Hennenman-plaasmoord: Tweede verdagte in hof

Eddie (links) saam met sy ouers, Pieter en Antionette (Foto: Verskaf)

’n Tweede verdagte het Woensdag vlugtig in die Hennenman-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die plaasmoord op Pieter Hills (56) en sy seun Eddie.

Pieter is einde verlede week op hul plaas by Hennenman in die Vrystaat op teregstellingswyse doodgeskiet en Eddie (26) is in die nek geskiet nadat hulle in hul plaashuis aangeval is. Eddie is Woensdag oorlede nadat hy Maandagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg breindood verklaar is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die tweede verdagte, Mojalefa Modise (38), het op twee aanklagte van moord en huisroof in die hof verskyn.

Die eerste verdagte, Tshidiso Patrick Bochedi (36), het Maandag in die hof verskyn.

“Modise en Bochedi staan nou op ’n tweede aanklag van moord tereg na Eddie se dood,” het Makhele bevestig.

Albei verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

Vier verdagtes is aanvanklik in verband met dié plaasmoord in hegtenis geneem. Die derde een is Maandag vrygelaat nadat sy nie positief met die misdaad verbind kon word nie.

Die vierde verdagte is Saterdag vroegoggend dood in ʼn polisiesel gevind nadat hy homself gehang het.

Makhele het vroeër gesê die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings kan verwag word.

“Die polisie kan in hierdie stadium nie bevestig hoeveel verdagtes nog in hegtenis geneem moet word nie.”

ʼn Werker van die gesin het Vrydag omstreeks 05:00 op Pieter en Eddie in die plaashuis afgekom nadat die boer se vrou, Antionette, haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel. Sy was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie waarna sy die werker genader het.

Eddie het glo op die aanval afgekom toe hy by die huis op hul plaas Zwartpan aangekom het.

Die werker het met familie van die slagoffers kontak gemaak waarna die polisie na die plaas ontbied is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Mag julle die swaarste straf ooit kry en GEEN borg nie!

#Boere lives matter!!!

Agter die skerms ·

Geen borgtog nie – geen geen nie.
Waar is die regverdigheid waar? Twee onskuldige mense se lewens geneem – mense wat saakmaak – ek huil bymyself en ek ken nie eens die mense nie. Ek stem saam met Persheks Adri mag hulle die swaarste straf kry.!!!!!

Persheks Adri ·

Hulle verdien nie om in die samelewing te wees nie Agter die skerms! Geen maar geen borg nie. Ons boere word uit gemoor vir geen verdomde rede nie.

#Boere lives matter!!!

Genis ·

Daar moet itgevind wie hulle opsteek, en vir wie werk hulle… dis onaanvaarbaar dat dit nie uitkom nie… Ek dink regtig die klomp sal nie weer n Senekal oorleef nie… Dis tyd ons opstaan teen die EFF soos die Kapenaars… In die grond in trap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.