Henri se weergawe en bloedspatsels strook nie

Foto: Courtney Africa/ANA PHOTO.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag gehoor die bloedspatsels in die Van Breda-moordhuis staaf nie Henri van Breda se polisieverklaring oor die gebeure nie.

Kapt. Marius Joubert, ʼn bloedspatselkenner by die polisie se forensiesewetenskap-laboratorium, het Dinsdag aan die hof gesê Van Breda se weergawe van die gebeure strook nie met die bloedspatsels wat in die huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangetref is nie.

Joubert het verder getuig hy het bewyse gekry wat daarop dui dat die toneel opgestel is ná die moorde.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. In sy pleitverduideliking het hy gesê ʼn man met ʼn klapmus, handskoene en donker klere aan het in hul huis ingebreek en gelag toe hy die gesin met ʼn byl aangeval het. Hy het aangevoer die aanvaller het ook ʼn mes gehad.

Van Breda se ouers, Martin en Teresa, en broer Rudi is dood in die aanval. Sy suster Marli het ʼn ernstige breinbesering opgedoen. Sy ly aan geheueverlies en kan niks onthou wat die aand gebeur het nie. Sy sal nie in die hofsaak getuig nie.

Van Breda voer aan hy het ʼn geluid wat uit die kamer wat hy met Rudi gedeel het gehoor toe hy in die badkamer was. Hy het gesê hy het die deur op ʼn skrefie oopgemaak en gesien hoe iemand Rudi aanval. Hy voer verder aan sy pa het in die kamer ingehardloop, die ligte aangeskakel en op Rudi se aanvaller gespring.

Volgens Joubert strook Van Breda se posisie nie met die bloedspatsels wat op sy grys kortbroek en kouse aangetref is nie. Dié dui glo aan dat hy naby die bron van die bloed was toe die wonde toegedien is.

Joubert het ook gesê Van Breda het nie verduidelik hoe Rudi se liggaam naby die ingang van die badkamerdeur beland het nie. Volgens hom is die liggaam van die bed af geskuif wat bloedsmeerpartone op die vloer agtergelaat het.

Joubert het gesê Martin het geen verdedigingswonde aan hom gehad nie. Dit stel voor sy aanvaller het hom verras.

Van Breda het ook in sy verklaring aangevoer die aanvaller het sy ma in die gang net buite die slaapkamer aangerand. Met dié bewering het Joubert saamgestem. Joubert het egter nie saamgestem met Van Breda se bewering dat hy nie dié aanval gesien het nie.

Volgens Joubert het ʼn voorwerp of voorwerpe bloedspatsels op die badkamervloer agtergelaat. Volgens Van Breda se verklaring het hy nie na die badkamer teruggekeer nie. Joubert het ook gesê hy glo die voorwerpe is gewas omdat DNS van Rudi, Martin en Teresa in die stort gekry is.

Van Breda het gesê hy het agter die aanvaller aangehardloop en ʼn byl na hom gegooi, maar Joubert het gesê die bloedspatsels op die muur staaf nie sy getuienis dat dit ʼn onbeheerde aksie was nie.

Joubert het gesê Van Breda was naby die slagoffers tydens die aanval omdat bloedspatsels op sy broek en kouse daarop dui. Volgens Joubert het Van Breda ook nie verduidelik waarom die duvet van sy bed geskuif is nie.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

marlene ·

Hy maak my bang….. die kyk in sy oë, is nie sag nie…

Daan Erasmus ·

Hou dop. As alles verby is. Dan is die mannetjie uit die bloute uit ontoerekening vatbaar. Jammer hy kan nie tronk toe.

Ekke ·

Stem saam met die kyk in sy oe. Dankie Kapt Joubert! Henri moet sy vrye tyd begin geniet.

Gideon ·

Nou moet die verdediging hul astronomiese vergoeding regverdig deur die getuienis aan te val en die water te vertroebel.

Anthoné Coetzee ·

Ek dink die meeste mense vermoed wat die waarheid is…en mens wil amper hoop dat dit nie so is nie. Want in my kop maak dit nie sin hoe dinge so kan uitdraai tussen mense wat veronderstel is om lief te wees vir mekaar nie.

LK ·

1, 2, 3 blok jouself Henri. Jy kan nou maar netsowel die waarheid praat want jy gaan nie met die “slim” plan van jou wegkom nie…

jaco ·

Daars een ding wat ek glad nie van hierdie gesin verstaan nie. hulle was skatryk, het geswem in die geld en het in ‘n paleis van ‘n huis gewoon, MAAR die twee broers het ‘n kamer gedeel. HOEKOM?

Bollies ·

Baie v/d sogenaamde skatryk mense klou aan uitgawes (2 aparte kamers) soos “ons weet wat” aan n wol kombers. Seker hoender borsies gedeel die aand voor hulle gaan slaap het. Geld ophoop is baie meer belangrik as lekker lewe.

Cherokee ·

Miskien het ‘n bedwelmde persoon die hersinskim van ‘n aanvaller met ‘n klapmus gesien in ‘n spieël.

Mielie ·

My hart gaan uit na Theresa. Ek kan en wil myself nie indink wat sy moes deurgaan en gedink het tydens haar laaste oomblike op aarde. Jy kyk vas in daardie koue oë van n moordenaar. Die persoon aan wie jy lewe gegee het neem nie net jou lewe nie maar ook die ander an wie jy lewe gegee het en jou lewensmaat. Wat op aarde dryf n mens om jou familie uit te wis?

Lord Erika! ·

Lees Henrie se geld raak knyp, het ‘n voorstel, paar programme op DSTV, met persone wat WERKLIK praat met d. afgestorwenis, bring 1 v hulle na hof, “type” d. gesprek, en als is uit gesorteer, VIVA!!!!

Rina ·

Henri jy sal nooit vry wees nie, jy sal nog die man met die klapmus in die oë moet kyk!

humor ·

Die waarheid kom met n baie lang pad. Wie weet ook miskien ook 40 jaar. Maar intussen al die hel.

Herman ·

Die saak sloer en baie uitgestel. Die boedel was destyds oor die R225m werd so almal moet dus geldjie kry. Sou lankal tot n punt gekom het as daar minder geld betrokke was

Eish ·

Dit, is die kern van die probleem. Verdomp tragies dat geld mense so kan bevoordeel voor die reg. Maar helaas, dit is die wêreld wat ons geskep het. Jou kans om te sterf vanweë gebrek aan mediese behandeling agv onvermoë om te betaal is net so n werklikheid en tragiek van ons samelewing.

Peet J ·

Een persoon met ‘n handbyl, waar vier familie lede teenswoordig is doen niks om die een die ander te waarsku teen die gevaar nie . Dit het seker ook ‘n tydjie geneem vir die aanvaller om van die een slagoffer na die ander te gaan en boon-op als nog bloedfamilie ook.

Rina ·

Peet J
My gedagte ook! Miskien het/is 3 iets vooraf ingekry/ingegee wat hul weerloos teen 2 aanvallers gemaak het!

Basil W ·

WOW.
Takoeza se boetie. Ek meen, hy gooi n bewegende aanvaller met n byl, terwyl hy self hardloop. Ek glo hy wil nou kom vertel die bloedspatsels is agv die feit dat hy die “onbekende aanvaller” getref het. Magtig man: daai man gooi akkuraat met so byl!

kollie ·

Ek weet nie, dit wil vir my al hoe meer voorkom of hy dalk nie self die moorde gepleeg het nie. Sy suster het nog gelewe na die aanval en kon beweeg. Die vraag is nou, hoekom het hy nie seker gemaak sy is dood voor hy die nooddienste gebel het nie (as hy die moordenaar was)? Ek dink dis ‘n huurmoord maar hy het ‘n vinger in die pie.

Katryn ·

Ons kan wonder of raai of wat ook al! Net die Een wat gesien het wat gebeur: mag en kan oordeel!! HY en HY alleen weet wat die waarheid is!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.