Ambrose Money en André Gouws het vandag vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn om vir borg aansoek te doen. Die mans beweer hulle word in polisieaanhouding aangerand.
Monye, ʼn voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, het in die hof beweer ʼn groep tronkbewaarders rand hom aan. Die polisie is bewus van die aantygings en ondersoek die saak.
Monye en Gouws staan tereg vir die moord op Chanelle Henning sowat ‘n jaar gelede. Die saak is tot 6 Mei uitgestel omdat die regter se assessor siek was.
Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.