Henri en sy meisie weer in hof

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, het weer Woensdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, moet weer op 11 April in die hof verskyn.

Volgens Ntabazalila het die staat versoek dat die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en die Herintegrasie van Oortreders (Nicro) ʼn verslag oor Van Breda saamstel. Nicro is ʼn nie-winsgewende organisasie wat spesialiseer in maatskaplikemisdaad-voorkoming en oortrederherintegrasie.

Van Breda en Janse van Rensburg se borgtog is verleng. Die twee is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat daar glo dagga in hul besit gevind is.

Daniella Janse van Rensburg buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Daniella Janse van Rensburg buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van Breda moet ook weer op 18 November in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar hy teregstaan op die moord op sy ouers en broer, Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22). Hy staan ook tereg op bykomende aanklagte van poging tot moord en regsverydeling.

Van Breda (21) is op 14 Junie vanjaar op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself die vorige dag by die polisiestasie in Stellenbosch oorgegee het.

Die staat voer aan dat Van Breda sy ouers en broer op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het in die gesin se huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Van Breda se suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is ook aangeval en met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas. Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Dit het lank gevat maar dit lyk asof die polisie nou besig is om agter die kap van die byl te kom…

Corne ·

Alles is so hartseer wat in ons land gebeur….en wat ons as Blankes aanmekaar doen….elke dag net moord moord….Liewe Vader wat word van ons.

Poplap ·

Hoekom lyk dit asof die meisietjie swanger kan wees. Miskien is die foto net misleidend. As dit wel die geval is kort sy ‘n warm klap.

tinah ·

wonder ek ook oor die vreeslike maag , so n jong meisie? nee magtig, sy is slordig,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.