Henri van Breda in hospitaal opgeneem

Henri van Breda in die hof. Foto: ANA

Henri van Breda is verlede week in ʼn hospitaal opgeneem en eers Sondag ontslaan.

Adv. Piet Botha, Van Breda (23) se regsverteenwoordiger, het Maandag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê sy kliënt het Woensdag ʼn epileptiese aanval gehad en is Donderdag in die MediClinic Constantiaberg opgeneem. Hy is deur ʼn neuroloog ondersoek wat die toestand as ʼn vorm van epilepsie (jeug- miokloniese epilepsie) gediagnoseer het.

Dié soort epilepsie is ʼn oorerflike genetiese sindroom. Episodes word glo gekenmerk deur onwillekeurige spiertrekkings wat gewoonlik daartoe lei dat ʼn mens iets laat val, maar nie self sal val nie. Die simptome begin gewoonlik tussen die ouderdom van 10 en 16, maar by sommige pasiënte eers in hul vroeë 20’s.

Die verdediging sou Maandag ʼn sielkundige ontbied om te getuig, maar die saak is uitgestel sodat die sielkundige haar verslag kan wysig indien nodig aangesien sy nog nie die neuroloog se verslag gesien het nie.

Regter Desai sal intussen argumente van die verdediging en staat aanhoor om te besluit of die neuroloog, dr. James Butler, as getuie geroep kan word. Botha het ʼn beroep gedoen op die hof om Butler wel as getuie te roep aangesien sy getuienis “relevant is vir die twee uur en 40 minute-tydgleuf” wat al verskeie kere in die saak opgeduik het.

Botha het Dinsdag aan die hof gesê hy is van voorneme om ʼn sielkundige as getuie in te roep. Hy wil hê die sielkundige moet antwoord op vrae oor hoekom Van Breda nie sy gesinslede probeer help het nie en sy optrede agterna. Botha het gesê hy wil die mening van ʼn kenner hê oor of dit tipiese gedrag is vir iemand in so ʼn situasie.

Die saak gaan Dinsdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snelvuur ·

Hoekom is daar hierdie algemene opinie dat Henri skuldig is? Vra u self die logiese vraag af: as Henri werklik skuldig is, hoekom het hy nie in die 4 ure wat hy alleen saam met ‘n lewende Marli (‘n ooggetuie) was vir haar ook doodgemaak nie? Na 3 moorde is dit nie logies om te dink dat nog ‘n moord hom skrik op die lyf sou jaag nie.

Verder, daar is GEEN bloed van Marli op Henri nie en bitter min bloed van sy ma (net ‘n kolletjie op sy sokkie). Nou hoe sou Henri vir Marli en sy ma met ‘n byl vermoor en so min bloed van hulle op hom hê?

Logies is daar verskeie dele van die “Henri is skuldig”-teorie wat nie klop nie.

Wonder nou ·

Snelvuur….ek was een van daai wat doodseker was hy is skuldig, maar nou laat jy my anders dink…

Petro Wolff ·

Nee ek ook nie so seker of hy skuldig is. Eks ook nogal bietjie bekommerd oor n paar feite

Snelvuur ·

Maar hoekom sou iemand in sy posisie daardie kans vat? En nie seker maak dat sy dood is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.