Henning-moordenaars se vonnisoplegging begin vandag

Ambrose Monye en André Gouws in 2012 in die hof.

Ambrose Monye en André Gouws in 2012 in die hof.

Ambrose Monye, ʼn voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en André Gouws se vonnisoplegging gaan na verwagting Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria begin nadat hulle Maandag skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning.

Regter Johan Kruger het Maandag die uitspraak gelewer en het Henning se moord as ʼn “klassieke sluipmoord beskryf”. Lees meer hier.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het. Gouws en Monye het onskuldig gepleit op vyf aanklagte wat verband hou met ʼn sameswering om haar te vermoor. Die staat het aangevoer dat Monye en Gouws ʼn komplot gesmee het saam met die voormalige polisieman Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse (alias Tattoo). Du Plessis en Pieterse, wat selferkende dwelmverslaafdes is, dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon. ·

Hulle hoef nie te ver te soek na die baasbrein nie. Haar ex man is skuldig ek is so seker daarvan. Hy lyk in elk geval soos n VARK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.