Hengelaar kom op 21-jarige se lyk af

Argieffoto

ʼn Hengelaar het Sondag op ʼn 21-jarige man se liggaam afgekom toe hy by Port St. Johns in die Oos-Kaap gaan visvang het.

Kapt. Nozuko Handile, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die hengelaar het die liggaam op die strand onder ʼn krans gesien en die polisie ontbied.

“Alle rolspelers is na die toneel ontbied, maar dit was te moeilik om te voet by die man uit te kom. ʼn Reddingshelikopter van die departement van gesondheid moes gebruik word vir reddingswerkers om by die man uit te kom en sy liggaam te kry,” het Handile gesê.

Volgens Handile is die man reeds deur sy familie uitgeken. Die man is as Sipumeze Rawuka geïdentifiseer.

Die polisie vermoed in dié stadium geen gemene spel nie en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

ek hoop die hengelaar is dieselfde ras as die oorledene, want as hy nie is nie, wag daar nou groot probleme en valse beskuldigings op hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.