Helpende Hand reageer oor fopnuus ná Coligny-krisis

Solidariteit Helpende Hand het Sondag reageer oor aantygings dat die organisasie “slegs swart lede van die gemeenskap” bygestaan het met hulp ná betogings in Coligny in Noordwes.

“Aantygings en bewerings dat die Solidariteit Helpende Hand-tak op Coligny enigsins of slegs aan swart lede van die gemeenskap hulp, goedere of geldelike bystand verleen het, is nie waar nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. “Ons tak op Coligny het goedere ingesamel om te versprei onder gesinne wat deur hierdie krisis geraak word en daar is geen goedere of hulp aan enige ander lede van die gemeenskap gegee nie.”

Maroela Media het vroeër berig verskeie vragmotors en huise is die afgelope paar dae deur betogers aan die brand gesteek, winkels geplunder en talle ondernemings erg beskadig. Paaie in die gebied was met tye onbegaanbaar en talle voertuie is deur betogers met klippe bestook.

“Helpende Hand werk onverpoosd voort om Afrikaner-armoede aan te spreek en die organisasie bou hierop voort met sy projekte en inisiatiewe. Altesaam 75c uit elke rand wat geskenk word, word direk aan projekte spandeer om hierdie doel te bereik. Elke projek dra die belange van ’n kwesbare kind, bejaarde of student op die hart en niks het sedertdien verander nie.”

Die organisasie het gesê hy waarsku die publiek teen plasings soos die betrokke stuk teks in die foto hiernaas en versoek dat sy ondersteuners en lede van ander organisasies van die Solidariteit Beweging met sorg en oorleg sal onderskei tussen “fopnuus” en werklike feite voordat hulle nuus deel.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Andreas B ·

Te veel mense in hierdie land wat moeilikheid stook. SA het verval in ‘n hool waar kriminele en leuenaars floreer,

Ig ·

Fopnuus is aan die orde van die dag en word natuurlik versprei om mense op te sweep asook om onmin te saai.As so iets waar was sou ek woedend gewees het en alle bydraes gestaak het soos duisende ander en dan was die fopnuus suksesvol .

Cherokee ·

Miskien is fopnuus ‘n te sagte sinoniem vir liegnuus. Moet nie probeer dinge sagter stel as wat dit werklik is nie. Ons het watchap-boodskappe gekry oor hoe swartes gereed maak om blankes in Lichtenburg aan te val tydens die Coligny-drama. Ek het digitale koerante dopgehou en besef dat dit liegnuus was. Of was dit net oordrewe nuus? Mense moet meer kieskeurig wees met wat hulle die lugruim instuur.

Piet Pompies ·

Andreas B se kommentaar is korrek, dit is moontlik om enige snert op sosiale media te plaas en mense wat swak ingelig is eet dit op soos poeding. Dan sal die persoon dit nog aanstuur en bydrae lewer tot die ongure storie.
Mense moet verantwoordelik optree, as jou bydrae nie goed is bly stil, as jou bydrae sleg is, skryf dit op toilet papier en spoel dit in die toilet af want dit is waar slegte stories hoort, in die riool stelse.

Frans ·

Ons kry almal gereeld onwaar stories op watsapp groepe wat as feite voorgelê word. Dit is ń groep mense wat onmin wil saai om hulle eie agendas te dryf. Ek gebruik Maroela media om die kaf van die koring te skei.

Cherokee ·

Frans, ek is in besigheid en maak altyd gebruik van minstens 3 kwotasies.

Pieter ·

Did waar dat daar mense is wat kwaad stook maar did erger as daar sekere persone is wat dit aanhits en lede opstook om te glo in dit wat hulle plaas op sosiaale media ! Did nou tyd om saam te staan en nie mekaar af te breek en instansies wat daarvoor swoeg om blankes te help, af te breek nie.

Hanlie Thiart ·

Wil net seker maak of die N14 by Coligne nou veilig is more…1 Mei te gebruik.

popeye ·

Praat die fopnuus nie goed nie! In my dae van rumour gepraat. Eintlik maar akkies praat! Helaas wonder maar net hoekom iemand so iets sal doen……? My verklaring….”want hulle gatvolgeit meter is in die rooi”!!!! So gatvol dat hulle “valve bounce” kry! Mind you….ek voel ook eintlik so!!!

Fopnuusrede ·

Fopnuus is n teken en instrument van manipulasie op groot skaal om n samelewing of land te destabiliseer. Groepe betrokke is guptas, soros en ander wat graag chaos in ons land wil skep vir eie finansieele gewin.

Adri ·

“Solidariteit Helpende Hand het Sondag reageer” moet wees: gereageer! “Altesaam 75c uit elke Rand … wat spandeer word” moet wees: gespandeer. Slegs woorde wat begin met be-, ge-, her-, er-, ont- en ver- kry nie “ge-” vooraan nie. Alle ander werkwoorde se verledevorm het ge- vooraan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Adri

Ons vra om verskoning dat ons nou eers reageer op jou navraag.

Volgens reël 17.3 van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls vorm tweelettergrepige werkwoorde op -eer, wat die hoofklem op die tweede lettergreep het, die voltooide deelwoorde met of sonder ge- (groepeer of gegroepeer, hanteer of gehanteer). Indien ‘n voorvoegsel die eerste lettergreep van so ‘n werkwoord vorm (byvoorbeeld beseer, vereer), word die voltooide deelwoord slegs sonder ge- gevorm.

Dit is dus heeltemal korrek om slegs “spandeer” en “reageer” in hierdie konteks te gebruik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Erich ·

Daar is ‘n groep wit Afrikaners op fb wie dit hulle plig maak om Solidariteit aan te val met vals beskuldigings. Dis nou om die hand wie jou voed te byt. Dit gaan my verstand te bowe wat hulle wil bereik.
…en Adri, jou taallesse is onvanpas poppie..
Solidariteit & Helpende Hand is TOPS!

Leonora ·

Ai, dankie tog dat daar soveel positief gesê is! Met al die bedrog, leuens, fop nuus, lieg nuus en dan nog kafpraat tussenin het ons lieflike land nou in permanente sirkus ontaard.

Albert ·

As mense minder tyd op FB spandeer en nie nonsens post en als glo wat mense kwyt raak gaan die lewe soveel beter wees

Pop ·

Ek vra myself af “watse siek mens sit en dink die klas van goed uit” aaneen word mens gebombardeer met allerhande snert stories en so by my kool dan stuur mense dit aan. Die mensdom het siek geraak in die kop en hart.

Ekke ·

Waar n rokie trek moet n vuurtjie brand.
Bewys die teendeel en dan praat ons weer…

Joe ·

“The proof of the pudding is in the eating”
Ek stem saam…

Colignyaner ·

Ek woon in Coligny en kan jou verseker dis snert. Dis maklik vir mense wat nie self hier woon om die saadjie te plant. Kom kuier vir ons in Coligny en kom kyk hoe hard werk Helpende Hand asook die inwoners om die gesinne wat dakloos is te help voordat julle oordeel.

M'Lady ·

Om ‘n verklaring uit te reik is maklik. Leer by die ANC: Ontken, ontken, lieg, lieg. Bewys eerder met feite.

Lena Jonk ·

Fobnuusrede, ek stem 100% saam met jou. Fobnuus vernietig n land. Bly om te sien dat daar mense is wat daarteen is.

Percy ·

Ek wonder HOEVEEL of WAT het hierdie snertverspreiders al OOIT bygedra om ander se nood te verlig? Groot bekke wat net moeilikheid maak en opstook en niks bydrae….?

Manie ·

Ek sal graag kommentaar wil hoor van mense wat in Coligny woon of tot voor die geweld daar gewoon het. Hulle is die mense wat kan vertel wie se storie is die waarheid

MANIE ·

Ek kan nie verstaan dat mense so maklik se dit is fopnuus maar hulle was nie eens daar. Ek sal graag by die mense van Coligny self wil hoor wat is die waarheid en nie die spekulante op maroela

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons is afhanklik van die nuus wat ons gevoer word en toe ek lees net arme swartes in Coligny is gehelp moes ek dit noodgedwonge glo WANT jy sien daagliks ‘n prentjie van net swart kinders wat gevoer word deur wittes. Sopkombuise, terapie aan agtergeblewenes wat gestrem is, …………………… en so kan ek aangaan. As iemand my bewering afmaak as onwaar, kyk dan sommer ook na ons tydskrifte waar ons maar net dieselfde nuus kry. As ek dit SIEN het ek nie ‘n keuse as om dit as die waarheid te aanvaar nie.

Fanie ·

Ek’s betrokke met hulpaksies in Christiana, as Buurtwag vrywilliger. Hier was die heel week AfriForum personeel wat kom help het. Solidariteit Helpende Hand het die Afrikaner gesinne gehelp met kos en lewensmiddele. Dankie aan Ria Venter en andere. Die vraag was nie ‘is jul lid’ nie, maar ‘wie’t nood. AfriForum het duur veiligheidstoerusting gebring, en vra ons nie ‘n sent. Almal hier het saamgestaan, vanaf die Boere, Sakelui, Afriforum, Helpende Hand, Agri NW, kerke ens. Mense van buite wat verdag en agterdog saai teen die wat ons help, laat my dink aan Van Wyk Louw se woorde dat daar soms iets boos in die Afrikaner skuil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.