Hengeluitstappie eindig tragies: ‘As ons net sy lyk kan kry’

Hendro Schutte en sy vrou, Yolandie. Foto: Facebook

Hendro Schutte en sy vrou, Yolandie. Foto: Facebook

Polisieduikers soek steeds na die lyk van Hendro Schutte (29), wat vermoedelik saam met sy oom in Barberspan naby Delareyville in Noordwes verdrink het tydens ʼn hengeluitstappie.

“Ons wil net graag vrede kry, al is dit net sy oorskot. Ons weet nie hoe om nou aan te beweeg nie, ons kry almal baie swaar,” het Jaco Schutte (32), Hendro se broer, aan Maroela Media gesê. “Ons wil hom graag net ter ruste lê. Al was hy my jonger broer was hy eintlik meer soos ʼn ouboet vir my.”

Schutte se broer en oom, Koos Venter (56), het Saterdag 11 Julie met ʼn boot in Barberspan visgevang. Volgens kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, is daar alarm gemaak toe die mans nie later teruggekeer het nie. Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn lyk is gevind. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

Volgens Schutte is sy oom se lyk Sondagoggend gevind waar dit by ʼn monding uitgespoel het. Daar is egter steeds geen teken van Hendro nie. Hendro is agt maande terug getroud. Volgens Schutte weet hulle glad nie wat gebeur het nie. Die boot waarmee hulle visgevang het, is Saterdagaand gevind, met net een punt wat bo die water uitgesteek het.

Vriende en familie van Hendro het intussen ʼn geldinsamelingsprojek begin om die soektog uit te brei deur onder meer ʼn helikopter te huur om na Hendro te help soek. Enigiemand wat ʼn bydrae wil lewer, kan ʼn e-pos stuur aan Katie du Toit by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

carol every ·

Die gebeurtenis was al op 11 Mei – BAIE LANK NA 3 DAE!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Carol. Die berig is gewysig. Die voorval was op 11 Julie.

Groete

Liza ·

Wel, dit is al 10 dae later en nog steeds het geen lyk het opgekom nie

Dawie Jordaan ·

Baie sterkte aan die Schutte -familie.
Weet van hulle het spanningsvolle dae langs die pan spandeer met die soektog .

Francis Linstrom ·

N neef van my het baie jare gelede in die Clanwilliam dam verdrink. Duikers kon nie sy liggaam kry nie en ten einde laaste is daar denamiet geskiet. Ons het vermoed dat sy liggaam erens aan iets vasgehaak het. Sy liggaam het na 2 weke a.g.v. die dinamiet skietery opgekom.

joe ·

Dis baie tragies, Ai ons as gemeenskap kry di famielie so bitter jammer en dra hulle op in ons gebede. Barberspan is ni soos ander damme ni, en daar is baie faktore wat bydra om di soektog so moeilik Te maak, een is di wind wat so waai di afgelope twee weke, di groote van di pan en Dan di baie rietbosse. Barberspan is n bird sanctuary en baie bedrygde voels broei daar, so daar is geen manier wat fona en flora denamiet Sal toelaat ni. Ons dra jaco, yolandi en oom Hans hulle op in ons gebede en vra dat Jesus hulle Sal bystaan in hierdie moeilike tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.