Hennenman-protesoptog: Só lyk reëlings

(Argieffoto: pixabay)

Die organisasie Vrystaat Landbou (VL) sê geen geweld of rassisme sal Maandag in Hennenman tydens ʼn protesoptog geduld word nie.

Groot getalle mense word op dié dag verwag wanneer Pieter en Eddie Hills se vermeende aanvallers op die Vrystaatse dorp in die landdroshof verskyn.

Pieter (56) is verlede naweek op sy plaas buite Hennenman doodgeskiet nadat die gesin daar aangeval is. Eddie (26) is in die nek geskiet en het later in ʼn hospitaal gesterf.

“Vrystaat Landbou sal wil toesien dat geen borgtog toegestaan word aan misdadigers wat in hegtenis geneem word vir [beweerde] betrokkenheid by ʼn plaasaanval of -moord nie,” het Francois Wilken, president van VL, gesê.

Die byeenkoms, in ʼn oop stuk veld in Voortrekkerstraat, sal om 08:00 met Skriflesing en gebed begin. ʼn Kranslegging vir slagoffers van plaasmoorde sal dan plaasvind.

Die organisasie het enige persoon, instelling of organisasie wat hulle met die #StopPlaasmoorde-veldtog vereenselwig, genooi om aan die geleentheid deel te neem.

TP Theron, voorsitter van die Hennenman-boerevereniging, het benadruk dat die byeenkoms geensins polities van aard is nie en dat deelname van lede van alle politieke partye welkom is, mits dit in hul private hoedanigheid is.

“Ons wil nie ʼn goeie saak met slegte optrede besoedel nie. Ons kom bymekaar om die Hills-familie te ondersteun,” het hy gesê.

Die burgerregtegroep AfriForum het terselfdertyd Maandag ook ʼn kranslegging by sy hoofkantoor in Centurion in solidariteit met die geleentheid in die Vrystaat. Die groep het gesê lede van die publiek is welkom om ook blomme te gaan neerlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fritz ·

Dankie, maar nee dankie. Ek is klaar met vreedsame optogte, petisies, memorandums en morele hoëgrond. Sterkte met die optog.

Zombie ·

As jy klaar met vreedsame optogte en dies meer is, wat doen jy dan? Skryf seker maar kommentaar.

Hoekom ·

“Geen geweld of rassisme”. Julle klink nes die EFF terroriste en die ANC cartel… Wat is ‘n plaasmoord anders as geweld en rassisme teen ons volk. Baie van ons volk is vermoor na Senekal. Die gepraat en gesmeek het weereens niks gehelp nie…

Debbie ·

Nie almal verstaan so mooi wat vreedsaam en nie politiese byeenkomste is nie, veral die eff wat heel moontlik daar sal wees met “kill the boer” plakkate en liedjies. Bid dat dit vreedsaam sal wees vir die familie van die slagoffers se onthalwe

Werner ·

Gaan mors maar julle tyd julle is net so useless VL .Het mos so liries geraak oor ou Cele .Kon nie eers sien hy BS julle nie wat help julle optogte net mooi niks.Lyk eerder of hulle die aanvalle aanhits.Voor ons nie ons rue styf maak nie gaan hulle ons uitroei.Hier is nie een organisasie wat die ruggraad het om vir ons iets te beteken nie sowk net ons geld.

LiveAndLetLive ·

Plaas moorde sal ook nie langer geduld word nie.
Rasisme en haat spraak teenoor blankes deur EFF ook nie.
By die verhoor van n vermoorde boer in Senekal sing EFF “Kill the boer” niks is daaraan gedoen nie?
Vreedsaam is nie meer n opsie in die land nie.

Hennie ·

Dit wil voorkom asof daar nie een blanke leier in Suid Afrika is wat die blanke bevolking kan mobiliseer om saam te staan nie (die wat nog guts het)

Wanneer sal die blanke organisasies besef dat die huidige regering nie die vermoë het om enigsins enige bydrae kan lewer tot herstel van die effektiewe leierskap/sisteme wat die blankes in plek gehad het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.