Henri van Breda-saak hervat vir slotbetoë

Henri van Breda. Foto: ANA

Henri van Breda verskyn Maandag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die hof sal Van Breda se regspan en die staat se slotbetoë aanhoor.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy gesin is deur ʼn inbreker in hul huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangeval.

Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.

Dr. James Butler, ʼn neuroloog, het in November, voor die saak tot Februarie uitgestel is, getuig hy glo Van Breda het op 27 Januarie 2015 ʼn epileptiese aanval gehad toe sy ouers en broer vermoor en sy suster ernstig beseer is. Hy het getuig dat só ʼn aanval die twee uur en 40 minute tydsverloop in Van Breda se tydlyn van gebeure kan verduidelik.

Staatsaanklaer adv. Susan Galloway wou weet hoekom Van Breda, indien hy ʼn aanval gehad het en so lank bewusteloos was, nie vir die dokter wat hom ná die moorde ondersoek het, daarvan gesê het nie. Sy wou ook weet of Van Breda in sy toestand self beserings kon toedien.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Han ·

Dit is tyd dat Henri van Breda ophou om vir tyd te speel en met die waarheid uitkom. “Al jaag die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.”

Koos1 ·

Nou hoekom nie? Hy volg net die voorbeeld van by die meester van howe onseil….. JZ.

Kiepie ·

Lyk my hy is sommer klaar skuldig bevind. Wat het geword van onskuldig tot skuldig bevind word. Niemand van ons was daar om sommer nou al te besluit hy is skuldig of onskuldig nie. Hoekom is ons as mense so vinnig om ander te oordeel?

christa ·

nog ‘n rykmans kind wat dink hy kan met alles wegkom. Hoop hy kry ‘n lang tronkstraf.

Kiepie ·

Christa, was jy dalk die dag by die moorde om hom sommer skuldig te bevind

Karolis ·

Kiepie, nee Christa was nie by nie, ek ook nie.
Het jy geweet? 1 + 2 = 3
Dit is waarop kommentaar gelewer word.
Probeer ten minste om nie so ongeduldig negatief te wees nie.

CAROL ·

Ek stem saam jou maar ongelukkig as hy skuld bevind word – erf hy niks van al daai geld nie. Daar het hy nie so mooi aan gedink nie.

Ai Kiepie ·

Kiepie, het jy die saak gevolg?
Dis lagwekkend hoe die getuienis heeltyd verander.
Hy is duidelik baie skuldig.

cassie ·

Hoelank het die aanval geduur op sy familie.Ek dog dan hy het die aanvaller gesien toe sy gesin aangeval is en hy het probeer help.As die aanvaller hom gesien het sou hy hom ook met die byl gekap het.Geen gedwonge toegang’geen beeldmateriaal op kringtelevisie van iemand wat oor die muur klim nie. Is hierdie nog ‘n Inge Lotz saak.

Genieve ·

Wonder wat gaan die uitslag wees die tyd stap mos al hoe nader.

Louise Schoeman ·

Nou het hy epilepsie gehad? Hoe het hy dan gesien sy gesin word aangeval? hoe kon hy die aanvaller met die byl gooi? Hoekom lieg hy so?

Marcel van Rossum ·

Kyk na sy das….jy sal sien dat hy die heeltyd “sy ducks in a row” probeer kry …. maar myns insiens is sy doppie geklink. Twyfelagtige verweer, geen enkele ander verdagte of bewyse van die teenwoordigheid van ander persone in die huis, weier om self te getuig, geen uitreiking na sy suster – – !!!

Lee ·

Ek dink die staat moet nogsteeds daarop aandring dat Marli ook getuig. As sy haar matriek-eksamen kon skryf moet sy sekerlik ook onthou wat daai aand gebeur het. Beskerm sy haar boetie want hy is nie alleen skuldig nie……..

stem saam lee ·

Lee is reg, en Carol as die geld uitbetaal word kry sus dit

stem saam lee ·

Lee is reg, en Carol as die geld uitbetaal word kry sus dit

Maryna ·

My persoonlike opinie is Marli steek iets weg en dat haar boyfiend ook betrokke is en sy vir hom en haar broer cover. Dis net baie weird dat sy net sekere dinge nie kan onthou nie. Hoekom gee die hof so min aandag aan die boyfriend se dreigemente dat hy almal sal doodmaak en dit net n dag voor hulle dood. Soos ek se dis net my opinie

Alida ·

Kom ons wag maar geduldig vir die uitspraak. Ek persoonlik dink hy is skuldig maar die hofstukke en bewyse vertel ‘n ander storie.

Emsa ·

Kiepie. Volg die laaste berig vandag dan sien jy vir jouself. Dalk kry jy ook die antwoord

Engela ·

En daar sit van Breda so wragtig en rook terwyl hy die aanvalle het…..amazing!

PJC ·

Ek kry die idee die regter het klaar sy besluit gemaak. Die staatsaanklaer lyk ook meer selfversekerd as aan die begin van die saak. As ek moes raai sou ek sê Henri het alle rede om sleg te slaap.

Tammy ·

Engela, jy slaan die spyker op sy kop. Hoe op aarde kon Van Breda drie sigarette gerook het as hy so n massiewe epileptiese aanval gehad het? Ag nee, hulle moet dit vir die skape gaan vertel ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.