Helpmekaarplan van R3,5 miljard vir Afrikaners

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Saterdag tydens sy toekomsberaad die Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak.

Dié plan sal oor die volgende vyf jaar in werking gestel word. Die gemeenskapsplan sluit die uitbou van Akademia tot ’n groot, nuwe Afrikaanse privaat universiteit; miljoene rande se studiehulp aan Afrikaanse studente; ʼn taalsentrum, planne vir gemeenskapsveiligheid; goeie werkgeleenthede; armoedeverligting; tegniese opleiding; Afrikaanse gemeenskapsmedia; erfenisbewaring en geskiedenisprojekte; en talle ander projekte in.

“Die belegging van R3,5 miljard is waarskynlik die grootste burgerlike belegging nóg in die Afrikaner-kultuurgemeenskap en in die Afrikaanse taalgemeenskap. Die doel van die plan is om ʼn toekoms te skep waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan leef. Die krag van die plan lê daarin dat ons gaan doen wat ons sê. Dit is nie ʼn droom nie, maar ʼn plan. Ons gaan nêrens heen nie, daarom neem ons self verantwoordelikheid om ʼn toekoms hier te skep. Die kerngedagte van ons plan is selfstandigheid. Ons het lankal agtergekom dat ons nie op die staat kan vertrou om ʼn toekoms vir ons te skep nie. Ons moet self verantwoordelikheid daarvoor aanvaar,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 verskillende instellings wat onder meer insluit die vakbond Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK, Akademia, Maroela Media, Sol-Tech en verskeie finansiële instellings.

Volgens Buys was daar die afgelope eeu twee groot kapitaalmobiliseringsprojekte onder Afrikaners. Die eerste was die destydse Helpmekaar-beweging, en groot instellings soos Sanlam en Santam het in die gees van Helpmekaar ontstaan. Die tweede was die Reddingsdaadbond van 1939 waaruit Federale Volksbeleggings voortgespruit het. Albei pogings was reaksies op ʼn bestaanskrisis van Afrikaners. “Ons sien die Solidariteit Beweging-plan as die derde groot kapitaalmobiliseringsprojek,” het Buys gesê.

Die plan word nie gefinansier deur groot staatsfondse of bemagtigingstransaksies nie, maar deur die klein bydraes van gewone mense. Daar word reeds elke maand bydraes deur die sowat 320 000 lede van Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK gemaak. Hierdie getal behoort oor die volgende vyf jaar tot meer as 500 000 aan te groei. Hierdie klein bydraes van mense maak die grootste deel van die plan se finansiering uit.

Die grootste deel van die vakbond Solidariteit se begroting gaan bestee word aan nuwe metodes om goeie werkgeleenthede vir sy lede te verseker en dit sluit opleiding in. Goot beleggings gaan in die ontwikkeling van nuwe elektroniese metodes gemaak word om mense te help om ʼn goeie werk te kry en te behou.

Solidariteit se Finansiëledienste-maatskappy en die Virseker Trust dra reeds R13 miljoen per jaar tot die plan se begroting by en daar word beplan om dit oor die volgende vyf jaar te verdubbel.

Die Solidariteit Helpende Hand het reeds 4 500 studente teen ʼn bedrag van R73 miljoen gehelp om te studeer en beplan om sy studiefonds teen 2020 tot R160 miljoen uit te bou.

Solidariteit het ook pas ʼn nuwe kampus vir Akademia gekoop en daar word beplan om teen 2020 die geriewe vir ʼn Afrikaanse kampus, waar verskeie tersiêre instellings gehuisves sal word, radikaal uit te brei. Die tegniese kollege, Sol-Tech, gaan ook uitgebou word om 1 500 ambagslui per jaar op te lei.

AfriForum beplan om tot 2020 minstens R735 miljoen in gemeenskappe te belê wat veiligheidstrukture, hulp met verval van munisipale dienste, hulp aan skole en verskeie ander burgerlike projekte sal insluit.

Elke Solidariteit-lid dra ook R10 per maand by tot die Solidariteit Boufonds. Die bedrag wat hieruit gemobiliseer word, beloop sowat R16 miljoen per jaar. Verskeie van die projekte in die Solidariteit Beweging se plan word uit die Boufonds gefinansier.

Solidariteit beplan ook om miljoene rande se hofaksies en internasionale veldtogte teen rassekwotas in die loop van die volgende vyf jaar te voer. Dit word moontlik gemaak deur duisende mense se maandelikse debietorderbydraes.

Nog instellings wat deur die plan ondersteun word, is die FAK, Pretoria FM, die Erfenisstigting en Kraal Uitgewers.

’n Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis en lesplanne vir Afrikanergeskiedenis, wat aanvullend tot die skoolkurrikulum sal wees, gaan ook ontwikkel word.

Die plan maak ook voorsiening vir die bevordering van Afrikaans in alle sektore van die samelewing. ʼn Omvattende taalsentrum met miljoene rande se projekte om Afrikaans te bevorder is ook deel van die plan.

Ander bronne waaruit die begroting van die Solidariteit Beweging se plan gefinansier word, is skenkings, bemakings, bestaande trusts en sake-onderhandelinge.

“Die Toekomsberaad van 10 Oktober gaan ʼn historiese geleentheid wees. Die Toekomsberaad volg die Solidariteit Beweging se Krisisberaad van 5 Mei op. By die Krisisberaad is verskeie mosies aanvaar wat in planne omgesit moes word. Meer as 1 000 insette is vanaf die publiek ontvang en 20 werkspanne het drie maande lank gewerk om die Solidariteit Beweging-plan te finaliseer. Ons beplan om verskeie nuwe planne op 10 Oktober aan te kondig,” het Buys gesê.

Mense wat die beraad wil bywoon, kan registreer by www.toekomsberaad.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Sarie ·

Sterkte dit is al wat ek kan se. Trots om te se my klein bydrae word vir so ‘n groot saak gebruik. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

annoniem ·

Ek probeer al jare om aan te sluit sonder sukses want alles gaan net oor geld wat baie van ons afrikaners nie meer het nie omrede ons 21 jaar terug benadeel is met regstellende aksie al ondersteun ons plip buys,sien,ons is die uitverkorenis.Wat beplan word sal net werk as ons selfbeskikking het want solank daar vir ons besluit word,solank ons erfenis en eiendomme verniel en geplunder word,solank ons vermoor,verkrag,motors gekaap,beroof en uitgesluit word in ons eie land staan ons nie n kans om te oorleef in die 4de geweldadigste land van 134 lande in die siek wereld waarin ons leef

Jakkie ·

Ag vader tog. ‘n Regte ou klakous wat net lippe kap, ander kritiseer en Niks doen nie. Hou ‘n slag jou mond toe, maak jou beursie effens oop want jy het R 30 om per maand te gee en dink as jy kan , aan die toekoms en kla nie oor wat kon wees nie. En hou jou gesanik vir jou binnekamer. Mense wil dit nie hoor nie.

Hardus ·

Dankie Jakkie! Kon dit nie beter sê nie. Tyd het gekom om positief te wees, die moue optrek en dit self doen.

Martin ·

Jou kommentaar is kwaadwillig en onvanpas. Dis nie annoniem se skuld dat ons mense vermoor, verkrag, en beroof word nie. Waarom moet daar altyd sulkes soos jy tussen ons wees?

annoniem ·

Stem saam Martin en Jakkie ek is nie n klakous soos wat jy my aanvat nie,ek het net feite deurgegee en misdaad gebeur daagliks

Henk ·

Martin en Annoniem (ek sien die vertaler wil dit heel van pas “annoying ” maak). Dat ons in die situasie sit is ‘n feit en nie Annoniem se skuld nie, maar verdomp man, julle wil aanhou kla en mekaar verdedig. Hier is iemand wat ‘n enorme positiewe bydrae maak en julle sien steeds nie die lig nie – want julle is vasgevang in julle put van ellende! Ek was ook daar. Hou op kla, klim uit jou put en kom help ons – sonder ‘n gesanik want dit tyd neem om uit die gemors te kom! Sterkte vir julle 2

Vic ·

Ons is die uitverkorenis? Maar dan het ons mos nie hulp nodig nie – dan is ons mos al klaar spesiaal………

Ed ·

baie goeie nuus. Ons vra die Here om julle krag, wysheid en genoeg fonse te gee sodat julle die goeie planne sal kan volvoer.

Cornell Fourie ·

Waar kan ek meer inligting kry en wat kan ek doen om by te dra? Ek het tyd, ek het geld en ek is gatvol.

Leonie Burmeister ·

Dus nou lekker stukkie kommentaar man Cornell Fourie

Ursula Marx ·

Cornell, ons het so 5 jaar terug ‘n beursfonds gestig in my oorlede swaer se naam by Helpende Hand. Ons 2de wit kind is al besig om te studeer. Wens daar was meer mense soos jy wat ook betrokke wil raak. Ons moet maar saam staan.

Arie ·

Cornell Fourie, Ek stel voor jy klik op Solidariteit , tuis of home op Google.

Danie Jacobs ·

Skitterende, skitterende, skitterende idee. Dis die regte ding om te doen, en die enigste uitweg om werklike hoop vir die toekoms aan ons Afrikaner jeug te verseker. Dit bied veral hoop aan jongmense wie andersins geen hoop sou hê om verder te studeer nie.

AmY ·

Goed om te sien dat die klein bedraggie wat ek elke maand gee help. Dankie vir wat julle vir ons Afrikaner doen.

Hennie Malan ·

Baie goeie ontwikkeling ek is tengunste van ales .ek wens julle voorpoed en toewyding vir die pad voorentoe.

Winston ·

Dit is die beste plan waarvan ek tot nou toe gehoor het. Dit gaan werk ook nog want word op die regte lees geskoei. Ek moedig elke afrikaner in my daaglikse omgang aan, om aan te sluit by Afriforum.
Baie dankbaar vir hierdie instansies se werk.

Davie Scholtz ·

Dis die beste nuus wat ek in jare gehoor het !, Ek is werkloos en bereid om te help waar ek kan.

Gerhardt ·

Davie, gaan kyk bietjie by bravoland.co,za daar is werkgeleendhede vir afrikaners.

Kaspaas ·

Fantastiese nuus nou kan ek sien hoe my geld kan help, dra al meer as n jaar by. Wonder net wat die Rasistiese cANCer en hulle ondersteuners daarvan gaan se

Gerhardt ·

Dis wat my bekommer, want hulle sal alles sekerlik wil wegvat.

Werkloos, maar maak plan! ·

Werkloos, hoër kwalifikasies as CEO transnet met ondervinding ook. God se Hand voel mens. Vertrou na meer as dekade se studies ,iets gaan gebeur. Amen

Gesie ·

Dit is hoe ons Afrikaners elke keer uit die modder uit opstaan. Ons laat vaar ons slagoffer-mentaliteit en seëvier. Baie dankie aan die dinamiese leiers van Solidariteit. Trots Afrikaans!

Gerhard Bezuidenhout ·

Staan op my Boervolk , staan op . Ons gaan nie so maklik le nie en ek is seker dat die vyand van ons wittes diep bekommerd gaan raak want hul greep om ons nek gaan stadig maar seker gebreek word, want ons opleiding aan die jongmense gaan beslis Eerstewerelds wees wat ons jeug met kwalifikasies gesog in die werksplek gaan maak.

GES ·

Dit gebeur ook reeds by Centurion Akademie. Elek Ing studente het werkgewers nog voordat die studente afgestudeer het. Afrikaanssprekende studente is baie gesog. Ek kan maar net saam sing: Hoor jy die magtige dreuning ..
..

Mike ·

Hoe verseker is ons dat hierdie nie weer gekaap gaan word deur mense of partye soos die vorige NP regering nie? Ek vertrou niemand meer nie, die Afrikaner is na dekades van sy toekoms gestroop, hoe gaan verhoed word dat dit weer kan gebeur? Intussen sal ek eers maar my geld in my beursie hou.

Christine V ·

Mike, jou wantroue help niemand. Rol jou moue op en ondersteun hierdie saak. Wees die verskil wat jy in die land wil sien.

Rooijan ·

A nee a ou Mike die NP regering het entiteite soos Eskom, Yskor, Spoornet, Sanlam en n effektiewe staatsdiens geskep. Dit is darem dik vir n daalder om nou al sulke stellings soos joune te maak. Maar kom ek stelvoor jy raak self betrokke dan kan jy mos seker maak dinge gaan kloppdisselboom.

chris ·

Christine V. Mooi gese ,verstaan egter ook waar Mike vandaan kom,ek was ook daar.

Mike, ChristineV is reg om in wantroue aan te hou leef gaan ons nerens bring nie .
Hierdie is ‘n edele saak en as hy gekaap gaan word sal hy alreeds duisende Afrikaners gehelp het.Ons moet ons Skepper net vra vir sy hand van bewarig hierin dan sal dit goed wees.

louis van wyngaard ·

Ek glo almal is wantrouig .my vrou se oom is wreed vermoor op sy plot en ek was al geskiet.maar hel mense hierdie ondersteun ek ook .het al vergeet ek gee elke maand my klein bedraggie en hierin sien ek beslis hoop . Ons boere dink ons staan nie saam nie…hello ..wat het nou net met e tol gebeur .Die regering werk vir my nie ek vir hulle…net as ek dit toelaat wen hulle.dis hoe hulle oorgevat het…ek dank julle vir wat julle doen ek sal julle bly ondersteun.was nog nooit n nasie wat gaan le het nie. Dis in my bloed .eks n BOER …of jy dit nou like of nie.

Johann Marx ·

Nou moet ons net die regering motiveer om hulle 14% op misdaadverwante transaksies (hetsy voorkomend of as gevolg van) na 0% af te skaal…….en dan daardie 14% vir Solidariteit te gee.

Bertie Vollgraaff ·

Ai ons wil darem maar net kla en swartgallig wees. Hier is nou mense wat begin het om iets positief te doen op groot skaal en smeek jou nie om geld nie Hulle sè doen n bydrae enhelp ons om ander te help sodat jy ook voordeel kan kry en beter lewe te ervaar anders as om te dit en niks doen nue. Die bydraes wat hulle vra is wat jy seer sekerlik kan maak.
Hell mense beweeg aan en help doen iets

Ek wens julle net die beste toenen sal help waar ek kan.

Gerhardt ·

Ek dra by vir Afriforum en Solidariteit. Ons moet iets doen.

jacques ·

Dankie lyk of daar darm n liggie gaan aangaan vir ons mense,kan nou al se die rassiste gaan nie hou hiervan nie.

Anneke ·

Al sal ek self dalk nie by alkes baat meer nie omdat mens al by aftrede staan, dra ek graag by twv my kinders en kleinkinders wat nooit die land sal kan of wil verlaat nie. Ons kon nog altyd positief te werk gaan al het meeste van ons al n ouer of gesinslid of vriend in die donker tyd verloor. Ons sal weer opstaan, glo steeds en sal saamwerk twv die toekoms en ons pragtige land

Louis ·

So bly ek kan maandeliks ń klein bydra maak aan mense wat werklik iets doen. Kom ons wys hierdie korupte spul dat jy KAN NIE ń boer onderkry nie.

ig ·

Ek dra ook maandeliks by en het besluit om my bydrae te verdubbel.My kleinkinders sal ook oor n paar jaar baat by ons eie Universiteit .Ironies baat alle klaende nie- bydraers by alles wat Solariteit vermag het en nog gaan vemag

Genis ·

Ja die ding van die slagoffer mentaliteit is dat dit baie moeilik is om uit daai groef te kom. Slagoffers word gewoonlik parasiete, maar oorwinnaars word helde.

Peet Schabort ·

Ek sit met ‘n klomp goed wat in ‘n BETROUBARE MUSEUM hoort.
Hoe lyk dit met ‘n museum vir ons nageslag?

Winston ·

Peet daai museum kom en gaan nie net deur die nageslag waardeer word nie, maar meer mense trek as Robineiland ook. Natuurlik sal daar pogings wees om dit in die wiele te ry, maar onthou europese buitelanders se siening lyk nou oor die algemeen heeltemal anders oor die martelaars figure van apartheid. Die wiel draai en die wind verander van rigting.

Winston ·

Peet daai museum kom en gaan nie net deur die nageslag waardeer word nie, maar meer mense trek as Robineiland ook. Natuurlik sal daar pogings wees om dit in die wiele te ry, maar onthou europese buitelanders se siening lyk nou oor die algemeen heeltemal anders oor die martelaars figure van apartheid. Die wiel draai en die wind verander van rigting.

Henry ·

Wonderlike nuus!
Soliforum se strategie en werkwyse bied ‘n realistiese en uitvoerbare weg wat ons Afrikaners kan volg om ons taal en voortbestaan as Afrikaners, te verseker. Natuurlik sal daar van tyd tot tyd verskille oor metodes, prioriteite, ens wees. Maar daar kan kwalik met die verklaarde doelwitte wat hierbo beskryf word, fout gevind word.

Indien my geringe bydrae kan help om ‘n eie Afrikaanstalige Universiteit te vestig, is dit meer as genoeg aansporing om voortaan nog minder belastinggeld in die ANC regime se korrupte sakke te gooi en om meer Sjekkils aan Solidariteit beskikbaar te stel.

Ons Afrikaners se taal en toekoms sal nie op die regime se soustreinslaapkamer in Kaapstad, of met allerlei beledigings op internet webwerwe bevorder word nie. Inteendeel.

Die enigste uitweg is die ene wat Soliforum hierbo voorstel en wat elke Afrikaner se steun verdien. Mynsinsiens.

HEVW ·

Annoniem, man verdomp, jy kla omdat jy na n kitsoplossing met die minste insette uitsien. Die prys vir selfbeskikking vra geslagtelange insette., en heelmoontlik jou eie lewe. Tog man kry perspektief en vergeet van jouaelf.

Genis ·

Julle maroelatjies moenie sommer links en regs kommentare uitvee van lesers wat julle goedgesind is nie. Daar is ‘n sekere politieke analis/ nar hier wat ook alle kommentare uitvee van lesers wat sy ego nie streel nie. Dit is nog te verstane, maar hoekom word positiewe kommentaar uitgevee? Dis sommer simpelgeit man.

Bruno Stef ·

Ek blaai deur n familie register en kom op n foto af van my oupa en sy sekretaris stigterslede van die HELPMEKAAR na die Anglo/Boere Oorlog en ek weet waar die lojaliteit teenoor my mense vandaan kom.Ek wil n beroep op my mede-Afrikaner doen terwille van eensgesindheid en vertroue in mekaar en ondanks agterbakse dwarsklappe/leuns en vals waarborge van die verlede jy kan nie iemand anders vertrou anders as jou eie mense.Ons het nie n keuse nie wat is die alternatief.

Genis ·

Waarheid, die NWO plan is goed op dreef. Dit is net omdat jy nie die plan ken nie dat jy dink dat dit ontspoor kan word. Is daar dalk ‘n forum waar mens oor die goed kan praat, want maroela is nie die plek daarvoor nie. Laat weet gerus.

Riaan Britz ·

Fantasties positiewe idee! Dalk is die nie die regte forum nie, maar miskien is daar iemand wat kan help? Ek is ‘n 40jarige, Afrikaanssprekende ouer, met twee tiener seuns. Ek het onlangs my werk in die mynboubedryf verloor. Ek soek dringend werk. Ek is tegnies aangelê, met meer as twintig jaar relevante ondervinding. Ek kan en sal enige werk doen vir ‘n inkomste. Hard werk is nie ‘n probleem nie- ek is nog van die ou skool! Ek is in die Middelburg/Witbank omgewing. Enige hulp sal waardeer word. 0711598459.

Gerhardt ·

Gaan kyk bietjie by bravoland,co,za vir werksgeleenthede vir Afrikaners.

Estelle Piek ·

n Mens stem met jou finansies ook. Dra by tot die plan. Maar wat van n eie Bank? Vra maar net? En kanselleer al die klakouse se lidmaatskap en kommentaar. So siek vir sg. Afrikaners wat op die stoep sit en kla en kla. Die omgekeerde van Geloof is vrees. Hou op dat dit jul verlam. Doen iets ter opbou in van die mooi land en stem met jou finansies en hande en voete. Verwronge kommentaar laat ander gemeenskappe ons sien as hul vyande. Lei deur jou voorbeeld.

TM ·

In die lewe het jy net twee keuses, ja of nee. Jy kan kies om of negatief of positief te wees. ‘n Miskien tel vir niks. Ek is in my 30’s en toe ek hierdie lees het ek besluit ek gaan nie meer negatief wees nie en ek sê JA, ek wil en gaan ook ‘n verskil maak. Solank daar lewe is, is daar hoop.

Strussbob ·

Ek is in want ek glo dat di oorblyfsel van daardie doringboompie nou opstaan!!

Genis ·

Ja soos ek in my kommentaar gesê het wat uitgevee is: ons is nie ‘n klomp slagoffers nie. Die slagoffer mentaliteit maak gewoonlik parasiete van mense. Nee, ons is oorwinnaars in moeilike omstandighede, en oorwinnaars is helde. Lees dit asb in ‘n geestelike gesindheid want ek bedoel geen kwaad daarmee nie, maar ondersteun elke positiewe aksie. Dankie.

Coenraad ·

Ek is mal oor die idee dat die Afrikaner nou op sy agterpote staan En sal as dit moet veg vir ons Al wat my pla is dat die useless regering n manier sal soek om dit ook van die Afrikaner te steel Jammer die plan sluit nie n Afrikaner tuisland in nie Glo my talle van my vriende in die buiteland sal terugkom sodra ons onafhanklik is

Arie ·

Coenraad,
`n Afrikaner tuisland is dalk nie so ver as wat ons dink nie. Maar eers moet ons finansieel onaantasbaar word.
`n Klein bydrae van so min as R 50 per Afrikaner kan dit dalk bewerkstellig

Melt Olckers ·

Ek sal met blydskap so iets ondersteun. Daar moet egter net voorkom word dat die regering nie die projek probeer kaap om dit te kanaliseer na die ANC toe nie.

Peet J ·

Solidariteit en AfriForum se beplande doelstellings om die Afrikaner te ondersteun het volgens die huidige situasie in Suid-Afrika ietwat te laat ontstaan . As Maroela Media nie van my opmerkings hou nie soos in die verlede moet dit nie plaas nie

Peet J ·

Solidariteit en AfriForum se beplande doelstellings om die Afrikaner te ondersteun het volgens die huidige situasie in Suid-Afrika ietwat te laat ontstaan . As Maroela Media nie van my opmerkings hou nie soos in die verlede moet dit nie plaas nie

Peet J ·

Solidariteit en AfriForum se beplande doelstellings om die Afrikaner te ondersteun het volgens die huidige situasie in Suid-Afrika ietwat te laat ontstaan . As Maroela Media nie van my opmerkings hou nie soos in die verlede moet dit nie plaas nie

Marius van Niekerk ·

Dit is absoluut fantasties!!!!!! Iemand wat bereid is om ‘n daadwerklike poging aan te wend, en nie net te sit en kla nie.

Marius van Niekerk ·

Peet J: So wat het JY al gedoen om die Afrikaner te ondersteun?

anita ·

Wil net weer se,,,, ek het dit al genoem, my niggie se seun het deur solideriteit college geleer.hy het sy ambag voltooi..maak moeite en kontak hulle..dit bestaan al n geruime tyd..

Werner ·

Goeie idees is Volkbesit vir ons Boere, dink net aan die ou gesegde… ‘N Boer maak ‘n plan…

Ek ondersteun Solidariteit 100% ek wil net graag byvoeg met ‘n opmerking, ek hoop en glo hierdie gaan ‘n volhoubare ekonomiese plan ook wees, ons Volk is op sy knieë…ek is verder bereid om deel te neem aan enige strategiese beplanning en bestuur, my e-pos adres is reeds op hierdie forum beskikbaar, en gee ek Maroela Medium toestemming om dit vir diesulkes wat voel ek kan help uit te gee, ek het net nie tyd vir kansvatters nie!

Deja Vu ·

Stellenbosch Universiteit het tot stand gekom deur Afrikanerkapitaal en die taal is in as voorwaarde vir sy bestaan genoem. Die situsasie lyk nou heel anders. Watter waarborge het Solidariteit dat dieselfde nie met Akademia sal gebeur nie?

Marius ·

Wat doen julle manne naweke? Kan ons nie bietjie self dagha meng en help bou aan hierdie infrastruktuur nie, sal iets spaar op arbeid koste. Laat weet as ek so bietjie kan kom help. 0798916549

DS ·

Vraag: By wie moet mens ‘n lid word? Solidariteit, Afriforum, Helpende Hand?

Phillip ·

Dagsê DS

Dankie vir jou navraag. Die beste sal wees om die Solidariteit Dienssentrum by 0861 25 24 23 te bel. Hulle sal volgens jou behoeftes dan ‘n voorstel maak.

Groetnis

Phillip Bruwer (nms. Maroela Media)

Johannes Meintjes ·

‘n Doelgerigde herlewingsplan na 21 jaar se diepe sluimering en verval in SA moet aangemoedig word. Daar is nou geleentheid vir Afrikaners om as individue en as organisasies saam te werk teen ‘n hele klomp gevare. Voorwaarts!

Dr. Andre Verster ·

Puik plan, ons het n lugtvaart sekondere skool 5 jaar gelede, begin waar ons lugvaart vakke aanbied asook, die leerlinge leer vlieg, en sodoende hulle loopbaan as n loods al in die skool kan begin. Die groot rede vir ons skool was om ons Afrikaner seuns en dogters n kans te kan gee om n loods te word. Ons motivering is om die deur op te maak vir ons kinders wat die SAL , lugmag , en ANC regering toe gemaak het, kyk gerus na ons webwerf, http://www.wingshighschool.info ons is ook 100% self bevondsing.

andre de kegel ·

ons hoop dat baie veel Afrikaners die hulle land verlaat he ook een beetjie geld oormaak vir wat julle wil waarmaak ons wens julle baie veel geluk vir alles wat julle wil doen vir die Afrikaanse taal die baie naby ons vlaamse taal es

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.