Helpmekaar, Curro staak ook kontakonderrig tydelik

Lesufi tydens sy besoek by Helpmekaar (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het Helpmekaar Kollege in Braamfontein in Johannesburg Maandag besoek ná berigte dat leerders vandag (Maandag) by die skool moet aanmeld. In ʼn verklaring het Lesufi Sondag gesê hy is “teleurgesteld” oor die skool se besluit om kontakonderrig voort te sit, te midde van ʼn tweede vlaag van Covid-19 wat tans in Suid-Afrika woed.

Volgens mediaberigte wat oor die naweek aan die lig gekom het, het dié instelling ʼn nuusbrief aan ouers gestuur waarin hulle ingelig word dat al 1 200 leerders Maandag by die skool moet aanmeld. Die departement van onderwys het Vrydag aangekondig dat die heropening van skole van 27 Januarie tot 15 Februarie uitgestel is weens die tweede golf van Covid-19 wat tans in verskeie provinsies sy kruin bereik. Dié aankondiging geld egter slegs openbare skole en onafhanklike skole word nie verplig om ook te sluit nie. Helpmekaar Kollege is ʼn private Afrikaanse skool met seuns sowel as meisies.

Die skool het intussen verduidelik dat hy voor die departement se aankondiging reeds heropen het, en dat hy wel nou sy besluit hersien het. Die skool sal voorlopig kontakonderrig eers staak en leerders sal aanlyn onderrig word. Slegs sewe leerders wat nie toegang tot aanlyn onderrig tuis het nie, sal onderrig by die skool ontvang.

Ná afloop van gesprekke met die skool het Lesufi gesê dat hy tevrede is dat die bestuur van Helpmekaar Kollege herbesin het en dat hulle besef wat die gevare van die virus is en hoe verwoestend dit kan wees.

Ook Curro-skole het besluit om liewer nie Maandag kontakonderrig te hervat nie.

Volgens Lesufi het hy met die bestuur van Curro-skole in verbinding getree, nadat daar berig is dat leerders vandag na dié skole sou terugkeer.

“Ek het met die uitvoerende hoof van Curro-skole gesels en hulle het ingestem om eers kontakklasse te staak,” het Lesufi gesê.

Curro Holdings het in ʼn verklaring gesê dat leerders in al die Curro-skole van gr. 1 tot gr. 12 aanlyn klasse sal volg.

“Curro balanseer steeds sy verantwoordelikhede teenoor sy leerders, ouers, personeel en die gesondheidsektor, wat tans onder druk is. Alle besluite word geneem met inagneming van die gesondheid en veiligheid van diegene binne die Curro-omgewing, asook die noodsaaklikheid om voort te gaan met onderrig,” sê Marí Lategan, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by Curro Holdings.

Volgens Lategan sal personeel voortgaan om van Maandag tot Vrydag voldag aanlyn klas te gee.

“Hierdie reëling sal geld vir so lank as wat dit nodig is.”

Lesufi het gesê dat die groot aantal mense wat na Gauteng terugkeer ná die vakansie, ʼn ernstige bedreiging vir onderrig in die provinsie inhou.

Die skoolhoof van Helpmekaar, Klaus König, saam met Lesufi (Foto: Verskaf)

“Skole kan dalk al die nodige gesondheidsprotokolle in plek hê, maar die leerders beweeg daagliks tussen hul huise en skole en verhoog dus die kans dat die virus onder leerders kan versprei.”

Lesufi sê om die heropening van skole uit te stel, help ook om druk op die provinsie se gesondheidstelsel te verlig.

“Ons sal oor twee weke die situasie herevalueer en dan ʼn aankondiging maak of leerders wel oor twee weke sal kan terugkeer skool toe of nie.”

Intussen het Solidariteit, Solidariteit Jeug en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) Lesufi se besoek aan Helpmekaar Kollege ten sterkste veroordeel.

“Lesufi oorskry sy bevoegdhede. Hy het geen insae in hierdie aangeleentheid nie en het geen reg in hierdie verband om aan onafhanklike skole voor te skryf nie,” sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS.

“Die besluit van die departement dat skole eers op 15 Februarie moet open, sluit nie onafhanklike skole in nie. Die departement het onafhanklike skole bloot aangemoedig om ook later te begin. Die besluit om daartoe in te stem of nie, berus egter steeds by die betrokke skool.”

Volgens Buys is geen direktiewe nog deur die departement uitgereik om duidelikheid te verskaf of skole wat gereed is vroeër mag open nie, en die SOS ondersteun steeds alle skole se reg om self te besluit oor hul gereedheid om veilig te heropen.

“Lesufi se prioriteite as LUR wek kommer en ʼn mens kan nie anders as om te wonder of sy agenda werklik die welstand en gesondheid van kinders en onderwysers op die hart dra en of dit bloot weer ʼn heksejag op Afrikaanse en onafhanklike skole is nie. Om ʼn spektakel van die aangeleentheid in die media te maak in stede daarvan om ʼn afspraak met die hoof te maak, is in uiters swak smaak,” sê dr. Juran van den Heever, hoof van Solidariteit Jeug.

Volgens Solidariteit se BL-onderwysersgilde en Solidariteit Jeug mors Lesufi sy energie deur funksionerende private skole te besoek waar die nodige gesondheidsprotokolle bestaan. Dié organisasies meen hy moet eerder na skole gaan wat glad nie gereed is om te heropen nie.

“Om ʼn omgewing daar te stel waar onderwysers veilig kan werk en kinders veilig kan leer, is iets waarna elke skool streef. As ʼn onafhanklike skool so ʼn omgewing kan skep, moet dit eerder deur die departement ondersteun word as wat dit onder ʼn vergrootglas bekyk word met die doel om fout te vind,” sê Hennie Bierman, hoof van gildes by Solidariteit.

“’n Veilige werksomgewing bied sekuriteit aan werknemers, en onderwysers is geen uitsondering nie. Lesufi kon veel meer bereik deur departementele skole te gaan besoek en daarop te fokus om daardie skole in veilige omgewings te omskep sodat hulle ten volle vir die nuwe skooljaar gereed kan wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Werner ·

Curro en Helpmekaar kort ruggraat. Skole weet mos hoe om boelies in die skool te hanteer, die Lefusifer is n boelie.

Jaco ·

As jy in 2021 wit is in dié anti-wit SA, BLY DAN BY DIE REËLS, al is die reëls ook hoe absurd. Wit verset teen simpel reëls lei net tot latere veralgemenings van “alle wit mense is mos maar so” en dan wanneer ander enkele wit mense weer hulle verset, dan word alle wit mense onderdruk.

Andrew ·

Wat se reëls sê dat n privaat skool wat gereed is mag nie oop maak nie?

Jacobus ·

Fase 2. Wrecking ball Lesufi gaan nog onderwys ook vernietig.

'n Simpelman ·

Nou hoekom kan ons Openbare skole nie ook solank met aanlyn onderwys begin?
My kind in gr12 die jaar en hy stress.
Hulle worry nie oor kinders, want dan sou hulle planne maak.
2 weke langer vakansie lekkerder want hulle word mos betaal.

Ek weet ek veralgemeen, daarvoor vra ek verskoning.

Jaco ·

Stres waaroor? Onderwysstandaarde is JARE lank al laag. Dis uiters maklik om te slaag. Ek het al die matriek hersieningsprogramme op DSTV gesien. Dis “poeding”. Jou kind moet eerder stres oor waar hy werk gaan kry ná matriek. Al slaag hy ook met 10 A-simbole, is sy kanse vir werk swak as hy die “verkeerde” velkleur het.

Inkpot ·

Want die onderwysstelsel is ñ groot gemors en vererger daagliks onder Lesufi.
Openbare skole het nog steeds nie die fasiliteite vir aanlyn onderrig nie en Eskom se kragonderbrekings veroorsaak ń net nog groter gemors.

Lindsay ·

Ek voel ook so al weet x nie wat ons gaan doen as hulle tog besluit om aanlyn te werk nie….ons ht net nie rekenaars of tablets nie n my kinders(graad 7 en 12 )is nou al so gestress,x weet rerig nie wat om te doen nie…..

Anel ·

Wel, as ek die ding so kyk, wonder ek of skole ooit gaan oopmaak hierdie jaar. Dis nou nog somer. Wat gaan in die winter gebeur?

H ·

my kids is in curro en hulle loop klas … wat is dit dan nou ????

Piet ·

Hoeveel kinders is in daai skool? Lyk in elk geval asof julle main konyn nog nie die boodskap deurgestuur het nie. Kommunikasie lyk maar swak.

Harry ·

Lesufi staan bekend daarvoor dat hy weinige inisiatief aan die dag kan le om proaktief die onderwys by te staan. Al wat hy werklik bereik is rasistiese verdeeldheid te skep. Skole moet poog om ‘n mate van normaliteit te skep. Die toets vir sulke skole moet veiligheid wees. Hy weet nie hoe om dit te doen nie. Hy het sowat 20 jr kans gehad om nuwe skole te bou…..hy het nie. Hy kon elke moedertong met onderig beskerm het…….hy het nie. Hy verdien om as die swakste LUR van onderwys beskou te word. Sy optredes wys sy politieke agendas.

JM ·

Ja Lesufi, jy is magsbehep. Gaan krap eerder daar waar dit werklik saak maak.

Alex ·

Net nog aanvaal op Afrikaanse skole waar die duiwel hom in kan boelie

Piet ·

Korrekte besluit. Ek stem saam met Lesufi hier. Groot privaatskole behoort gedwing te word om aan regulasies te voldoen soos alle ander skole. Van wanneer af kan hulle nou net maak en breek soos hulle wil net op grond daarvan dat hulle “privaat” is. Totaal belaglik en onlogies. Alle ander private instansies is ook onderworpe aan die regulasies in elk geval.

Andrew ·

Jy is reg, alle private instansies is onderwerpe aan die regulasies. So hoekam mag mcdonalds, edgars , malls en alle ander besighede oop wees wat aan die regulasies voldoen maar nie n privaat skool wat aan die selfde regulasies voldoen mag nie?

Nie Verbaas ·

As mens kyk in watter gemors die onderwys in geheel is, is ek verbaas dat Lesufi dit nog waag om sy gesig in die publiek te wys.

Gerhardus ·

Dit is net opvallend dat Sunward Cristian Academy rustig voortgaan met onderrig. Is dit omdat hulle hoofsaaklik swart leerlinge het, en Engels as voertaal? Gaan Lesufi hulle ook besoek?

Andrew ·

Nou voel lusefi belangrik. Al wat hy nou gaan doen is oral uitry met n fanfare en amok maak, siende dat dit werk. Lat vir die res van die Afrikaanse en privaat skole mooi gepluk.

Waar is daai geen nonsens ou nou, meer in die lyn van sinterklause. buig n bietjie hier, buig n bietjie daar ♪♫♪

Inkpot ·

Die bestuur het niè herbesin nie!
Die nuusbrief dat hulle aanlyn gaan onderrig, is reeds verlede week uitgestuur, voòr Lesufi se besoek.
Hy moet sy feite regkry en nie nou wil voorgee dat die skool na sy pype dans nie.

Lindsay ·

Dus goed n beslis voordelig vn privaatskole om nou online werk te doen en natuurlik sal daar weer gemoan word…ons publieke skole kon ook lankal plan gemaak ht vir die nodige tegnologie vir skole maar neee!My oudste is vanjaar ook graad12 n hy stres wnt wat gaan ons maak as hul skool tog besluit om online te werk mt die matrikulante…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.