Helpende Hand konsulteer oor ‘magsbeheer’ van kos

Hannes Noeth, hoof van Helpende Hand, help kos uitdeel in Derdepoort. Foto: Verskaf.

Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het met sy regspan oorleg gepleeg weens verdere vereistes van staatsinstellings benewens die bestaande Covid-19-regulasies.

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het gesê hul regspan meen die verdere vereistes dui onrusbarend op pogings om kosverspreiding te sentraliseer en te beheer. “Dit is in plaas daarvan dat gemagtigde instansies in terme van die bestaande regulasies toegelaat word om kosverspreiding vinnig en doeltreffend in hierdie krisis aan hulpbehoewendes te verleen.”

Noëth het gesê volgens die jongste Covid-19-regulasies in die land is noodlenigingsaktiwiteite toelaatbaar en is daar geen beletsel wat Helpende Hand verhinder om kos te versprei nie, aangesien dié instansie wel die nodige verspreidingspermitte het, asook om kos van skenkers vir doeleindes van verspreiding te ontvang.

“Indien enigiemand Helpende Hand verhinder om noodlenigingsaktiwiteite uit te voer, tree die betrokke persoon teenstrydig met die wet op,” sê Noëth.

“Solidariteit Helpende Hand bevestig weer en beklemtoon dat organisasies toegelaat moet word om ongehinderd noodlenigingsaktiwiteite te verrig. Enige ander organisasie wat noodlenigingsaktiwiteite lewer en die nodige permitte het, kan met Helpende Hand se regspan kontak maak as hulle verhinder word om hul werk te doen. Stuur bloot ’n e-pos na [email protected],” sê hy.

Helpende Hand het Sondag gewaarsku dat regstappe dreig indien kosverspreiding deur die regering of staatsinstellings gesentraliseer word en het dadelik sy regspan opdrag gegee om te begin voorberei vir ’n hofgeding, sou die regering of enige staatsinstelling voortgaan met stappe in dié verband.

Helpende Hand soek duidelikheid van die verskillende staatsinstellings ter sprake oor hierdie vereistes vervat in mediaverklarings en kennisgewings wat deur munisipaliteite uitgereik is. Dit raak onder meer ’n mediaverklaring van Panyaza Lesufi, waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, ’n skrywe van Emalahleni (Witbank) se plaaslike munisipaliteit en ’n skrywe in die Vrystaat wat ’n registrasie vereis om kos onder behoeftiges te versprei. Helpende Hand se regspan het reeds skrywes aan die onderskeie departemente gestuur en wag vir antwoorde.

‘n Voorbeeld van die produkte wat in ‘n maand se kospakkie aan ‘n gesin van vier ingesluit word. (Foto: Verskaf.)

Noëth sê Helpende Hand ontvang reeds ondersteuning vanuit verskillende oorde, onder andere die Rapportryerbeweging en kultuurorganisasies, sakekamers, sakeondernemings, kerke en diakonieë, skenkers en ander organisasies, ingeval Helpende Hand in ’n hofgeding met die regering betrokke raak indien die regering sentralisering van voedselverspreiding wil afdwing.

Die vakbond Solidariteit en die burgerregteorganisasie AfriForum het aangedui hulle sal regstappe steun en het reeds geld bewillig vir ’n moontlike hofgeding in dié verband. Die sakegroep Sakeliga het ’n verdere skenking aan Helpende Hand aangekondig. Dié geld word geoormerk vir noodleniging en, indien nodig, regstappe ter voorkoming van die staat se kaping – oftewel nasionalisering – van welwillendheid.

“Solidariteit steun Solidariteit Helpende Hand se veldtog teen die sentralisering van kosverspreiding, want ons is aan die kant van diegene wat honger is midde-in die krisis,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Ook Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het gesê dié burgerregte-organisasie ondersteun Helpende Hand se veldtog ten volle. “Dit is noodsaaklik om te veg teen beheersugtige politici se pogings om selfs tydens ’n dodelike krisis die doeltreffende verspreiding van kos op te offer om hul eie drang na mag en voorskriftelikheid te bevredig,” sê Kriel.

Volgens Noëth is Helpende Hand bewus daarvan dat daar regulasies en veiligheidsmaatreëls moet wees en toegepas moet word wanneer dit oor kosverspreiding gaan, maar voer aan dat dit op magsmisbruik neerkom om vir nieregeringsorganisasies voor te skryf hoe en waar kos versprei moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Burgermeester ·

Dankie Solidariteit Helpende Hand vir julle uitstekende werk en toewyding!

Mossel ·

Se eerder.. dis magsgebruik om die minderheid te verhoed om kos te kry ! Onmenslik!

antieke antie ·

die een wie se kos jy eet is die een wat jou beheer…. goverment weerhou kos aan armmense want so beheer hulle die massas…. en die massas word meer

Jaco ·

Helpende Hand het met regstappe gedreig. So ‘n hofsaak sal gaan net soos die saak oor ras vereistes vir staatshulp: Helpende Hand sal die saak verloor. Howe word deur die ANC-regering beheer, so eintlik word die ANC by die ANC aangekla.

Daleen ·

As die regering in beheer van die verspreiding van kos gaan wees kan ons verseker wees dit gaan iewers in ‘n stoorkamer le en vrot en goggas vergader want nie een van daai vet katte in die parlement gaan hulle hande vuil maak om elke dag kos vir die armes uit te deel nie (ja miskien die 1ste dag om’ n foto geneem te kry) of dit sal net verdwyn (soos ons belasting geld). Nee wat wys jou net weer wie is die klomp wat daar is wanneer die paw paw die fan strike. En almal wat so aangaan glo my dat die mense wat die kos huidiglik uitdeel dit reg doen geen rasse voordeel nie.

Hennie ·

Behalwe vir die regering, hoeveel ander swart instansies of NGO’s deel kos uit?

Buks ·

Hul aksie is 100% reg. Ons moet agter onse mense begin kyk. Die regering gaan nie. China wat JMPD gaan oplei is net nog n voet in ons land vir hul oor name nadat Zuma ons land weg gegee het.

antieke antie ·

goverment worry want hulle weet die witmense sorg meer regverdig en sal beter vir hulle armes sorg en meer gee….. want daar is ook baie minder witmense so elke gesin sal meer kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.