Henning-saak weer uitgestel, staat glo nog nie gereed

Nico Henning (regs) tydens sy vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning (regs) tydens sy vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die verhoor van Nico Henning, wat daarvan beskuldig word dat hy die baasbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord is, is Maandagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof tot 6 Junie 2016 uitgestel.

Henning se verhoor was veronderstel om vandag te begin. Die sakeman is tans uit op borgtog van R10 miljoen.

Die staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het vir die uitstel gevra en gesê die staat en die verdediging stem daaroor saam.

Hoewel dit nie in die hof gesê is nie, het GROOTfm90.5 by ʼn betroubare bron gehoor die staat moet nog ʼn paar kwessies in hul ondersoek finaliseer.

Chanelle is tydens ʼn beweerde sluipmoord in 2011 voor haar seun se kleuterskool in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet.

Haar pa, Ivan Saincic, het buite die hof gesê die uitstel van die saak is nie lekker nie. Chanelle se ma, Sharon, het ook gesê die seun, wat vier was toe sy ma vermoor is, kry nou swaar:

Bron: GROOTfm90.5

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vic ·

Miskien moet Kerrie minder tyd spandeer aan die Oscar saak? Nie genoeg publisiteit nie?

Gerhard ·

Nou hoe werk die ding dat die man gearresteer word voordat die Staat weet of hy ‘n saak het?

Fanie ·

Ek sal dit ook graag wil weet, Gerhard. Is hulle nie seker dat hy skuldig is nie. Nie genoeg konkrete bewyse nie. Halwe polisie ondersoek?

ladybug ·

Dit wa duidelik soos daglig van die begin af dat hierdie gedoente verantwoordelik is vir die moord op sy vrou, dat hy die baasbrein agter alles was, ek verstaan net nie hoekom SAPS so lank gevat het om hom te arresteer nie. Hy kon lankal reeds gevonnis gewees het en agter tralies gesit het vir die res van sy misrabele lewe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.