Hennie Smit se boodskap uit die hospitaal

Hennie Smit. Foto: Facebook

Hennie Smit. Foto: Facebook

Die akteur Hennie Smit het Donderdag uit die Wilgers-hospitaal in Pretoria ʼn boodskap aan sy aanhangers gestuur. Hy is al sedert September in dié hospitaal nadat hy vir dubbele longontsteking opgeneem is.

Frans Swart, ʼn vriend van Smit en uitvoerende hoof van Lefra Produksies, en die sangeres Arina de Witt het Hennie se boodskap met sy aanhangers op sosiale media gedeel.

“Baie dankie aan almal vir gebede en boodskappe! Hou aan bid ek wil ALS vertel. Vandag was dr. Izak Burger en Arina by my en ek kon ʼn paar woorde “PRAAT”. Die Here seën elkeen wat bid en omgee. Liefde, Hennie.” [sic]

Smit, wat onder andere bekend is vir sy rol as Bertie in Egoli en Dêda in Lefra Produksies se My Boetie se Sussie se ou, is verlede maand in die hospitaal opgeneem vir dubbele longontsteking, asma en ʼn fraktuur aan sy ribbes wat hy opgedoen het weens erge hoesery. Hy is vir lank onder verdowing in die hospitaal se hoësorgeenheid gehou.

Volgens Arina vorder Hennie goed en hy word elke dag beter. ʼn Spesiale geleentheid word op 30 November by die Atterbury-teater gehou om sy se lewe te vier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.