Henning-saak: Staat het alle getuies ondervra

Chanelle Henning

Die staat het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof sy saak in die Chanelle Henning-moordverhoor afgesluit.

André Gouws en Ambrose Monye word daarvan beskuldig dat hulle deel was van ʼn sameswering om Henning te vermoor.

Die staat het sy saak afsluit en sy getuies, wat Gouws en Monye se voormalige vriendinne insluit, moet volgende deur die verdediging ondervra word. Die beskuldigdes se prokureurs het versoek dat die saak tot Woensdag uitgestel kan word sodat hulle hul kliente kan raadpleeg. “Ons het verwag dat van die getuies deur die staat geroep sou word,” het Matthew Klein, Monye se prokureur, gesê.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ‘n motorfiets doodgeskiet pas nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het. Gouws en Monye het onskuldig gepleit op vyf aanklagte wat verband hou met ‘n beweerde komplot om Henning te vermoor.

Die staat het Dinsdag sy laaste drie getuies ondervra. Die eerste getuie was Sibongile Makhuba, ʼn Cell C-werknemer wat oor Monye se selfoongebruik getuig het.

Die tweede getuie was kol. Tobias Fourie, ʼn polisiebeampte van Port Elizabeth, wat deur die Pretoriase polisie versoek is om Willem “Pike” Pieterse in Dispatch in hegtenis te neem. Gerhardus du Plessis en Pieterse dien tans 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuld erken het op hul aandeel in die moord.

Die derde getuie was kapt. Rio Kriel wat Fourie gehelp om Pieterse in hegtenis te neem.

Die saak duur Woensdag voort.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.