Henri van Breda: Staat sal aanhou veg

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die swaar vonnisse verwelkom wat in die Kaapstad-hooggeregshof aan die driedubbele bylmoordenaar, Henri van Breda (23), opgelê is.

Van Breda is Donderdag drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy pa, ma en broer, sowel as 15 jaar vir poging tot moord op sy suster, Marli. ʼn Verdere 12 maande tronkstraf is opgelê vir regsverydeling.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, maar word in ag geneem wanneer parool oor 25 jaar ter sprake kom.

Van Breda se verdediging gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en sy vonnis.

Intussen het die NVG gesê hy verwelkom die swaar vonnis en die staat sal die aansoek teenstaan. Die aansoek sal op 27 Junie by die hooggeregshof aangehoor word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het ná die vonnisoplegging gesê: “Dit was ʼn lang drie jaar, veral omdat daar met omstandigheidsgetuienis gewerk moes word. Daar moet erkenning gegee word aan die twee spanne, die polisie van Stellenbosch en die twee advokate van die NVG,” het Ntabazalila gesê.

“[Van Breda] het verskeie kere volgehou hy is onskuldig en het nie daardie misdade gepleeg nie. Hy beweer dit was ʼn swart man, ʼn inbreker. Ongelukkig vir hom kon ons nie daardie swart man opspoor nie.”

Maroela Media het vroeër berig Van Breda het emosieloos in die beskuldigdebank gestaan terwyl regter Siraj Desai hom gevonnis het. Desai het Van Breda Donderdag drie lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy broer, Rudi. Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord op sy suster, Marli, en 12 maande vir dwarsboming van die gereg. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johann ·

Askuus maar hoe dan nou met die NVG se woordvoerder se HERHAALDE verwysing na “n swart man”, dis detail wat mos deesdae NOOIT durf noem word in enige weergawe van n misdaad nie?

Behalwe natuurlik as die NVG hul eie agenda het oor waaroor hulle WEL bly is?

kas ·

Hy speel vir tyd.Geen ander hof sal tot ander insigte kom nie en sy appel sal nooit slaag nie.

kas ·

Dit was van die begin af sy doel om ‘n boek oor die gebeure te skryf daarom het hy nooit die motief bekend gemaak nie.

Natasha ·

Vir dit wat jy aan jou familie gedoen het, het jy baie ligtelik daarvan af gekom, jy moes eintlik 91 jaar gekry het voordat jy vir parool in aanmerking kon kom, maar eintlik beter nog jy verdien die DOODSTRAF!!!!!!! Nou na 25 jaar kan jy die kans kry om vry te wees, dis net die regverdig nie!!!!

Cherokee ·

Tasha, waarskynlik mag hy nie ‘n selfoon of rekenaar hê nie. Pos die briefie vir hom.

kas ·

Hy kan na 25 jaar aansoek doen om op parool vrygelaat te word maar onthou hy het 3 lewenslange vonnisse gekry en dit gaan die paroolraad se besluit beinvloed.

Riouna Martin ·

As Henri na 25 jaar gaan borgtog kry sal sy sus Marli nooit praat nie. Ek kan tot vandag toe nie myself indink hoe so persoon n kind mense so iets kan doen nie. Wat het regtig daardie aand in die persoon wat so n wrede daad doen se kop aan gegaan? Hoe kan iemand sommer net so drie lewens neem en net sit en staar voor hom of niks gebeur het nie. Hoe slaap so persoon? Hoe kan so persoon normaal net aangaan? Ek sal graag wil hoor wat se^ sielkindiges wat met sulke mense werk. Regtig kan iemand dalk verduidelik hoe sulke mense kan aangaan sonder dat dit hulle pla.

kas ·

Riouna,hy is klaar gevonnis en kan dus nie meer borg kry nie.Sy borg is teruggetrek toe hy skuldig bevind is.Jy bedoel seker parool

Cherokee ·

kas, jy raak nie eens aan Riouna se vraag nie. Jy systap dit en dit is makliker om nie te antwoord as jy nie kan nie.
Riouna, ek het vele kere oor dieselfde gewonder. Miskien het hy ‘n holte waar ons gewetes het. En (ek is een wat na ‘n moerske ongeluk lang tyd geheue verloor het en nadat ek bygekom het myself nie geken het, so ek het relatiewe reg om kommentaar te lewer) Mense sal die deel van haar geheue wat uitgewis is, weer invul. Daarmee saam die van haar boetie. Dinge vir hulle sal tough wees vorentoe.

Leeutjie ·

Daar is nog baie geld beskikbaar…dis hoekom hul sal aanhou veg…

kas ·

Leeutjie,dink jy nie hy moet daardie geld hou vir as hy eendag uit die tronk uit kom nie.Hy swal moet kan betaal vir die taxi om hom huistoe te vat.

bolla ·

Hoekom is hy onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te gebruik?

Voorkomend ·

Dit is slegs voorkomend, uitstekend van die Regter wat beslis noual voorsiening maak vir enige tyd na 25 jaar. Jy sal beslis nie ‘n persoon al is dit ‘n eenmalige foutiewe aksie, ‘n kans wil gee om ‘n vuurwapen te bekom nie. Daardie voorsorg moet noual getref word, dit stuur ‘n sterk boodskap na hom en almal met planne.

Mielie ·

Die enigste reaksie wat hy getoon het was kopknik op elke vonnis. Daar was nie n teken van n traan nie. Geen hartseer dat hy vir 25 jaar lank toegesluit sal word nie. Hy sal nooit eens in Australia toegelaat word wanneer hy uitkom nie. Hy gaan in Afrika moet bly…Nie eens n traan toe die regter sy pa se helde daad geprys het nie, nie n emosie toe sy ma by haar naam genoem was nie. Is dit n front of is hy regtig so koel/koud bloedig.

Helene Heyns ·

Diegene wat so klippe gooi kan my nou ook maar stenig. Ek voel diep jammer vir hierdie jongman want iets groot is met hom verkeerd. Geen mens wat heeltemal normaal is reageer so nie. Sy oë is heeltemal leeg, hy toon ook geen reaksie op hierdie swaar vonnis nie. Hy het hulp nodig en nie klippe nie. Wees dankbaar dis nie julle kind of familie nie.

Peet ·

En nou gaan hy nog na Drakenstein toe, n “low security prison” hy moet Pollsmoor toe gaan

Pieter ·

@Lienkie, en hoe kom jy daar? Wat dui op sy onskuld vir jou? (ek vra regtig, want weet nie hoe nie)

Onskuld ·

Ek glo ook aan sy onskuld, Lienkie. Pieter; antwoord jy vir ons hierdie vraag: Wat dui vir jou daarop dat Henri skuldig is? Daar is absoluut GEEN bewyse dat hy skuldig is nie.

LHS ·

Daar is vir my persoonlik ook net heeltemal te veel “dit kon nie anders” of ” daar is geen ander….” Gee eerder die konkrete bewyse of dan feite waarom dit hy is en nie ” niks dui daarop dat dit nie hy is nie” Waarom moet n persoon veg om sy onskuld te bewys en nie die staat wat moet veg om skuld te bewys nie. Volgens my, al bestaan daar net n een persent kans dat sy weergawe net gedeeltelik, praat nie eers van ten volle, waar kan wees, kan die hof nie sulke uitsprake lewer. Presies dieselfde met die Oscar saak. In beide gevalle is hulle skuldig, so seker soos gister, maar dit maak my bekommerd dat daar in al hoe meer sake waarskynlikhede na vore kom, hoekom? Swak polisie werk? Verkeerde prosedures, onbevoegde ondersoekers? Ek weet nie, wat ek wel weet is dat dit mag veroorsaak dat werklik onskuldige mense in die tronke gaan opeindig.

Willie ·

Die prokureurs sal altyd appelleer. Soos een eendag gesê het: Jy is onskuldig tot jou geld op is.

Jip ·

Ek stem, die familie moet liewer die geld gebruik vir goeie sielkundiges vir hom, dit sal meer help met rehabilitasie en as hy eendag op parool kan gaan.

Spike ·

Dis onverstaanbaar dat hy nogsteeds maak of hy onskuldig is deur die appel teen sy skuldig bevinding. Hy is ñ sigopaat. Hy het geen emosie en glo net homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.