Henri van Breda hoor sy lot

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Ayanda Ndamane/ANA Photo

Die veroordeelde driedubbele bylmoordenaar, Henri van Breda (23), is Donderdag in die Kaapstad-hooggeregshof gevonnis.

Regter Siraj Desai het op 21 Mei beslis Van Breda het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Sy ouers, Martin, Theresa, en sy broer, Rudi, het op die toneel gesterf terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het. Marli het die aanval wonderbaarlik oorleef, maar ly sedertdien aan geheueverlies en kan glad nie die gebeure van dié tragiese aand onthou nie.

Van Breda is skuldig bevind op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn vyfde aanklag van dwarsboming van die gereg.

Desai het Van Breda Donderdag drie lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir die moord op sy pa, ma en broer.

Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord op Marli en 12 maande vir dwarsboming van die gereg. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Van Breda se verhoor het in Maart 2017 in die hooggeregshof begin en hy het aanvanklik skuld ontken op al die aanklagte teen hom. Hy was uit op borgtog totdat hy verlede maand skuldig bevind is en is sedertdien in aanhouding in die hospitaalvleuel van die Pollsmoor-gevangenis, aangesien hy chroniese medikasie vir epilepsie en depressie moet ontvang. Sy vonnisoplegging het Dinsdag begin.

Adv. Susan Galloway, vir die staat, het ter verswaring van sy vonnis aangevoer dat Marli sal moet leef met die wete dat haar broer hul gesin uitgewis het. Galloway het versoek dat Van Breda lewenslank tronk toe gestuur word.

Adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het die hof versoek om in ag te neem dat Van Breda 20 jaar oud was toe die moorde gepleeg is en dat hy ʼn eerste oortreder is.

Botha het ná die vonnisoplegging aangedui hy het instruksies ontvang om aansoek te doen om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en die vonnis. Die aansoek sal op 27 Junie aangehoor word.

Lees ook: Van Breda-vonnis: ‘Dit was ʼn koelbloedige moord’

Lees die vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

a ·

Yeah hoop hy sien nooit weer die lewe buite die tronk nie. Jy het hierdie straf verdien. Kry jou geensins jammer nie.

CAROL ·

Give Judge Desai a crate Bottels of Bells!!! Thank you i think this is a good sentence!!!

Mornay ·

De Zalze veruil vir Polsmoor ( Nie so goeie Deal nie ) sal ek se

Dankie Regter Desai

Uitbasuin ·

Wens werklik ons kon jou kommentaar aan die wêreld uitbassuin om vir ander in selfde versoekings te stuit. Sommer billboard

Rooikop ·

Nou kan hy vir ewig in die tronk sit en dink wat hy gedoen het …………….. Briljant Regter

GM ·

Omdat hy ‘n eerste oortreder is, moet sy straf ligter wees? Vir moord? Wat ‘n swak verskoning. Ek is bly die regter het nie vir daardie ene geval nie. Dat ‘n jongmens nou sy lewe so kan opfoeter!

Hannelie ·

Stem saam GM. Sal nooit oorweeg om Advokaat Pieter Botha te nader nie…..”eerste oortreder”. Liewe vader Adv Botha hy het sy ouers en broer vermoor en sy suster vermink. Hy verdien erger straf as net lewenslange tronkstraf. Regter Desai well done, dit is hoe ‘n vonnis moet lyk.

Tanzie ·

Hannelie. Jy moet in ag neem, Advokaat Botha doen waarvoor hy betaal word. Enige ander advokaat sou dieselfde gedoen het, as hy die moordenaar moes verdedig het. So ek dink jou kruis wat jy na Advokaat Botha toe gooi is onvanpas.
Ek is bly geregtigheid het geseëvier, ongelukkig sal dit nie die mense weer terugbring nie.

Jan ·

Regtig Meneer die Advokaat? Hy was net 20 jaar oud en ‘n “eerste oortreder”? Kom aan, waarom appél aanteken vir hierdie sinnelose moorde? Help eerder sy suster sodat hy nie sy hande kan lê op miljoene rande in trustgeld nie. Dit kom hom nie toe nie.

Natalie ·

Hoeveel jaar tronk straf kry hy? gaan hy alles saam uitdien?

Marius ·

Hy kan op parool gaan na 25 jaar alles word saam uitgedien min die tyd wat hy al gesit het dit is hoekom hulle se onbevoeg vir n wapen so na 25 jaar mag hy nie aansoek doen vir wapen.

Nelis ·

Dis jammer dit word saam uitgedien. Hy gaan uitstap as n multimiljoener uit trusts uit.

Riaan ·

Glad nie…..Die wet bepaal dit is “bloedgeld”… so hy erf nie i sent nie

Kaptein ·

Negatief. Hy is en bly ‘n begunstigde van die trust. Hy kan so duskant 50 sit met ‘n stewige inkomste.

kas ·

Ek is oortuig daarvan dat hy die doodstraf sou gekry het as die instelling nog van krag was.Welgedaan regter Desai jy val nou in dieselfde klas as regter Bert Bam.Julle laat geregtigheid oor ongeregtigheid seevier.

Nettie ·

Nou dan moet ons een van dié twee regters, Desai of Bam, kry om die Doodskis2 se saak verder te vat (so ver as wat verder nou maar kan wees), want dié twee het baie beslis NIE ‘n regverdige verhoor gehad nie!

Paul ·

@Riaan, jip hy ERF nie, maar is n begunstigde op die Trust van R150mil(vorige artikels) so dit sê hy gaan met n stewige paar rand uit stap, dit sonder sy boek verkope.

Peet van Breda ·

Net hy sal die waarheid weet. Hoop hy gaan sy storie vertel. Hy het n swaar pakkie om mee saam te leef.

annet ·

Stem saam met jou Peet .. daai pakkie is baie swaar …. maar dit ek Justice !!

Helene Heyns ·

Nettie, hiermee stem ek volkome saam. Hierdie onregverdigheid teeoor die twee manne skreeu ten hemele. Daai regter wat hul gevonnis het moet weet sy sal ook eendag moet antwoord anneer dit by die Groor Regter kom.

Lb ·

Ek het so gehoop die saak neem ‘n wending en hulle vind wonderbaarlik die ware moordenaar, iemand van buite, net nie ‘n jongman wat sy eie mense kon doodkap nie. Dit is ondenkbaar! Kan dwelms ‘n mens so iets laat aanvang? Dit sal altyd ‘n baie tragiese verhaal bly, een van die ergstes in ons geskiedenis. Die vonnis van vandag is niks in vergelyking met wat in sy geheue ingebrand is nie, en soos wat die jare aanstap sal dit erger word.

SjN ·

Onbevoeg verklaar om n wapen te besit, so die kanse is goed dat hy parool kan kry

Welpie ·

Maar mens kort nie n lisensie vir n byl nie, so die onbevoegdheid hoort eintlik geen rol te speel nie.

JJ ·

Met alle respek gese – wat het ‘n vuurwapen nou met die hele kwessie oor Henri uit te waai. Hy het dan nie eers een nodig gehad om sy familie uit te wis nie! Hoop net sy parool word keer op keer afgekeur!

Wonder net ·

Ek wonder rerig soos in rerig oor waar die vuurwapen situasie en die byl “moordwapen” bymekaar uitkom. Sowaar as vet!!! Totaal sinneloos.

Hannatjie ·

En wat van onbevoeg verklaar om ooit weer ‘n byl te mag hanteer?

Avokado ·

Nou weet almal wat het gebeur. Niemand weet hoekom dit gebeur het nie. Goeie werk deur al die regsverteenwoordigers. Die waarheid het aan die lig gekom en dit is die doel van die verrigtinge gewees. Die verdediging moet ook alles in hul vermoe doen om seker te maak dat die regte bevinding gemaak en gepaste straf opgele is.

RG ·

Hy is gevonnis en sy appèl is op 27 Junie 2018. Waar gaan hy die geld daarvoor kry en gaan sy vonnis dieselfde bly? Het geweet hy gaan appèl aanteken. Glo nie dis regverdig teenoor sy ouers wat so wreed vermoor is nie en Marli wat nou sonder haar ouers moet klaarkom. Hy verdien wat hom toekom. Toon geen emosie nie. Hoop regtig nie sy appèl slaag nie. Dalk is hier ‘n regskenner wat hierop kan antwoord?

Chris ·

Sy appèl is nie op 27 Junie nie. Sy verhoor tot appél is 27 Junie. As die regter dit toestaan sal die appélsaak se datum later bekend gemaak word.

Koos ·

Hy het ‘n outomatiese reg op appèl vir daai lewenslange vonnisse.

christa ·

welgedaan Susan Galloway en regter Desai. Hy verdien die straf dubbel en dwars. Hoop hy kon die straf apart uitdien sodat hy genoeg tyd kon he om te dink wat hy gedoen het. Want met sy borg het hy net gejol. Ek bid dat sy suster kan voortgaan met haar lewe sonder verdere probleme met gesondheid.

kas ·

Ek het nie gelees dat die vonisse gelyktydig uitgedien gaan word nie of gaan die vonisse vir moord gelyktydig uitgedien word en die 15 jaar en 12 maande appart uitgedien word.Wanneer gaan hy in aanmerking kom vir parool na 15 jaar of 25 jaar

Gerhardb ·

Ja, Marius is reg. En vir al Drie Moorde, Poging tot Moord en Dwarsboming van die gereg het Onse Land se geregtigheid geskied, ……Slegs 25 jaar gevangenis straf gelyktydig op alle klagtes. En dalk as hy hom gedra kan hy so paar jaar afkap vir goeie gedrag en op Parool huistoe gaan.

T ·

Dis nou nie asof dit ‘n verkeer kaartjie of diefstal is dat dit kan gesien word as ag toemaar dit is ‘n eerste oortreding nie … genade sy hele gesin is weg … en geen trane nie

kas ·

Henri is hoogs intillegent.Hoekom hy nie die motief wil uitblaker nie,maklik skryf ‘n boek daaroor en maak baie geld want almal sal wil weet hoekom.

Se maar net ·

Nou sal ek net graag wil weet waarom word die vonnisse saamuitgedien? Dit beteken dat hy na 16 jaar kan aansoek doen vir parool

Rln ·

Vra ek ook!
Hy moes dit agtereenvolgend doen m.a.w. 75 plus die 15 vir sy suster en geen parool!
Dit sal geregtigheid wees.

Gestremde ·

Vir die wat dit nie weet nie. Sy minimum vonnis voor hy vir parool in aanmerking is 25 jaar. (daar is nie sprake van vir goeie gedrag kan hy voor die tyd oorweeg word nie). Wanneer hy dan wel oorweeg moet word vir parool na 25 jaar moet die Korrektiewe Toesig en Paroolraad ook in aanmerking neem dat drie vonnisse van lewenslank plus nog additionele vonnisse opgelê was. So dit beteken nie hy gaan direk na 25 jaar uitgeplaas word op parool nie. Hoe hy homself gaan rehabiliteer gaan ook ‘n groot rol speel om sy uitplasing te bepaal.

Se maar net ·

Tensy dit so gestipuleer is, moet n gevangene ten minste twee derdes van sy straf uitdien voordat hy in aanmerking kan kom vir parool. In hierdie geval 16-17 jaar. Dit is nie te se dat sy paroolaansoek sal slaag nie, maar hy kan wel aansoek doen

Ansa ·

Hannelie, Adv. Botha doen maar net sy werk waarvoor hy betaal word. Dalk voel hy
presies dieselfde as jy, maar hy moet sy werk doen. Ander sou hom veroordeel het en
gesê het hy het nie eens iets probeer doen ter versagting nie, so hy is glad nie so ‘n
treurige advokaat nie!

zunette du toit ·

Regter Desai baie geluk met die vonnis oplegging – Henri verdien om gestraf te word – ek dink Advokaat Botha kan vannag baie goed slaap want ek glo hy het geweet Henri is skuldig al het hy hom probeer verdedig.

Penelope ·

Ek is bly ek is nie Adv Botha nie. Die feit dat 20jr oud is en ‘n eerste oortreder is verander niks aan die saak nie. Buig die boompie terwyl hy jonk is, as hy te lig hiervan afkom is die kanse goed dat hy nie selfdissipline sal he in die samelewing eendag nie. Mens wonder wat het verkeerd geloop dat Henri die moorde gepleeg het…. Ek dink nie hy gaan ooit weer dieselfde wees nie. Wat gaan aan in sy gedagtes en sal hy daarmee kan saamleef die oomblik wat hy tot sy sinne kom?

John ·

Dinge loop baie verkeerd in baie gesinne en in hierdie een, beslis. Om so bly te wees dat ‘geregtigheid’ geskied het is vreemd verby. Soms is stilte dalk ‘n beter reaksie. Miskien is ‘n selfondersoek van ons Afrikanerhuishoudings nodig. Vergeet van die ander rasse en hul kwale want dit gaan erg verby ook daar. Om nie uitgevang te word nie, maak mens nie hoogheilig nie… Niks gebeur sommer toevallig nie en hierdie arme jong siel het groot probleme van jongsaf ervaar.

Chris ·

Ek stem saam met jou. Ek verstom my dat mense hulle so kan verlustig in n ander se ellende. Ons weet nie wat die rede daarvoor was nie. Hy het oortree ja maar watter familie in hierdie land is te goed dat so iets oor hulle pad kan kom. Wonder wat gaan hulle dan skree. Seker stipstil wees.

Kopskuddend ·

Welgedaan aan Suid Afrika se regs-systeem! En net vir die wat wou weet, volgens die Suid Afrikaanse Wet sal hy nooit geregtig wees op enige erfgeld of trustgeld, omdat hy vir moord aangekla en skuldig bevind is nie. Selfs al kry het parool oor 25 jaar. Hy het sy lewe weggegooi vir net mooi niks.

Neels ·

Gaan lees weer op, dis dieselfde storie met Don, sekere trusts kan nogsteeds uitbetaal word. Daars nie net 1 wet nie, baie subs wat sekeres toelaat.

Linda ·

Ek kan dit nie help nie maar ek voel baie hartseer vir hom. Ek dink net, wie is ek om te oordeel? Hy is so alleen!!

Lorinda ·

Linda hy wil graag alleen wees. Dis hoekom hy sy familie uitgewis het

Onnie ·

As hy nie sê hoekom hy dit gedoen het en dan berou toon, dan kan die paroolraad hom anyway nie parool toestaan nie. So as hy op parool wil gaan sal hy eers met die volle waarheid moet uitkom – waar voor ek dink hy te lafhartig is!

n Nederlander in SA ·

Dat heb ik meself ook afgevraagd uit het oogpunt van ‘reasonable doubt’. Ik denk egter dat hy twee fouten begaan heeft………hy dacht dat hy te intelligent was en zo de wet kon omzeilen……..en daar waren te veel tegenstrydighede wat uiteindelik niet klopten.

Jan Nel ·

Aan almal wat die arme advokaat kruisig.

As regsverteenwoordiger moet hy sy kliënt se saak na die beste van sy vermoë oordra. As hy dit nie doen nie, tree hy oneties op. Regsverteenwoordigers kan nie bekostig om emosioneel by hul kliënte betrokke te raak nie. Die oordeel kom hulle ook nie toe nie, daarvoor is ‘n regter aangestel. Netso mag ‘n aanklaer ook nie ‘n persoon “jammer kry” wat sy sterwende ma doodmaak om haar van haar kankerlyding te verlos nie. Weereens is dit die regter se werk om te oordeel en jammer te kry al dan nie. Elkeen het sy werk en hy/sy moet dit na sy beste van vermoë doen sonder te veel emosionaliteit.

Ten opsigte van “eerste oortreder wat ligter straf moet kry vir moord”. Kom ons draai die ding om. In ‘n land waar doodstraf afgeskaf is moet ‘n persoon wat iemand doodmaak en reeds’n rekord vir gewapende roof en dwelmhandel het, dieselfde straf kry as ‘n eerste oortreder met geen vorige veroordelings nie?

Wonder maar net ·

Van Breda was uit op bail tot ‘n maand voor sy inhegtins neming, maar die doodskis ouens moet in aanhouding bly en kry net so ‘n swaar vonnis teen hulle. Waar is die geregtigheid. Is dit omdat dit ‘n anders kleurige wat in die doodskis gesit is.

Genade ·

Mag God Hom genadig wees en almal wat oordeel, wie is ons.

LHS ·

Nog n moordsaak waar daar op die einde geen formele motief uitgewys kon word nie. Hoekom gebeur dit deesdae al hoe meer, is dit ook die rede waarom duidelike volksmoorde aangedui word as roof of een of ander, ander belaglike motief. Ek hou by my punt, geen normale menslike wese onder normale omstandighede kan so iets aan iemand doen en veral nie jou eie gesin nie. Ek sal dit nie glo nie, nie dat hierdie seun dit nie gedoen het nie, verseker het hy, maar persoonlik na my mening, hoort hy nie in n tronk nie maar vir ewig en altyd in n geestesversteurde
inrigting.

Retha ·

Weereens gooi ons klippe en oordeel. Tipies van ons Afrikaner volk. Geregtigheid het geskied. Hy sal gestraf word.
Ja, hy hét gemoor. Maar ons as regdenkendes moet ook jammer voel vir die jong man wat ook sy lewe weggegooi het in n oomblik van waansin. Bid liewer vir genade vir hom as om te oordeel.

Die hele storie is tragies verby. Hoe sal ons ooit weet wat werklik sy motief was?

Riaan ·

Kan nie help om te lag nie. Hy is onbevoeg veklaar om n vuurwapen te besit. Die perd het duidelik nie een nodig nie. Hy is gevaarlik met n sny brood in sy hand.

Pippa ·

Dit is maklik om te oordeel indien jy nie in dieselfde situasie verkeer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.