Henri sukkel in die getuiebank na regter ja sê vir uitsaai

Henri van Breda in die hof. Foto: ANA

Regter Siraj Desai het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelas dat Henri van Breda se getuienis opgeneem en uitgesaai mag word.

Piet Botha, Van Breda se regsverteenwoordiger, het vroeër aangevoer sy kliënt se spraakprobleem sal sy getuienis negatief kan beïnvloed.

Henri, wat Woensdag 23 jaar oud word, het direk ná Desai se uitspraak begin getuig. Hy het gesê sy gesin was baie geheg aan mekaar en dat hulle alles gedeel het. “Ons het dit baie geniet om as ʼn gesin saam tyd deur te bring, veral daardie tyd van die jaar.”

Die gesin het die Sondag voor die aanval in Januarie 2015 almal saam gaan haaihokduik. Van Breda het die hof hierna deur ʼn tydlyn geneem vir die aand van die moorde. Hy het vertel hulle het saam aandete geëet voordat hy saam met sy pa en broer Star Trek 2 gekyk het. Hy en sy broer is later na hul kamer toe waar hulle verder op hul skootrekenaars na flieks gekyk het. Volgens Van Breda kon hy nie aan die slaap raak nie en is hy later badkamer toe.

In dié stadium van sy getuienis het Van Breda skielik opgehou en sy lippe afgelek. Dit het gelyk of hy al hoe meer ongemaklik raak. Hy het toe verder getuig dat hy ʼn “silhoeët” gesien het wat sy broer aangeval het.

Botha het daarop gewys dat foto’s wat as bewysstukke dien gewys het dat die toilet nie gespoel is nie en dat Van Breda homself nie skoongemaak het nadat hy glo geluide gehoor het nie. Van Breda het getuig hy het ʼn “persoon gesien wat ʼn voorwerp geswaai het waar Rudi gelê het” en dat hy om hulp geroep het.

Volgens Van Breda het sy pa ʼn lig aangeskakel. Terwyl Van Breda getuig het oor hoe hy glo die aanvallers gesien het, het hy al hoe meer benoud geraak. Regter Desai het Van Breda gevra of hy ʼn blaaskans wil vat waarna die hof verdaag het.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte en hou vol ʼn aanvaller het sy pa, Martin, ma, Teresa, en broer, Rudi, met ʼn byl vermoor en sy suster Marli ernstig gewond.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Lyk my die staat kan nie bo redelike tyfel saak teen Hendri bewys nie!!!

jaco ·

sulke skatryk mense wat geld het vir shark cage diving vir die hele gesin (ek weet wat dit kos want ek het dit al gedoen), maar dan deel die 2 seuns, want eintlik al uitgegroeide mans, EEN kamer. vreemd…

Hansie ·

Ag nee, het die regter hom klaar gevonnis dat hy n “breuk” moet vat, of wou hy net n tee breek vat ?

Juffrou ·

Ek wil net ietsie seker maak… is dit nie ‘n ‘breek’ vat nie, die berig verwys na ‘n ‘breuk’ vat. Of is ek nou verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.