Henri van Breda skuldig aan moord

Henri van Breda in die Wes-Kaapse hooggeregshof kort voordat die uitspraak gelewer is op 21 Mei 2018. (Foto: Skermskoot uit eNCA regstreekse uitsending)

Henri van Breda is skuldig bevind aan die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli.

Van Breda is ook skuldig bevind op ‘n vyfde aanklag van dwarsboming van die gereg.

Regter Siraj Desai het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis Van Breda het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Martin, Theresa en Rudi het op die toneel gesterf, terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het.

Marli het wonderbaarlik die aanval oorleef, maar ly sedertdien aan geheueverlies en kan glad nie die gebeure van dié tragiese aand onthou nie.

Van Breda het gedurende die verhoor beweer ʼn aanvaller, gewapen met ʼn byl en ʼn mes, het die gesin aangeval, maar Desai het bevind die staat het bewys dat dié weergawe van die gebeure nie moontlik waar kan wees nie.

Lees ook: Henri van Breda agter tralies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Cherokee ·

Nie as daar appèl gaan volg nie. Geld kan somtyds sake vir vele jare laat draal.

LB S ·

Cherokee, ten minste het die Regter hom nie laat oortuig dat sy borg verleng word nie. Hy is gelukkig reeds in die tjoekie, tjoekie hospitaal of te nie, hy is in die tjoekie – waar hy hoort!

Koos de Meyer. ·

Dit was van die begin af duidelik dat hy die moorde gepleeg het. Hy is ‘n gewetenlose moordenaar, hoe siek het ons land en te meer ons gemeenskap geword.

Nettie ·

GUILTY!!! GUILTY!!! GUILTY!!!

Pak maar weg jou paspoort, maatjie – jy gaan nie Australië toe nie; jy gaan tronk toe, reguit tronk toe (moenie by “Begin” verby beweeg en R200.00 kollekteer nie). Jou gratis “kom-uit-die-tronk-uit”-pas is teruggetrek.

Maar natuurlik sal hulle nou eers weer appèl aanteken, dit dan verloor, dan konstitusionele hof toe gaan, dié saak verloor en sal hy eers so aan die einde van volgende jaar sy straf begin uitdien – nes met OP.

Regte uitslag ·

Dit is die regte uitslag, goeie werk aan die Regter, Advokaat Holloway en die ondersoek span. Dit is regtig vir my hartseer dat hierdie jong man alleen staan met so vreeslike ervaring, dit kon so anders gewees het as hy nie kop verloor het. Ek hoop werklik dit is ‘n les vir ons jong mense, dade het gevolge. Vir die hier en nou klink enige iets na die regte vinnige oplossing, maar wat is die lang termyn probleem daarmee. Hy kom uit ‘n goeie huis en familie, So jammer hy het kop verloor.

Helene Heyns ·

Ek stem saam met jou “Regte uitslag”, maar dit bly n hartseer storie. Ek dink hy het eers agterna besef wat hy regtig gedoen het en toe begin om die waarheid te verdraai en te jonk om te besef hy het nie n kans nie, maar nouja, daar is sy suster wat ook seker nooit heeltemal sal herstel van die gebeure. So dit is n tragedie wat nie vetandet kan word nie.

zoom zoom ·

Nou begin die apelleer gedeelte en ons weet hoelank het Oscar se regspan die ding gerek. So Breda se regspan gaan die ding ook uitbuit so lank as wat hulle kan.

Sê Maar Net ·

Oh nee, dis nie klaar nie, nou voer sy regspan aan dat sy “mental health” nie goed is nie. Sy Bail word teruggetrek en hy gaan vir +- 2 weke in die tronk se hospitaal opgeneem word vir waarneming en n verslag. Jinne die ou is skuldig, last hy boet vir sy dade damnit!!!!!!

Antoinette de Greeff ·

Miskien sal Henri nou sing soos n kanarie want nou moet hy die straf alleen dra.

Johanné Steyn ·

Kry ‘n sielkundige wat dmv brain-spotting Marli se geheue kan aktiveer.

Colette ·

Nee, los Marli uit. Daar is ‘n rede waarom sy nie kan onthou nie. Beide weens breinbeserings en om haar van die trauma te spaar. Sy was ‘n kind toe dit gebeur het. Laat haar in vrede.

Ek stem 100% ·

Ek stem 100% Colette, daar kan niks goeds vir Marlik uit enige onthou proses kom nie en dit net om ons nuuskierigheid te bevredig. Sy is beslis nou veilig en geborge met familie.

Piet ·

Hier is nou ook die bewys dat geld nie altyd alles kan koop nie, soos wat dikwels beweer word nie. Hy sal seker ook appeleer, so alles is seker nog nie 100% verby nie. Lyk my egter hy hardloop nou uit opsies uit.

Doempie ·

Ek kan nie help om te wonder: wat gaan fout, wat knak jou so om jou so ver te dryf om jou geliefdes so wreed te vermoor en vermink. ?

Theresa ·

Ja, Doempie – ek dink altyd daaraan wanneer ek van hom lees. Hy lyk sielsongelukkig. Maar wat het hom gedryf (ek is regtig steeds te bang om te sê hy het – dus indien wel) om so iets te doen. Indien in ‘n oomblik van ongetemde woede, bv. , sou mens na ‘n eerste hou gemik op ‘n geliefde mos ophou en tot jou sinne terugkeer? Dit moet vreeslik wees om nou so “alleen” hierdie swaar vrag te dra. Mens wonder wat het als ontketen?

Abe ·

Wanneer dwelms maar net naasteby betrokke is by n saak hoef mens nie te wonder oor “hoekom”, “wat gaan verkeerd” of “wat dryf mens” daartoe nie.

Petra ·

Dis so jammer sy gesin kon hom nie ondersteun nie…o ja, nou onthou hy seker hoekom.

Ekke ·

Dankie Here , dat ek jammer voel vir die kind .Net U is daar om te oordeel .Vergewe Hom hy weet nie wat hy gedoen het nie.Net U ken die waarheid .hou hom styf vas in hierdie tyd .en die jare daarna .Amen ❤️

pieta ·

Hoop jy bid dieselfde vir die mense wat hy so wreed vermoor en vermink het. Anders is jy mos vierkantig aan die kant van die moordenaar gemors.

Ben ·

Ekke, ek deel saam met jou, jou kommentaar. Beter kon ek dit nie gestel het nie. Amen en sterkte!

Linda ·

My hart breek vir die seun. Wat dryf ‘n mens om so iets aan sy familie te doen?
Mag hy sy vergiffenis by die Vader ontvang!

Ekke ook ·

Amen…op Ekke se kommentaar, ek voel dieselfde daaroor!

Regte uitslag ·

Hi Ekke, ek wil nie kritiseer, ons kry hom almal jammer. Enige persoon kan sien hy is nie ‘n gewone misdadiger nie, maar eintlik ‘n sagte siel, wat heel waarskynlik bietjie tussen persoonlikheid sukkel, hy wou net sy onmiddelike probleem oplos, frustrasie met broer wat altyd die perfekte seun was, Pa wat voet neersit teen dwelms en heel waarskynlik lui om te studeer of werk (geld te maklik gekry altyd).

J ·

Sterkte Henry. Ek glo die waarheid sal uitkom en jou onskuld te bewys so dra Marli kan onthou wat daai aand gebeur het. Glo in jou.

Sjoe ·

Sjoe jy het seker nie die saak gevolg, nie enige idee van misdaad. Henry het ‘n baie goeie Advokaat Pieter Botha gehad en dit is gebaseer op omstandigheidsgetuienis, bloed/dna….. , geen duidelike getuie, so as hy niks vir hom kan doen, wat kan die kans wees dat hy onskuldig is.

Kobus ·

Wonder wanneer gaan hy die waarheid begin vertel. Ek kan nie dink dat enige mens so iets vir altyd vir homself kan hou nie! So jammer vir sy suster wat vir die res van haar lewe sal moet ly vir wat hy aan haar gedoen het.

jaco ·

Die regte moordenaar(s) loop vry rond. Hierdie is maar net nóg ‘n saak waar ‘n wit naasbestaande van vermoorde wit mense gerieflik skuldig bevind word. Om die ware moordenaars van wit mense te vervolg, is eenvoudig nie moontlik nie.

Naomi ·

Hou op om in die ou Suid-Afirka te leef, ons as blankes is niks beter as ander rasse nie, ons almal neem deel aan die sondes van die lewe…en deesdae soveel meer blankes.

Helene Heyns ·

Mag hy nou erf of is dit taboe? Indien die geld in n trust is, wat gebeur daarmee? Mag hy dan erf?

Rocky ·

Die uitspraak van skuldig beteken hy het geen reg op enige erflating. So al loop hy na strafuitdiening kry hy nie een sent.

Ella ·

Eks seker n sucker maar kan nogsteeds nie glo dat hy og Don skuldig nie

Linda ·

Alle bewyse wys dat hy skuldig is, nes daai Don. Albei het gedink hul gaan skatryk wees as hulle hul ouers vermoor. Ek is bly Henry is skuldig bevind. Sy meisie moet maar aanbeweeg.

Daan ·

Eintlik is elkeen wat net iemand doodwens ook skuldig aan moord. “But for the grace of God,there goes I” Nie een van ons kan klippe gooi nie.Jesus self het so gese.

Abe ·

Daan, die mooi ou Enelse spreuk wat jy aanhaal moet eintlik wees: ‘There by the grace of god go I’. Dit is n inversie van die sin, I go there but for the grace of god. Die verwarring kom deurdat die persoon wat dit eerste gese het, die derde persoon vir homself gebruik het, nie ‘I’ nie. Hy het gese: “There,but for the grace of god, goes John Bradford.”

Yolanda Cook ·

Stem saam. Het so saak in Standerton ook jare terug gehad waar die seun gedink het as hy pappa laat dood maak gaan hy erf. Dis so hartseer en dit vir geld!!

SêNet ·

Henri ken die waarheid. As hy skuldig is, weet net hy waarom hy iets sò ondenkbaar kon doen. Sy gebrek aan emosie is ontstellend. As hy dit een keer kon doen (3x) kan hy weer. Dan kan hy nie vry rondloop. God se genade is vir almal genoeg maar God se beginsel is ook: wat jy saai sal jy maai. As hy berou het en bely, vergewe die Vader maar op diè stadium blyk dit hy kies die leuen. Die vader van die leuen hou mens gevange terwyl die waarheid vrymaak! Mag sy regspan waarheid bo geld kies en bloot vra vir versagting op grond van genade.

Theresa ·

Om gebrek aan emosie in ‘n hofsaal te toon waar almal jou aangluur en sommer vooraf maklik besluit jy is skuldig, vieslik, aaklig, ens. ens. ens. is seker nie onnatuurlik nie. As hy sou glimlag of lag, sou dit ook as verkeerd beskou kan word. As hy sou huil, sou hy as swakker as swak beskou word of iemand sou wel sê dis krokodiltrane. Sy stug gesigsuitdrukking is sekerlik presies soos hy voel. Deur die tydperk heen het sy skouers meer begin hang. Sy liggaamstaal spreek nie van rebelsheid nie?

Regte uitslag ·

Ek stem Theresa, ek kon sien hoe angstig hy geraak het, shame gister was nie maklik vir hom nie, deur die saak was ek ook nogal oortuig hy is ernstig versteur, die vreemde laggie, maar ek dink dit was nog verwarrend tussen ek het regtig groot strooi aangejaag en die fiksie storietjie wat hy geskep het en byna self begin glo het. Hy moet egter maar man-up en verantoowrdelikheid vat vir wat hy gedoen het!

bollie se wollie ·

Ek dink hy is skuldig maar kom ons oorweeg die onwaarskynlike dat Marli haar geheue herwin en sê dat dit nie hy was nie maar ‘n inbreker. Dit sal nogal interessant wees.

Bokram ·

Glo jy werklik dat Marli niks kan onthou nie?ek het nog nooit daaraan gebyt nie.

Nadia ·

Mooi man!! Hy toon geen emosie nie hy het nie ‘n gewete nie. Dankie Here dat U die reg stelsel gely het.

Wonder maar ·

Mens wonder maar oor die uitspraak. Oor die radio is herhaaldelik berig dat die regter gesê het dat V Breda se regspan nie bo redelike twyfel bewys het dat daar ‘n inbreker was wat die moorde met ‘n byl gepleeg het nie. Noy kyk, as dit waar is, moet mens wonder. Die beskuldigde hoef niks te bewys nie. Hy het ‘n pleitverduideliking gegee maar daar rus geen onus op hom om te bewys dit is bo redelike twyfel waar nie. Die hof moet bevind dat sy weergawe nie redelik moontlik waar is nie en dat die staat alle elemente vd misdaad bo redelike twyfel bewys het. As sy regspan mooi gaan sit en dink, kan ‘n appél teen sy skuldigbevinding dalk slaag. Regter Desai sal egter sy aansoek om appél vd hand wys, wat beteken ‘n petisie na die Hoogste Hof v Appél

Connie ·

Hy weet presies wat hy gedoen het. Ek hoop hy sit vir ewig in die tronk.

Erika ·

Hyt met sy emosies gedink toe hy n besluit gemaak het .Hy moet verantwoordelikheid neem nou. Wat het hom gedryf…daartoe ..?! Maar jy kan nie tot daardie uiterste gaan nie en moord pleeg nie Dit sal intressant wees wat Marli te se het mm

Ilse ·

Ek het vanoggend gehoor hulle praat van ‘n vonnis van lewenslank per moord… weens die feit dat dit beplan was en peuter met bewyse ens.… En ek stem 100% saam met daai straf! Maar wat ek nie verstaan nie… is waarom sou Don Steenkamp (wat skuldig bevind is aan presies dieselfde as Henri, behalwe dat Don nog sy suster verkrag het ook) net 20 jaar per moord kry, en dan word dit nog gelyktydig uitgedien… wat beteken hy word vrygelaat wanneer hy 37 jaar oud is..??!!!! Hoekom is ons regstelsel nie konsekwent met hulle vonnisse nie….. Dit skep die idee dat dit nie juis saak maak hoeveel moorde jy pleeg nie… as Don net 1 person vermoor het, sou hy ook net 20jaar gesit het… maar hy’t 3 mense vermoor, maar sit steeds net 20 jaar??!!

Alida ·

Wag vir die vonnis op 5 Junie 2018 en hou op raai. Daar is nog geensins bepaal hoelank hy sal moet sit nie. Terloops die SA reg laat jou niks erf as jy bloed aan jou hande het nie. So hy kry niks. Die appèl sal ook miljoene kos en ek glo nie daar is meer so baie geld oor nie. Laat hom sit vir wat hy gedoen het.

JOHAN ·

DANKIE TOG DIT IS VERBY………………………………….NEXT

kas ·

Ja dankie tog dit is verby.Hy kry nie ‘n sent nie en sy sussie kry R200.000.000 .Dit is hoe sterk die vboedel was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.