Helpende Hand en kunstenaars wil honger stop

Kleuters speel saam met sangeres Tarryn Lamb (Foto: Helpende Hand)

Solidariteit Helpende Hand en Coleske Artists het hande gevat om ʼn groot verskil in behoeftige kleuters se lewens te maak.

Helpende Hand, wat reeds sedert 2009 ’n voedingsprojek by kleuterskole het, gaan vanjaar 1,5 miljoen etes probeer insamel om meer as 8 000 kleuters van ’n bord kos te verseker.
Die organisasie het bevestig dat hulle aansoeke vir meer as 12 000 kleuters op die organisasie se voedingsprogram ontvang het.

Volgens Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand, is daar elke aand kleuters wat honger gaan slaap. “Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie. Die #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ʼn bord kos inkry,” sê Riekert. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole in behoeftige organisasies te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop.

Vanjaar span Helpende Hand en Coleske Artists kragte saam om die #Stophonger-projek op die been te bring. Die projek wil die publiek bewus maak van die dringende behoefte onder ons land se kleuters, aldus Riekert.

Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die projek is die Italiaanse sanger Patrizio Buanne en die jong Amira Willighagen van Nederland. Hulle gaan saam met die plaaslike talent van Touch of Class, Tarryn Lamb en Monique Steyn, Corlea, Dewald Wasserfall en Jay probeer om dié honger kleuters te help.

Meer as 8 000 kleuters is deel van Helpende Hand se voedingsprojek. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand nagenoeg 1,5 miljoen etes hierdie jaar voorsien. “Die publiek kan ook betrokke raak en ’n bord kos vir hierdie kleuters borg. Sluit aan by Helpende Hand op helpendehand.co.za/stophonger en verander ’n kleuter se lewe,” het Riekert bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Noodsorg ·

Hoewel mens bly is oor hierdie inisiatief spreek dit nie die werklike teikengroep van kleuter hongersnood aan nie. Iemand wie kan bekostig om sy kind vandag na ‘n kleuterskool te stuur het dalk ook die geld om genoeg kos vir sy kind te koop. Die ouers wie dit nie eers kan bekostig om hul kind kleuterskool toe te stuur nie. se kinders gaan met honger magies na bed. Die ware teikengroep met groter nood word gemis. Dit is waarheen Helpende hand moet uitreik. My eie seun het ‘n pragtige gesinnetjie met klein kindertjies. Hulle het nie eers elke dag geld vir kos op die tafel nie en kleuterskool geld ‘n droom.

Klein Jane ·

Noodsorg, sekerlik word daar mooi navorsing gedoen oor die areas/kleuterskole wat ondersteun word?

Stormrider ·

Ek stem. Mens moet dalk eerder die probleem by die kern vasvat en die gesinne begin ophef, anders gaan die situasie nooit verdwyn nie.
Nietemin, dis ‘n wonderlike uitreiking.

Oom Ekonoom ·

Verkeerd. Van die mees kwesbaarste gesinne het niemadom na hul klein kinders te kyk nie en moet werk toe gaan, die vrou kan nie afvat om na kind te kyk nie. Dit sluit veral enkelmas en gesinne waar ouers besonders min inkomste kry in.

Nakkie ·

Daar is baie kleuterskole wat by laerskole is waar die ouers nie betaal of minimaal betaal vir die kleuters om te kan skoolgaan. Ek praat van R100 per maand. En dan kry die kinders niks om te eet by die huis nie, want mamma werk en probeer haar bes om ‘n dak oor hul koppe en klere aan hul lywe te hou. Ek dink mense wat sulke kommentare lewer moet dalk eers introspeksie doen en laat weet wat hulle doen om die behoeftigstes te help. Daar is ook ander projekte deur Helpende Hand wat op ander maniere help, soos kospakkies en werkskepping.

Maak self ook n plan ·

Helpende hand bestaan meestal uit vrywilligers. Almal moet eers in hulle eie gemeenskappe n verskil maak. Mens help maar mense naaste aan jou hart…soos al die kulture maar maak. Niks keer jou wat so vreeslik passievol is oor die armes om ook n eie vrywilligers projek te begin nie. Sterkte…hoop jy maak n verskil.

Elmarie williams ·

Hoe kan ons help met kospakkies en klere as ons verbly..dankie elmarie

Ann ·

Daar is ‘n adres vir ‘n webtuiste in die laaste sin van die berig. Ek is seker julle sal daar meer inligting kan kry oor hoe om te help.

Ver links ·

MM, i do take note of Vanessa’s comment above as well as others, but should everyone just agree with all the sentiments placed here which also reflects just a right wings point. We all have the right to put our views for a debate on the forum without overpowering each other or forcing views down. We might disagree on many issues, but that is normal where ever we go within Parliament, on the ground, at work places, within communities etc.
I might see the past in a different manner as other people, is this wrong? We have to be fair to everyone and to speak without any fear or favor. Thank You.

Verskil ·

Daars n verskil tussen jou sê sê en propaganda deur n betaalde trol.

Liana ·

Dit is wonderlik dat daar mense is wie sulke goeie planne het sodat daar kos vir kinders ingesamel word en hierdie kinders het nie gevra het om swaar te kry op aarde nie. Kan daar nie dalk mense help om ouers wie nie kan kos ensovoorts bekostig, nie meer as 2 kinders te kry nie. Ek weet menseregte sal nie saam stem om kinders te beperk nie , maar waar is die menseregte van die kinders wie honger en koud is en swaar kry. Moet daar nie meer aandag aan dit ook gegee word nie?

Nikita ·

Baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand & Coleske Artists mag julle geseend wees. n Verdere dank ook aan die publiek wat gaan betrokke raak en n bord kos vir hierdie pragtige kleuters gaan borg. Dit maak my trots om te sien ons mense mekaar so bystaan. Alle voorspoed hiermee.

Antiestabliesment ·

Dit is ‘n edele projek en ek hoop dat hulle sukses sal kry. Geen mens wat n hart het kan toesien hoe kindertjies wat eintlik ontskuldig is, so moet honger ly nie.

Maar…

Soos heelwat ander ook noem, dink ons dit nie die regte manier nie.
1. ‘Handouts’ kultiveer net ‘n bak-hand houding. (Soos die straathoek bedelaars)
2. Die idee ruik vir my meer na publieke naam maak.
3. nie-vir-profyt organisasies spandeer meer geld aan logistieke as wat uiteindelik by die behoeftiges uit kom.
4. Die oorsaak word nie aangespreek nie (Ek weet die oorsaak is groter as wat mens in ‘n kort tyd kan oplos)
5. Gebruik die gemobiliseerde geleentheid ook om gereedskap te verskaf aan die ouers sodat hulle deels hul eie voedsel kan genereer (daar is heelwat voorbeelde in ander dele van die wereld waar mense selfversorgend word onder moeilike omstandighede. Een so stelsel is Aquaponics. Google is jou vriend.)

Ons moet nie ophou goed doen nie, maar ons moet ook nie dom werk nie. Die behoeftiges gaan net meer word en die wat kan help word al minder. Die las word groter en ‘n generasie verder lyk ons soos Etiopië van destyds?

Landi ·

Ek het almal se insette gelees en ek prat uit ondervinding. Ek was baie lank betrokke by welsynswerk en dit staan my glad nie meer aan nie. Daar is te veel goed wat ek gesien het en wat my totaal en al afgesit het daarvan. Die verkeerde mense word bevoordeel. MAAR ek het by n plek gewerk in n voorstad van JHB en goeie genade ek het lanklaas soveel armmoede gesien. Die enkelma het ook by die selfde plek gewerk. Met n karige salaris het sy haar bes probeer om kos op die tafel te sit en klere aan die bas te kry. Ek het later gehelp met die kleinding se uitgawes. Ek het nooit geld gegee nie maar self die klere en kos vir die kosblik gekoop. DAAR IS KINDERTJIES IN KLEUTERSKOLE WAT BITTER SWAAR KRY. Die ouers moet werk en kinders moet dan kleuterskool toe. Daar is baie mense wat regtig van die minimum loon afhanklik is en nie aldag geld het vir kos en klere nie. Dit is n baie goeie inisiatief maar ek hoop maar net dit work eerlik en opreg bestuur en dat die kos by die regtige behoeftige kindertjie uitkom. Op die stadium ondersteun ek eerder animal welfare en help mense wat by projekte is wat ek vertrou hulle doen dit vir die regte redes

Hartseer ·

Ai, wens ek kan almal help maar sal verseker bydra maak.
Daar is net soveel wat honger gaan slaap wat nie deur daardie kleuterskool gehelp gaan word nie.
Sal wonderlik wees as alle skole kon as almal saam staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.