Henri van Breda en sy meisie in hof

Henri van Breda tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, verskyn Woensdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad op ʼn ander klag.

Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat daar glo dagga in hul besit gevind is.

Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van Breda moet ook weer op 18 November in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar hy teregstaan op die moord van sy ouers en broer, Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22). Hy staan ook tereg op bykomende aanklagte van poging tot moord en regsverydeling.

Van Breda (21) is op 14 Junie vanjaar op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself die vorige dag by die polisiestasie in Stellenbosch oorgegee het.

Die staat voer aan dat Van Breda sy ouers en broer op 26 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor het in die gesin se huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Van Breda se suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is ook aangeval en met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas. Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piet ·

Ou seun jou weergawe klink maar hoogs onwaarskynlik. Jy moet ook maar begin huil en opgooi en so aan. Jou blinde staar gaan nie veel simpatie vir jou inbring nie – gaan leer by die meesters wat net sulke onwaarskynlike sprokies met groot welslae kon verkwansel.

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of dwelms ‘n groot rol speel in die man se bestaan en dit skep die indruk dat hy geensins jammer voel oor sy optrede met sy familie se moord. As mens kyk na die inligting oor die moord kan net ‘n persoon wat onder die invloed van dwelms is sulke wrede dade uitvoer.

Pierre ·

Seker maar die resultaat van die godelose, geld behepte, geen dissipliene, dwelm siek land Australie.

Rupert Ashford ·

Ek dog eers jy praat van SA…nou sien ek eers!!! :-)

Delia ·

Huh? Waar val jy uit? Dit gaan orals so…..ook hier in SA…….

Pierre ·

Skuus ek het nie genoem nie. Bly al 10 jaar hier en kan sien hoe gaan ons SA kinders agter uit. So jammer en soo siek.

Willem ·

Sluit hom net toe en verwyder hom uit die samelewing uit…ek het NIKS simpatie mee nie……

Sarel Strydom ·

Klagtes ten die man hoop op,hoeveel sake, isluitende die moord, is daar teen hom? Dit is egter nie vir ons, die publiek, om aanklaer en Regter te speel nie.

Doempie ·

Kan nie help om te wonder wat het in daardie ouerhuis gebeur wat ‘n kind dryf tot dwelms en sulke dade nie.

Nee wat ·

Nee wat Doempie, die enigste fout wat sy ouers gedoen het was om nie sy streke raak te sien nie, of dit op die ordentlike manier te probeer uitsorteer. Hulle moes hom van die begin af na iets soos die Noordpool / Siberie toe gestuur het, dat hy sy dwelmstreke daar onder beheer kon kry. Ek weet dwelms is ‘n pes, maar alles gaan oor keuse en as jou verlies aan jou ouers en dit nog deur jou eie hand nie help om jou te stop, moet jy maar in die diep pit val en m…. hard ook. Hy moes eintlik nie op vrye voet gewees het nie, hy kan die familie en familie naam net nog verder ruineer, ek hoop net Marli het behoorlike beskerming en so ook naby familie, glo my as jul, jul voet neersit is daar moeilikheid.

Pop ·

Pierre, nou kom terug hier na SA toe sodat jy n reality check kan kry

jaco ·

Een wit ou oorleef n moord op n gesin en dadelik blameer die polisie daardie wit ou. Diezelfde met die steenkamp plaasmoord in Griekwastad. Dieselfde met die Rhode moord onlangs. Diezelfde met die Inge Lotz moord n paar jaar gelede. As n wit mens vermoor word, soek die swart ANC-beheerde owerhede ALTYD een of ander wit naasbestaande om te blameer. Die SAPD is weens regstellende aksie te lui en onbevoeg en te polities korrek om die ware moordenaars te vang. Ek sien n dag kom waar hulle ons sommer direk deur die polisie en die weermag gaan begin uitwis.

Ronnie ·

Ai, Jaco. So jammer jy het sekere van hierdie hofuitsprake gemis.

Robin ·

Jaco moenie dom redeneer nie asseblief as die mense skuldig is is hulle skuldig.

Moet ander mense nou in die tronk beland, want wit mense wat skuldig is moet nou nie verhoor word nie. Jou redenasie vermoe is pateties

Charmaine ·

Watter gedeelte van Suid-Afrika leef jy in?Ongelukkig is hierdie mense deur hul eie geliefdes vermoor. Moenie vergeet vd 4jarige dogtertjie wat deur n oom of ?? vermoor en die grootouers deur hul kleinkind…makie nie saak watter Kleur,almal van ons is kwesbaar.

Columbiana ·

Ek dink Jaco copy en paste net hierdie kommentaar want dis elke keer oresies dieselfde stories wat hy skryf as daar ‘n hofsaak bespreek word

Juanri ·

Ek kan nie verstaan dat hy nog vry rond loop nie? Kan ook nie verstaan dat daar n meisie in sy lewe is met wat hy gedoen het nie! Hul gooi hul lewe en toekoms so weg

Saartjie ·

Is daar werklik so baie mense wat oordeel? Wie is ons om so te oordeel?

jaco ·

Mense wat my so kruisig moet wakker word en hulle oogklappe afhaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.