Henri van Breda: ‘Aanvaller was bekend aan hulle’

Henri van Breda in die hof (12 Februarie 2018). Foto: ANA.

Senior staatsaanklaer Susan Galloway het Maandag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê Henri van Breda was verantwoordelik vir die wrede aanval op sy gesin.

Galloway het tydens slotbetoë gesê die bylaanval op Martin, Teresa, Rudi en Marli van Breda is uitgevoer met die doel om te moor. Sy het gesê die feit dat Marli die aanval oorleef het, is nie ʼn aanduiding van ʼn “minder ernstige aanval nie, maar eerder van ʼn wonderwerk”.

Galloway het die veiligheid by die De Zalze-landgoed in Stellenbosch waar die aanval op 27 Januarie 2015 plaasgevind het in detail aan die hof beskryf. Ten spyte van die feit dat die landgoed beskerm word deur veiligheidswagte, kameras op die grenslyne en drie bemande toegangspunte, het Van Breda gekies om die nooddienste 07:12 die oggend te bel, ten minste twee ure en 40 minute ná die aanvalle.

Sy eerste oproep was 04:24 aan sy meisie, Bianca, “ʼn 16-jarige minderjarige wat in ʼn koshuis gebly het”.

Galloway het verder aangevoer dat Henri nie tydens die meer as twee ure wat verby gegaan het probeer het om sy broer en suster wat volgens bewyse toe nog lewend was te bemoedig of te help nie. “In stede daarvan het hy drie sigarette gerook.”

Galloway het geargumenteer dat al die gesinslede dieselfde tipe beserings opgedoen het, maar dat Henri slegs oppervlakkige beserings aan sy bolyf, linkerarm en rug opgedoen het.

Sy het gesê dat Teresa en Marli naby die kamer wat Rudi en Henri gedeel het aangetref is. Rudi en Martin is in daardie slaapkamer aangetref en ʼn mes, wat ook in die aanval gebruik is, is deels onder Rudi se bed weggesteek gekry.

Galloway het ook gesê daar is geen bewyse van geforseerde ingang of bewyse van ʼn huurmoord op die gesin nie. Getuienis van Martin se broer het aangedui dat hy ʼn eerlike besigheidsman sonder vyande was.

Die twee moordwapens is op die toneel aangetref en behoort volgens die gesin se huishulp aan die gesin.

Sy het ook gesê die aanval op Rudi was die wreedste en dat hy die meeste beserings opgedoen het, en dat dit strook met die polisie se getuienis dat dit ʼn “woede-aanval” was.

Die enigste mense wat nie selfverdedigingswonde gehad het nie, was Henri en sy pa, Martin. Dit kan volgens Galloway verduidelik word deur getuienis dat die aanval op Martin onverwags was en dat hy geskuif het om sy seun te beskerm.

Henri se wonde is volgens Galloway oppervlakkig en self toegedien. Sy het gesê Goskestraat 12, waar die gesin gewoon het, word deur ander huise omring en dat ʼn aanvaller ongesiens verby talle huise sou moes beweeg.

“Steeds is daar niks verdag opgemerk nie en geen bewyse dat die gronde betree is nie. Geen sigbare waardevolle items is gesteel nie en dit strook nie met ʼn huisroof of gewapende roof nie.”

Sy het gesê nie een van die slagoffers het ʼn poging aangewend om weg te kruip of om hulp te roep nie. “Dit beteken die aanvaller was bekend aan hulle.” Geen vreemde DNS is op die toneel gevind nie.

Galloway het ook melding gemaak van Henri se skynbare gebrek aan emosie tydens sy oproep aan die nooddienste. “Die operateur het gedink dit is ʼn poets.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Stem saam ·

Ek stem saam, net een klein verskil “Nie gelyklopend uitdien nie” asb Regter Desai – u weet self wat hierdie gesin en dogter daardie nag moes deurmaak en dit uit ‘n vertrouensposisie uit, Jy vertrou jou Broer/seun. Sjoe die arme Ma, dit moes vir haar ‘n helse ding gewees het. Dalk ‘n groot bestiering dat sy nie oorleef het nie.

Drikus ·

Wat was die motief? Staatsaanklaer moet dit tog vasstel. By gebreke kon dit ‘n vriend of ander familielid van die gesin gewees het.

regtig! ·

regtig…… na die hele hofsaak publiek aangehoor en gekyk kon word. Wie sal dan nou iemand anders wees of ‘n vriend. Kon een van die oorledenes nou regtig vir Henri byna niks aandoen en hulself kapabel slaan, ag nee belaglike denke. Die vriend moes darem eers met sy DNA in die huis gewees het: GEEN VREEMDE DNA

Sue ·

Motief kan moontlik jaloesie of geld wees? Weet, dit maak sin dat hy moontlik in woede sy broer aangeval het en sy ma en pa en sussie het hom probeer keer. Hy kon moontlik net woedend kwaad gewees het. Ook maar net n moontlikheid van my kant.

Mimu ·

Motief hoef nie bewys te word in RSA nie. Dit is nie een van die elemente moord nie.

apie ·

baie oorsake is moontlik. Misdadigers is dikwels bedwelm, versteurd, onstabiel, onbeteuel en aggressief. Die dade dui op waansin en woede.

Sanette ·

Om motief te bewys, is nie verpligtend om ‘n skuldige uitspraak te kry nie. Hy is tog vir sielkundige ondersoeke gestuur, so tensy hy nie onbevoegd verklaar was en so opgetree het nie, kan sy motief enige iets wees van erfgeld of dat hy daarvan hou om ‘n byl te swaai.

christa ·

dat ‘n saak so lank moet sloer nadat alle bewyse getoon het wie die skuldige was. Sluit hom toe. Hy flenter oral met sy meisie rond en toon geen hartseer oor so ‘n groot verlies nie.

zoom zoom ·

Dalk kan ons nou agter die kap van die byl kom. Die ou gaan nog appelleer teen enoge vonis wat aan hom gegee word. So hy gaan nog lank vry loop.

Koos ·

Almal wat so aangaan oor motief kyk te veel TV. Geen motief hoef in SA bewys te word nie, so raak net rustig. As mens na Henri se nuutste kapsel (of gebrek aan een) kyk is dit duidelik hy sien die tronkdeure oopswaai vir hom, al is dit net onbewustelik. Of wil hy nou kaalkop die waarheid vertel?

Ekke ·

Gewetenloos!!!! Heerlik in die kombuis gesit en rook en wonde toegedien en gewag dat almal sterf. Regter Desai is oppad in die regte rigting. WAARS DIE VLIEGTUIGIE VANDAG

Cherokee ·

Jou beskrywing van ‘n koud en gevoellose sit en wag blyk werklik die enigste afleiding te wees wat gemaak kan word wanneer na bewyse gekyk word.

jaco ·

wat ek steeds nie kan verstaan nie, is dat die 2 seuns van hierdie skatryk mense ‘n kamer moes deel. Ek was al in De Zalze en dis regtig luuks daar. So watse luukse huis het hulle dan in gebly dat daar te min slaapkamers is?

Koos ·

Interessante vraag, maar dalk was die huis nie so groot nie of was dit juis sodat sy broer ‘n ogie oor sy streke kon hou?

AP ·

Baie detail maak nie sin nie uit vorige koerantberigte wat nie ter sprake in die hofsaak was nie, Henry wat in Australia uit die koshuis gesit was agv dagga misbruik, toe kom hy terug SA toe en Rudi die dag voordat Rudi moes vertrek het Australia toe word hy vermoor, het hy druk op Henry gesit om vir sy ouers te se dat hy geskors is en dat dit sy woede bui aangehits het. Henry het in Stellenbosch en in die geselskap van ‘n vriend (ook volgens berigte bedwelmd was) Sy broek losgemaak en homself aan ‘n dame ontbloot, en sy ma het genoem dat sy veskeie kere na haar buurvrou moes gaan, oorkant hulle woonplek, om haar raad te vra want Henry kon nie slaap nie en was onrustig, seker ook maar net voordat hy moes terug gaan Aus toe, kon hy so bang gewees het dat Rudi vir sy ouers sou vertel het van sy dagga probleme by die universiteit dat dit aanleiding tot al die verskriklike gebeurtenisse gely het.??

Hannelie ·

TLC ek is geneig om saam jou te stem, hul het gedoen dat hy dwelms gebruik het. En dwelms maak hul deurmekaar. Die haarstel wat nou kaalkop is, seker klaar geskeer vir die tronk.

Denise ·

Hoekom so iets doen hy het n fantastiese lewe gehad met goeie ouers daar is duisende kinders wat net droom van so n gerieflike sorglose lewe wat het hom besiel om so n daad te pleeg indien dit wel hy is ????????

christa ·

Hy was nie kwaad vir ouers so seer nie. Hy was kwaad vir die broer, daarom is hy aangeval. Die ander is doodgemaak omrede hulle kom help het.

Hanlie ·

Ja wel as hy in die spieel kyk dan sal die aanvaller bekend wees dis dan hyself dalk moes hy gouer in die spieel gekyk het

Vosteren ·

Hang af hoe die speurders gevoel het daai dag.
Hulle kon “gesoek” het vir DNS, die hele proses is moeilik en on betroubaar.

As die kompleks so veilig is, sou ek my deur 24/7 oopgelos het. Daarom is daar geen teken van inbraak nie.
Daar is geen skade aan Henri nie, want hy het dalk dadelik op die grond geval na die eerste hou en wou nie terugbaklei soos die res van die gesin nie. Mens se eerste instink is fight or flight, miskien het hy geflight.

Die berig is geskryf en gefokus asof hy onskuldig is, dieselfde informasie kan geskryf word asof hy onskuldig is en die staat ‘n onskuldig kind in die tronk wil sit.

Dink vir die rede het ons regters, as dit in ons hande oorgelaat was het baie mense onskuldig in die tronk gesit vandag soos ons stories half versprei.

Piet ·

Geen persoon op moederaarde sit en slaan ‘n dampie en luister na die doodsroggel van jou gesin in die agtergrond – nogal vir 3 ure lank! Hy het seker sit en peins oor wat hy met al sy geld gaan doen. Ag nee, hy het regtig n flou storie opgedis. Nie eers die guts gehad om homself behoorlik te beseer nie.

MagnumPI ·

‘n Paar dae na die aanval het Huisgenoot daaroor berig. In die artikel het ‘n vrou gesê Marli kan ‘n paar woorde praat en sterk aan. Maar sy onthou wat gebeur het. ‘n Week of twee later toe lees ek sy’t retrograde amnesia. Kon nie glo dat sy eweskielik dit gekry het nie.

Poppie ·

Al wat ek wil weet is hoe is 4 persone aangeval deur slegs 1 persoon, 3 dood en 1 amper, sonder dat hul hom nie kon vashou en goed die hel uit hom slaan en die wapen afvat? Ek kan verstaan as dit n vuurwapen was en jy kom nader en word geskiet, maar as 2 hom gelyk bestorm, moet hul mos iets kan doen. Ek weet hy is skuldig, maar iewers moes hulp gewees het, of die mense moes bedwelm gewees het.

Michelle ·

Poppie – ek stem 100% saam met jou.
Iewers is slang in die gras.
Glo nie ons weet die volle ware verhaal nie.
Hy steek defnitief iets weg.

Kabous ·

Ek stem saam of 1 van hulle moes skree of alarm maak wat normaal sou wees ek glo ook iets was gebruik om hulle te verdoof en dan was die hele tragedie pre med MOORD MAW beplan .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.