Hennopsrivier-lyke: Familielid, nog ʼn verdagte vas

Piet en Evah Beetge. Foto: Verskaf

Piet en Evah Beetge. Foto: Verskaf

ʼn Familielid en haar kêrel is in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet en Evah Beetge, wie se lyke einde Desember in die Hennopsrivier in Centurion gevind is.

Kapt. Thomas Mufamadi, woordvoerder van die polisie, het gesê Evah se dogter, Bonolo Lekalakala (19), en laasgenoemde se kêrel, Thapelo Molokomme (25), is Donderdag in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle het Maandag, dieselfde dag as wat ʼn gedenkdiens vir die Beetges gehou is, in die Pretoriase landdroshof verskyn en die saak is tot volgende week uitgestel.

Volgens Mufamadi is die Beetges vermoedelik op 26 Desember vermoor en hul lyke die volgende dag in die rivier gevind. Lekalakala het haar ma en stiefpa as vermis aangemeld.

Christie Beetge, Piet se skoonsuster, het vroeër aan Maroela Media gesê Lekalakala het hulle op 27 Desember genader om te sê Piet en Evah word vermis.

“Sy het by die huis aangekom en haar ouers was nie daar nie. Hul voertuie het nog daar gestaan, maar sy kon hulle nêrens kry nie. Hul selfone het ook heeltyd oorgegaan na ʼn stemboodskap,” het Beetge gesê.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Piet en Evah Beetge op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sonra ·

Liewe Heksie, die man het oor die kleurgrens getrou. Hulle was nie baie lank getroud nie. Dink die vorige berig het gesê 4 jaar. Dit is haar dogter uit ‘n vorige verbintenis. Sterkte aan die families betrokke.

Susan ·

Dit is baie erg. Dit is amper soos om vir jou ma te sê sy wou jou nooit gehad het nie.

Vic ·

Ek weet darem nou nie, Susan. Ek wil so amper se die moord is net n bietjie erger as die se

Liewe lulu ·

Daar is nie n verskoning vir moord nie, buiten uit selfverdediging

Sus ·

Dankie vir die pragtige foto van Piet en Evah. Ons gemeenskap is in skok en gaan hulle baie mis. Evah was n lieflike dame en Piet n sweetheart. Dis regtig ontsettend hartseer en onnodig.

SNEL ·

Dis vreeslik wat hier gebeur het en weereens heeltemal onnodig. Skokkend hoe baie mense deesdae vermoor word deur iemand naby aan hulle, die wêreld is op sy kop.

Strandloper ·

Ek moes ‘n speurder geword het! Het van die begin af gese hier is iemand betrokke wat nie van die gemengde huwelik gehou het nie – iemand soos ‘n kind van een van die 2 oorledenes…….. En toe is dit so.

Baie wreed, baie onnodig, baie siek!

Sterkte aan die families….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.