Hengelaar sterf voor gesin

Argieffoto

ʼn Hengelaar is Dinsdagmiddag ten aanskoue van sy gesin by ʼn strand in Ballito in KwaZulu-Natal dood.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na Salmon Bay ontbied nadat die 59-jarige man in die parkeergebied van die strand ineengestort het.

“Volgens inligting vanaf die toneel het die man saam met gesinslede gaan visvang en ineengestort terwyl hy teruggeloop het na sy voertuig,” het Dollman gesê.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die man se hart gaan staan. Noodhulp is toegepas en die man is op ʼn ventilator geplaas. Ongelukkig was al die pogings onsuksesvol.”

Die man is op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.