Henri van Breda agter tralies

Henri van Breda word uit die hof gelei (21 Mei 2018) Foto: Catherine Rice/ANA)

Henri van Breda (23), wat Maandag skuldig bevind is op aanklag dat hy drie lede van sy gesin met ʼn byl aangeval en vermoor het, is ná die uitspraak na Pollsmoor-gevangenis geneem.

Regter Siraj Desai het Van Breda skuldig bevind aan die moord in Januarie 2015 op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli. Hy is ook skuldig bevind op ʼn vyfde aanklag van dwarsboming van die gereg.

Staatsaanklaer Susan Galloway het ná die uitspraak aan Desai genoem dat Van Breda se borgtog tot ʼn einde gekom het, omdat hy skuldig bevind is op alle aanklagte.

Piet Botha, vir Van Breda, het egter aan die hof gesê sy kliënt moet chroniese medikasie ontvang en hy het regter Desai versoek om aan te beveel dat Van Breda in die hospitaalvleuel van die gevangenis aangehou sal word. Hy het verduidelik Van Breda se chroniese medikasie is vir sy epilepsie en mediese sertifikate sal teen Vrydag by die hof ingedien word.

Botha het ook uitstel tot 5 Junie versoek sodat hy kan konsulteer met die nasionale instituut vir misdaadvoorkoming en die herintegrasie van oortreders (Nicro).

Desai het tydens sy uitspraak die getuienis van dr. Marianne Tiemersma aanvaar dat Van Breda se wonde self toegedien is. Sy het tydens die hofsaak getuig dat die wonde nie lewensgevaarlik was nie, parallel was, dieselfde diepte, eenvormig en verwyderd van sensitiewe dele soos die tepels.

Van Breda het aangevoer hy is beseer tydens ʼn bakleiery met die aanvaller. Desai het egter daarop gewys dat sy wonde verskil van dié van die res van sy gesin en nie moontlik noodlottig was nie. “Daar is geen rede waarom ʼn aanvaller, met ʼn klapmus, die hele gesin sou uitroei nie. Geweld in die land is nie ʼn oortuigende verduideliking nie.”

Desai het puntsgewys die verdediging se argumente en Van Breda se getuienis, dat ʼn laggende aanvaller met ʼn byl en ʼn mes sy gesin aangeval het, verwerp.

Hy het ook die bewering, dat daar ʼn tweede aanvaller was, verwerp, en dat ʼn tweede byl moontlik gebruik is. Hy het bevind dat die byl en mes wat in die aanvalle gebruik is, aan die Van Breda-gesin behoort het.

Die De Zalze-gholflandgoed. Foto: Facebook

Desai het gesê daar is nie by die huis, geleë in die hartjie van die veiligheidslandgoed De Zalze in Stellenbosch, ingebreek nie, en oortreders sou genoeg tyd gehad het om items van die grondverdieping uit die huis te verwyder. Hy het bygevoeg dit “maak nie sin” dat ʼn dief na die boonste verdieping sou gaan om die gesin, wat gelê en slaap het, aan te val nie.

Van Breda het bevestig niks waardevol is gesteel nie en daar is met niks gepeuter nie.

Desai het gesê Van Breda het tydens sy getuienis “ongemaklik” voorgekom, maar soms vol selfvertroue en in ʼn stadium selfs sarkasties. “Hy het nie baie emosie getoon nie, selfs toe hy die aanval op sy broer Rudi en pa gedemonstreer het en die bakleiery wat hy met die aanvaller gehad het.”

Desai het gesê die vlak van geweld is buitensporig en die wonde was gemik op die slagoffers se koppe, “dié deel van die liggaam wat die dodelikste beserings kan opdoen”.

Die aanval op die beskuldigde het nie dieselfde intensiteit getoon nie. Desai het gesê Van Breda het toegegee dat die aanval op hom baie meer terughoudend was.

Een van die raaisels in die verhoor was dat Marli (wat 16 jaar oud was ten tyde van die voorval) se DNS nie op die byl gevind is nie. Desai het egter die forensiese analis lt.kol. Sharlene Otto se verduideliking aanvaar dat “die gebrek aan bewyse nie ʼn bewys is van die afwesigheid daarvan nie”. “Die feit dat Marli se bloed moontlik op die byl was, maar daar nie genoeg was om ʼn monster te kry nie, kan nie uitgesluit word nie.”

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter Foto: Facebook

Desai het ook Van Breda se gedrag ná die aanval bevraagteken. Hy het gesê daar is geen verduideliking waarom hy nie dadelik hulp gaan soek het of sy suster gehelp het toe sy só ernstig beseer is nie. Hy het gesê Van Breda het nie by die bure, veiligheidsbeamptes of nooddienste gaan aanklop om hulp nie, maar eerder sy meisie gebel, “ʼn minderjarige wat in ʼn koshuis bly”. Hy het haar om 04:27 gebel, maar kon haar nie in die hande kry nie. Twee uur en 40 minute later het hy paramedici gebel en 25 minute lank met die operateur gesels.

“Die vraag is, wat het tydens dié periode gebeur en wat is beduidend daaraan?”

Van Breda het aangevoer hy het tydens dié tyd sy bewussyn verloor, moontlik as gevolg van skok, of beserings wat hy opgedoen het toe hy by die trappe afgeval het of ʼn kombinasie daarvan.

Die regter het bygevoeg Van Breda se optrede is teenstrydig met ʼn traumaslagoffer of iemand wat sopas meeste van sy gesinslede verloor het.

Desai het gesê Van Breda het ook nie die hulp van veiligheidsbeamptes op die landgoed ingeroep nie en hy het ook nie die noodnommers gebruik wat op die yskas beskikbaar was nie. Hy het paramedici se nommer op Google opgesoek.

Dit het Maandag geblyk dat Van Breda moontlik medikasie gebruik het, en hy het soms gesukkel om wakker te bly.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Jolandie ·

Hy is nog nie gevonnis nie. Daar is slegs uitspraak gelewer. Vonnis lmoet nog kom en dan kan al die kante weer hulle sake stel om dit ligter of swaarder te probeer maak.

Annie ·

Dit bly ‘n tragedie en sinneloos, maar ek is dankbaar dat die gereg geseëvier het!! Wat die motief ook al is, dit bly so hartseer en geen vonnis kan die onreg ongedaan maak nie. Sterkte vir die res van die familie wat die stukke moet optel.

Linda-Marie Mienie ·

Gooi die sleutel van sy tronksel in die middel van die see! Die lafaard!!!

Avra ·

If you do the crime, you must sit the time. Laat jy stap boetie

Hermien ·

Is dit nie vreemd dat daar geen bloed van Marli aan die wapens gekry is nie, daar moes tog beslis bloed van haar gewees het? Wat as hy onskuldig tronk toe gestuur word? Ek wonder net altyd oor hierdie jong gesinsmoordenaars….. Wat was sy motief? Kan iemand dalk se?

Patrys ·

Daar is heel aan die begin, na die moorde, genoem dat hy n dwelmprobleem gehad het. Dit het skynbaar al in Australië begin. Daar is daaroor bespiegel omdat hy glo toe sy gesin nog geleef het, in ‘n inrigting was. Niks hiervan is egter in die saak gebruik nie, want die mense wat geweet het, is almal dood.

Valerie ·

Ja, die meneer het soveel tyd laat verby gaan voordat hy die moorde gerapporteer het dat hy die gras twee keer kon sny en alles skoonmaak wat hy wou. En nog ‘n paar “dampe” slaan. So asof dit maar net nog ‘n lekker dag was . . . terwyl sy suster sterf. Hy is skuldig bevind; daar is nie ‘n alternatief nie.

Ekke ·

Gaan lees mooi die berig oor Kol Otto se verduideliking van Marli se bloed op die byl. En die hof het dit aanvaar. Hierdie man is ‘n gevaar vir enigiemand daar buite, maar sy grootste toets kom nog voor die Almagtige Vader!

Solki ·

Wat in die storie, laat jou ENIGENS dink hy’s onskuldig?? Stuur hom pollsmoor toe!

Abe ·

As dwelms enigsins betrokke was hoef jy nie wonder wat was die motief nie.

Stella Berning ·

Geregtigheid het geseëvier. Mag die arme slagoffers in vrede rus. So onnodig so wreed

Francis van zyl ·

Ek is dankbaar dat geregtigheid geskied het. Mens kan mos darem nie jou ouers so wreed dood maak nie.

Miekie ·

Henri van Breda is nog bitter jonk. Hy het familie wat ook in sy onskuld glo. Almal gaan nou so tekere maar wat as so iets met jou gebeur. Jy kan nooit se fonteintjie ek sal ni van jou drink nie

bollie se wollie ·

Suiwer op omstandigheidsgetuienis skuldig bevind. Marli was die enigste ooggetuie, sal interessant wees as sy uit die geheueverlies kom en ‘n ander storie vertel.

Piet ·

As my kind my hele familie met n byl uitwis sou ek graag wou glo daar sal geregtigheid wees, dink jy nie so nie? Moennie altyd die arme ou beskuldigde jammer kry nie, dan verdwyn jou gesonde oordeel onmiddelik.

Lut ·

23 is nie bitterjonk nie. Hy is n moordenaar, hy het absoluut niks gedoen om sy “geliefdes” te help nie. Ek hoop hy sit 3 x lewens en 15jaar vir poging tot moord, hoop hy dien nie gelyk uit nie.

Retha ·

Regtig? Hy is skuldig bevind en steeds glo jy ons mag nie oordeel nie?

Magaretha van heerden ·

So sad! Tog dankbaar dat geregtigheid geskied het. Talle mense met epilepsie lei n totaal onafhanklike lewe en hy hoef nie spesiale behandeling te kry nie. Ek is seker almal met epilepsie kry nie die voorkeur behandeling nie.

Cisca de Lange ·

As hy alleen nog gelewe het sou hy mos alles erf. Groot motivering

Stella Barnard ·

Stem..hierdi saak is baje soos di Don Steenkamp van Griekwastad sin. Vermoor sy ouers en sussie sodat hy kan erf..nu sit hy waar hy hoort..inni tronk.

Anoniem ·

Nee. Cisca. Hy mag nie erf nie. Hy het die daad gepleeg en is skuldig.

KP ·

Hy kan steeds erf, soos Don, dit word net in n trust geplaas. Ons wette werk nie soos die programme wat jy op DSTV kyk nie.

Wette ·

KP; ons wette werk ook nie soos wat JY dink nie. Ons land se wet in hierdie verband bepaal: Die bloedige hand erf nie.

Vurig ·

Wette is reg, bloedige hand mag nie erf. In Don se geval het ek verstaan, familie het ge-erf en toe Trust gestig, dalk sy Ouma en hom dan laat erf, hy het mos nie vir Ouma vermoor so hy mag van haar erf.

LHS ·

Die psige van die mens is seker die grootste raaisel denkbaar juis a.g.v. die uniekheid van elke wese. Die denkwyse of reaksie van geen twee mense sal noodwendig dieselfde wees nie. Vir die meeste is dit absoluut ondenkbaar hoe enige normale persoon se kop so kan uithak om sulke boosaardige, uiters wrede dinge aan jou eie mense te doen. Hierdie seun is heeltemal emosieloos, toon geen reaksie of berou nie, is dit werklik of steek hy sy emosies net goed weg? Het sy dwelmgebruik hom so afgestomp dat hy geen gevoel of normale denkwyse meer oorgehou het nie. In alle gevalle dui sy lewe op abnormaliteit aangehelp deur dwelmverslawing. My gevoel is dat tronkstraf nie die gepaste vonnis is nie, hierdie kind hoort lewenslank in n sielkundige inrigting.

Drieks ·

Ek stem. Hy moet boet vir sy dade, maar ek kan nie help om ook jammer te voel vir hierdie jong man nie.

Rina ·

As ……….. Marli net kan onthou?
Het Henri haar nie maar net “beskerm” nie?
Wat het hom só kwaad gemaak?
Wat het hy gesien en/of gehoor net voor die moorde?

Rooikop ·

Hierdie mannetjie moet drie keer lewenslank kry en nooit weer uitkom nie. Hy is so skuldig soos tien. Hy moet weg uit die samelewing ……………………

Karen ·

Ongeag wat hy gedoen het, mens mag nie oordeel nie. Ons dien n GOD van liefde en as n mens belei sal HY ons vegewe

Abe ·

Karin As jou redenasie water hou behoort ons die tronke oop te gooi en nooit weer enige krimineel op te sluit nie.

christa ·

onder invloed van drank of drugs moet as verswarend tel. Hy is so skuldig en kan nie glo hy was nog uit op borg tot nou toe nie. Hy het lekker gejol en geensins kans gehad om te besin oor bat hy gedoen het nie. Stem sluit hom toe en gooi sleutel in see. Ek dink Marli was sy laaste slagoffer en hyt prober om die byl skoon te maak, vandaar geen teken van haar bloed.

kas ·

My beskeie mening is dat hy gedink het sy sussie is ook dood.Onthou die mense was welaf gewees.Wat staan in die ouers se testament.Ek het iewers in ‘n berig gelees hy was jaloers op sy broer en dit kon dalk tot die aanval gelei het.Of sy ouers sy boetie voorgetrek het sal ek nie weet nie.Ek weet een ding,sy weergawe was uiters onprofessioneel en die verdedigin het na strooihalms getas.Sy optrede na die aanvalle was verdag.Opsommend dink ek hy het gedink hy gaan alles erf maar het nie gesien Marli lewe nog nie.Help my reg,Marli kan niks van die voorval onthou nie maar sy is terug by die skool.Hoeveel kan sy van haar verlede onthou.Hoekom ontvang Henri midikasie vir epilepsie maar daar is geen geskiedenis van aanvalle nie.

Rina Kotze ·

Sal graag ook Marli se kant sou wou hoor.

Bly geregtigheid het geseevier.

Dwelms is verswarend en nié versagtend nie!!!

geregtigheid ·

Hy het nog ewe gedink dat hy Australie toe sal gaan. Hoe kon hy vir een oomblik dink dat die regter nie deur hom sou sien nie?
Dankie tog hy hy gaan toegesluit word .Eers dan sal die sussie ‘n normale lewe kan ly.

Alma ·

As hy deur sy pa afgeknou was of iets gesien of geweet het wat die moorde in sy kop regverdig het, hoekom het hy dit nie as sy verdediging gebruik en maar eerder erken dat hy dit gedoen het nie. Dit sou sekerlik sy straf ligter gemaak het, eerder as sy storie van n inbreker. Ek is seker hy gaan nou baie langer sit. Dis scary hoe emosieloos hy is. Dit kon enige een se kind wees… Kan enige een ooit se sy kind sal dit nie doen nie?

Regteuitslag ·

Absoluut Alma, ek dink partykeer wat ek sou doen as ek sy regshulp was. Daar was duidelik ongelukkigheid teenoor sy broer, die wreedheid & Regter Desai het dit ook uitgelig tydens die staat se getuienis rondom die beserings op Rudi. Dit is duidelik dat Rudi die perfekte seun was in alle opsigte en Henry het beslis minderwaardig gevoel en ons weet nie wat presies altyd gebeur het, as jy kinders vergelyk soek jy moeilikheid. Dan is daar deur familie erken, die Pa wou hê hy moes ‘n duik kursus doen en hy wou Australie toe, Rudi kon teruggegan het vir sy studies. (Dalk was die dwelms sonder ouers makliker daar), dwelms is wreed. Die getuienis van die buurvrou wat die stry gehoor het. Ek sou eerder hom so wou bystaan, die waarheid uitgekry het, dat almal kan aangaan en al die geld vir terapie vir hom gebruik het, eerder as regskoste. Advokaat Botha jy het jou beste gedoen met wat jy gehad het, die enigste wat jy maar moet oordink is die ongeskikte manier teenoor eerlike staats getuienis.

Bella ·

Aan die einde van die uitspraak voer die staat aan hulle het n “Victim inpact statement” wat hul gaan voorle met vonnis, ek is nuuskurig om te hoor of dit Marli is

Vonkprop ·

Het die saak baie intens gevolg. My persoonlike gevolgtrekking – ‘n Hoogssuksesvolle sakeman met 2 seuns, een maak sy pa trots ,studies ens. Die ander een ‘n bietjie van ‘n probleem kind. Die gevaar van suksesvolle ouers , wil soms hul wil op hul kinders afdwing.
Die moord en selfs die emosies daarna wys daar was verseker baie opgeboude haat betrokke. Mag ons as ouers iets hieruit leer.

Regte uitslag ·

Absoluut Vonkprop, 100% my gevoel ook. So jammer uit so iets kan daar nooit wenners wees nie.

Wolf ·

Vonkprop, laat dit jou nie aan die volgende dink nie: Kain en Abel, Jacob en Esau, Die gelykenis van die ryk jong man, ens. Ek wonder maar net wat se ons Vader, “n oog vir n oog?”

T ·

Wat vir my vreemd is is dat mense actually verbaas is dat hy skuldig is?

Tokkolos ·

T stem so saam jou dit vat regtig n leek om enigsins te glo hy kan dalk onskuldig wees En wragtag ek nie n kenner nie maar sy handtekining was oor die hele huis geskryf gewees Greedy want sy ouers het seker sy toelaag gestop asgevolg van drugs

Pokkel ·

As hy wel epileptiese aanvalle kry en sy medikasie sterk is, kan dit hom emosieloos laat voorkom. As dit die rede is hoekom mense hom skuldig bevind of oordeel kan dit ‘n foutiewe oordeel wees.

Dalk Onskuldig? ·

Sjoe, wat as die kind onskuldig is? Alles gaan oor wat ‘n “normale” mens in sulke omstandighede sou gedoen het – maar “define normal”? Wat my nog pla is dat hul nie die feit dat hy op die toilet was toe hy die aanvalle gehoor het en “net opgestaan” het en nie afgevee het nie – dis ‘n “normale skok-reaksie” wat nêrens eens aangespreek is nie. Hy het letterlik “gevries”. As hy die moorde beplan het of as daar rusie was, sou hy tog nie ‘n “normale” takie van jouself afvee oorsien nie?

Neel ·

Glad nie onskuldig nie!! Hoe kom jy daaruit dat hy enigens onskuldig is?? Normaal om te gaan rook en jou meisie te bel na jy weet jou familie is nou net vermoor? Normaal om 27min+ te vat om net te bel…nooit die sekuriteit gebel of net eenvoudige knoppie te druk nie?

Hehe ·

Jy is beslis nog baie naief, regtig geglo hy was op die toilet? Volg maar die regstreekse uitsendings en luister na Regter Desai se opsomming van gister.

Régtig ·

Hehe; jy is beslis nog baie naïef – glo jy régtig hy was nie op die toilet nie? Die ‘oorblyfsels’ in die toilet, wat hy nie gespoel het nie, het bewys hy was wél op die toilet. Van die ‘oorblyfsels’ wat in die toilet was, is in sy slaapbroek ontdek, omdat hy hom nie afgevee het nie.

Hehe ·

Half afgevee – Nee op ernstiger noot, ons kan nie na een klein faset kyk en al die verdoemende getuienis net so ignoreer nie. Maak nie saak wanneer hy op toilet was, dit kan nie die uitslag verander.

BOLANDER ·

Wat dryf ‘n kind om dit aan jou ouers, broer en suster te doen, wil ek graag weet??????????????

AH ·

Die kanse dat Henri onskuldig is is minder as nul! Hoekom hy so uitgehaak het sal net hy weet, maar ek vermoed dat hy minderwaardig aan sy broer gevoel het en kwaad was vir sy ouers omdat hy miskien nie sy sin kon kry nie. Hulle het dalk sy toelae verminder sodat dit nie vir hom so maklik sou wees om dwelms in die hande te kry nie. ‘n Gereabiliteerde persoon bly vir altyd ‘n verslaafde en moet daagliks teen die verslawing en terugval veg, maak nie saak hoe lank die persoon al “skoon” is nie. Dit behoort egter verswarend te wees. Die enigste slagoffer, behalwe die afgestorwenes is Marli. Hoe verskriklik moet dit vir haar wees om met die wete saam te leef dat haar broer haar hele gesin uitgewis het en vir haar ook wou dood hê? Ek hoop hy kry 3 keer lewenslank en moet vir die res van sy lewe, sonder opsie van parool, in die tronk bly.

sarie ·

Don het ook baie lig daarvan af gekom,maak ‘n goeie voorbeeld van Hendri,kinders kan nie net moor soos hulle wil nie

Marie ·

Wat het Hendri gedoen?? Maak n voorbeeld van Henri ja, maar die arme HenDri?

JaNee ·

Ek is bly hy is skuldig bevind, en hoop hy kry die swaarste straf, ooit deur n’ hof opgelê.
MAAR, Ek hoop nie sy verdediging(Botha), slaag daarin om die hof te oortuig, dat Henri in die mediese vleuel van die gevangenis geplaas word nie. Daar gaan hy n’ jol hê…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.