie ·

Groot plakate moet gemaak word waarop staan: ZUMA PLEASE, PLEASE RESIGN! YOUR COUNTRY DESERVE IT!

Flippie ·

As Zuma nou moet bedank, wie en wat sal hom opvolg? Daar is nie ‘n enkele kanidaat in sig wat kan oor neem nie, ook nie in die opposisie nie.

Die hele staatsdienleierskap en kabinet is pro-Zuma. Geen nuwe leier gaan hond haaraf maak teen die onetiese skuim (samelewings leiers)wat die bevolking van SA smoor nie.

Daar is ‘n rewolusie of iets dergelyks nodig om van die skuim ontslae te raak.

Mr P ·

Indien jy by n maatskappy steel en jy word skuldig bevind word jy van jou pligte onthef. FIRE HOM PUNT. Wanneer hy dan loop maak n saak teen hom en sluit die spook toe. Bere hom.

Jef ·

Stem saam Flippie, almal kan loop en skreeu dat Zuma moet opstap maar niemand weet wie dan sy plek inneem nie dalk iemand wat nog erger is as hy en dan skreeu almal weer dat die persoon moet opstap en so gaan dit maar aan en aan.

H ·

Of jy 5c steel of R246 miljoen, steel het jy gesteel. Of jy die grondwet liggies skade aan gedoen het of ernstig geskend het, het jy die grondwet geskend en klaar. En wie ly onder dit. Verseker nie die wat daar bo sit en duisende verdien nie, ons hier wat op die grond is ( en soos ek wat werkloos is) word hierdeur geraak en nog verder verarm.

Johannes Meintjes ·

As kerklidmaat vir meer as 50 jaar met 21 jaar sendingondervinding het ek nie geweet die kerk in SA het nog ‘n hoorbare, geloofwaardige (of verskilmaakende?) stem nie! Gedag die kerk-genootskappe maak net geld en mislei elk hul eie gemeentelede op die breede weg van vermengde en Mammongerigde of politiese godsdienstigheid sonder ernstige en opregte Skriftuurlike oordeel of Christelike gemeenskapssamewerking. Ek hoop werklik die kerke se oproep vir nasionale orde en goeie regering val iewers op vrugbare grond.

Rynhardt ·

Almal is nie opreg nie en maak die fout dat die probleem net Zuma is!Dit is nie, dit is die hele Anc regime wat saam met hom moet bedank, want hul het SA ekonomie vernietig! In hierdie week maak Beeld bekend dat 80% steun Zuma se bedanking.Werklik? Hoe was die peiling gedoen? Die Anc kry die meeste van sy mag van vakbonde.Steun 80% van die vakbonde Zuma se bedanking? Steun 80% van vakbonde ook dat die Anc moet waai? Vrae wat gedrukte media nie wil beantwoord nie.Meeste belange groepe en politici steun nog steeds Anc, want die turksvy met sy dorings moet gedy! Geen eersteklas land in wereld sal sit met n korrupte regime nie, nog minder met twee Anc-partye wat gestig is om ons blankes gevangene te hou in SA nie! Kyk vandag in Rapport, almal asook die media wil he Zuma moet waai, maar nie die Anc nie!

Johann Smith ·

Ek het kommentaar gelewer eat nie aanvaar was nie. Sal graag jul antwiord wil hoor hoekom dit nie geplaas is nie. Ek kan nie glo dat die rede eas dat ek Siener van Rendburg se profetiese voorspellings aangehaal het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.