Hengelaar verdrink by Valsbaai

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

’n Hengelaar van die Paarl het Saterdagoggend verdrink nadat golwe hom van die rotse by Rooi‑Els naby Gordonsbaai in Valsbaai meegesleur het, het die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) gesê.

Volgens Alan Meiklejohn, stasiebevelvoerder van die NSRI in Gordonsbaai, is lede van dié stasie asook lede van die NSRI in Kleinmond omstreeks 11:43 van ʼn verdrinking ingelig.

ʼn Reddingsboot, nooddienste en die polisie is na die toneel ontbied en ʼn helikopter is ook op gereedheidsgrondslag geplaas.

Met owerhede se aankoms op die toneel het hulle ʼn man in die water gewaar. Die man is op die reddingsboot gelaai waar paramedici mond-tot-mond-asemhaling toegedien het. Ander paramedici het ook hand bygesit, maar daar was egter niks wat hulle vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar, het Meiklejohn gesê.

Die man en twee vriende het visgevang op die rotse toe golwe oor hulle gespoel het. Die twee vriende kon daarin slaag om op die rotse te bly, maar die man (45) is van die rotse afgeruk en in die see ingetrek.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen, het Meiklejohn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Talle hengelaars het al so hul lewe verloor deur n onverwagse fratsgolf. Het self al die krag van die stroom beleef wat teru g suig tussen 2 rotsplate met die terugtrek van die see, maar kon net betyds aan n rotspunt vasgryp.

Strand looper ·

Ai tog wat n tragedie. Gister was so n mooi windstil dag. Ek het baie respek vir daai groot dam wat die engelse gebou het. Stap net langs hom en beloer hom vani stoep af en dis al. Selfs swem moet jy die strome ken. Sterkte aan die families.

Amber ·

Ai, dis verskriklik. Maroela, weet julle dalk wat d persoon se naam is wat verdrink het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.